NVG sê oor Duduzane Zuma-vervolging

Duduzane Zuma. Foto: africa.widmi.com

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bekend gemaak dat hy Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, strafregtelik gaan vervolg vir strafbare manslag.

Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder, het dié nuus buite die hof aan eNCA bevestig.

Mfaku het gesê die NVG het Zuma reeds einde Maart vanjaar in kennis gestel dat hy vertoë kan rig om NVG te oortuig oor waarom hy nié vervolg moet word nie. Volgens hom het Zuma toe geen vertoë gerig nie, waarna die NVG besluit het om hom wél te vervolg.

Die saak teen Zuma spruit voort uit ’n motorongeluk wat op 1 Februarie 2014 op die M1-snelweg in Gauteng plaasgevind het en waarin ʼn vrouepassasier op slag dood is.

Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, het in Februarie vanjaar bekend gemaak dat hy die NVG se besluit gaan heroorweeg om Zuma strafregtelik te vervolg. Abrahams se besluit om die saak te hersien het gevolg nadat adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, einde verlede jaar ’n skrywe namens die Dube-familie aan die NVG gerig het om ’n nolle prosequi-sertifikaat aan te vra, wat dit vir die organisasie moontlik sou maak om Zuma privaat te vervolg.

Maroela Media kon Mfaku nie onmiddellik bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Reguit ·

Sal nie asem ophou nie. Daardie “regter” se saak het 11 jaar geneem. Hierdie saak sal seker 22 jaar neem. Gaaaap…… Beste is om die hool te verlaat en te emigreer.

PJC ·

Al weer vertragingstaktiek. Shaun Abrahams gaan eers in Augustus sy finale besluit bekend maak. Hy sal aanhou om sake in die wiele te ry solank as wat hy by die NVG is. Ek wonder wanneer gaan die land van hom ontslae wees veral gesien in die lig van die hof se uitspraak dat hy uit sy pos verwyder moet word.

Riana ·

En dit beteken natuurlik Afriforum en Gerrie Nel se planne om hom privaat te vervolg is in die wiele gery. Die NVG speel vir tyd en vertraag prosesse… Hulle gaan dieselfde met Malema se saak doen. Sodoende beteken Afriforum se privaat vervolgingspan ook maar nie veel nie. Ai! Korruptes seevier en word só deur hul comrades beskerm!

LHS ·

Dit is presies wat in elke saak gaan gebeur waar private vervolging aangeraak gaan word. Gee dit eerder vir die NVG sodat dit gemanipuleer kan word. Van wanneer af word n krimineel gevra om eers redes te verskaf waarom hy nie vervolg mag word nie. Hoe kan een strykrower met self n spul klagtes teen hom besluit of n ander strykrower vervolg moet word?

Werner ·

Goed gedoen aan Afriforum, julle dwing die vervolgingsgesag om hulle werk te doen

Judge Dredd ·

Nee, Afriforum dwing die NVG om voor te gee hulle doen hul werk – ons weet almal dat NVG aspris ‘n gemors van die saak sal maak.

Dell ·

Dit is presies hoekom die NVG Zuma snr ook gaan vervolg op minimale 17 aanklagtes. Sodat Gerrie Nel nie sy hande op hom kan sit nie en dit onder leding van Abrams vir jare kan sloer en aan die einde van die niks van gaan kom nie. Afrika tyd het ‘n hele nuwe betekenis gekry.

Blue Butterfly ·

Van wanneer af kry beskuldiges die geleentheid om te motiveer waarom hulle NIE vervolg moet word nie? Dit is absoluut verregaande!!! Die NVG maak ‘n bespotting van ons regstelsel en wil my voorkom net die persone met “konneksies” is geregtig om “nie-vervolging” te versoek. Hierdie land word elke dag net meer en meer ‘n piesang republiek!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.