NVG sal nou oor aanklagte teen Zuma besluit

Jacob Zuma (Foto: ANA)

Adv. Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, sal na verwagting Vrydag aanbevelings van sy vervolgingspan ontvang oor die kwessie of voormalige pres. Jacob Zuma van korrupsie aangekla moet word.

Abrahams het verlede week die span wat die korrupsiebewerings teen Zuma hanteer tot vandag kans gegee om aanbevelings oor Zuma se moontlike vervolging te maak.

“Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bevestig dat [Abrahams] die vervolgingspan opdrag gegee het om hul aanbevelings nie later nie as Vrydag 23 Februarie by hom in te dien,” het die NVG in ʼn kort verklaring gesê.

“Wanneer hierdie aanbevelings ontvang is, sal die nasionale direkteur besluit oor die pad vorentoe, asook die datum waarop hy sy besluit sal bekendmaak.”

Zuma het op 31 Januarie vanjaar vertoë by die NVG ingedien waarin hy redes gee hoekom hy nie van bedrog en korrupsie aangekla moet word nie. Die NVG het aanvanklik 30 November 2017 as ʼn spertyd vir Zuma gestel, maar hy het versoek dat dié sperdatum met sewe weke uitgestel word.

Die DA het op 30 November verlede jaar vertoë ingedien waarin die party uiteensit hoekom 18 hoofaanklagte oor 783 beweerde voorvalle van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery onmiddellik teen Zuma ingestel moet word.

Die appèlhof het verlede jaar die NVG en Zuma se aansoek om verlof tot appèl geweier teen ʼn hofbeslissing om ʼn vorige hofuitspraak van 2009 om die aanklagte te laat vaar, ter syde te stel. Die aanklagte hou verband met ʼn wapentransaksie deur Suid-Afrika.

Zuma (75) het op 14 Februarie as president van Suid-Afrika bedank te midde van erge druk van die regerende ANC. Dit het ʼn einde gebring aan sy nege jaar lange termyn as Suid-Afrika se president, ʼn tydperk wat gekenmerk is deur die een skandaal ná die ander.

Die NVG sal na verwagting ook binnekort meer inligting gee oor die Vrede-suiwelprojek-korrupsiebewerings waarin Ajay en Atul Gupta volgens berigte die verdagtes is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

christa ·

kan nie glo dat daar nou besluit word of daar op ge tree moet word teen ‘n skelm nie. Die hof het self bevind hy is skelm maar nou moet daar besluit word oor en dit deur Abrahams wat glad nie skoon hande is nie

lee ·

dit was reeds lankal terug tyd dat jou kersie doodgeblaas moes wees Zuma.
Volgende wat moet waai is Abrahams…- ASB.. en DANKIE !

Zeno ·

Hy moet boet vir sy dade. Hy het ons land lelik in die grond ingedruk en hy is nou ` gewone landsburger, kan nie meer hiet en gebied nie.

Werner ·

Hulle is weer besig om wol oor ons oe te trek Zuma gaan niks oorkom nie dink hy was alles toegestaan wat hy wou gehaad het dis hoekom hy bedank het Ramaphosa se kar was nie verniet by Zuma se hius laas Woensdag nie

Cassie ·

Abrahams gaan weereens sy tyd vat om die verslag te bestudeer en dan gaan hy nog verder tyd mors oor sy besluit of hy gaan vervolg of nie.Ek hoop vir sy part hy vervolg anders gaan hy groot politieke teenkanting ervaar en hy sal sy besluit noet verduidelik

Dafer ·

Indien Zuma vervolg word – deur enigiemand – gaan hy volledig vervolg word, en aanspreeklik gehou word vir elkeen van sy misdrywe? Of gaan hy skuldig bevind word op net een of twee minder belangrike aanklagte, wat dan die straf wat hy opgele sal word baie minder sal maak as wat dit behoort te wees? Die vraag het by my ontstaan na die onlangse skuldig bevinding van een of ander senior amptenaar van die polisie. Is daar checks en balances wat vir ons die gerusstelling gee dat die straf geregverdig is?

Jacques Venter ·

Gaan Shaunie ‘n dekade wag om Zuma aan te kla. Dan is Zuma 85 en dan sal hulle sê. Die stomme man is terminaal siek

Eddie ·

Glo my al die alternatiewe is lankal reeds deur die Jakkalse , Zuma en Abrahams en andere , oorweeg en die skaakskuiwe daarvoor beplan ! Hulle speel vir tyd en mettertyd kamofleur die ANC die probleem. Die Robin eiland Old Boys club het lankal voorsiening gemaak vir hierdie situasies !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.