NVG soek Oscar so gou moontlik terug in hof

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê hy wil Oscar Pistorius so gou as moontlik in die hof kry nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Reeva Steenkamp.

“Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê hulle wil Pistorius so gou as moontlik in die hof kry sodat ʼn datum vir vonnisoplegging vasgestel kan word.

“Ons probeer reël dat hy in die hooggeregshof in Pretoria verskyn sodat die saak amptelik uitgestel kan word vir vonnisoplegging. Ons probeer dit as ʼn saak van dringendheid doen. As dit van ons afgehang het, het dit al gister gebeur.”

Mfaku het gesê die datum vir vonnisoplegging sal spesifiek bepaal word deur die beskikbaarheid van regter Thokozile Masipa en dat dit na alle waarskynlikheid eers volgende jaar sal wees. Hy het gesê enige regter kan die aanvanklike verskyning hanteer.

Die NVG het gesê Pistorius se regsposisie tans is debatteerbaar aangesien die appèlhof se uitspraak effektiewelik die skuldigbevinding en vonnis wat deur Masipa beslis is, omgekeer het.

Regter Eric Leach het Donderdagoggend die eenparige uitspraak van die appèlhof voorgelees. Hy het gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging. Lees meer hier.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
cs

Volgens Netwerk 24 wil hulle ‘n Lasbrief uitreik vir Oscar om in die Hof te verskyn sodat ‘n datum vir sy vonnis bepaal kan word. Ek wil weet hoekom die Lasbrief? Hulle kan hom mos net ‘n datum gee om in die Hof te verskyn en ek glo hy gaan daar wees. Waaroor al die bohaai?

Lorna

CS.
Ek is so naar oor die hele spul onthou hier wil elkeen nou sy 5 minutes of fame hê nê Oscar kan mos vir hul elkeen n Groot naam gee man almal wil einlik jul uitspraak lewer En siestog more het almal hul name vergeet en Oscar se naam gaan nog jare op almal se Lippe wees Nie DAT dit hom enigsing gaan help nie

Rynhardt

Die SA regstelsel is uiters omstrede! Die NVG wil Oscar gou agter tralies weer he, want hy word beskou as uiters gevaarlik.Wat egter verstommend is, is dat daar nooit ernstig en haastig opgetree is om Zuma te vervolg in 2009 vir 783klagtes nie, maar hy kon president word.n Ruk terug is daar ook geweiei om Zuma te vervolg vir miljoene wat gebruik is om sy Nskandla-Buckingham paleis te bou! Dan praat ons nie eens van al die wrede moorde op wit boere nie.Waar is die dringenheid om teen hierdie moordenaars op te tree?Ekskuus, talle mag vryloop in n wettelose SA!… Lees meer »

susan

Haas jou na die tronk Oscar. Daar sal jy ten minste veilig wees. As ek die nuus so lees kan ek nie waarborg dat daar een blanke oor 15 jaar nog buite daardie mure gaan rondloop nie.

Genis

Ja en hy het nogal gehelp met die uitwissing van die blankes deur ‘n wit vrou te vermoor, of wat praat ek Susan.