NVG soek Oscar so gou moontlik terug in hof

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê hy wil Oscar Pistorius so gou as moontlik in die hof kry nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Reeva Steenkamp.

“Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê hulle wil Pistorius so gou as moontlik in die hof kry sodat ʼn datum vir vonnisoplegging vasgestel kan word.

“Ons probeer reël dat hy in die hooggeregshof in Pretoria verskyn sodat die saak amptelik uitgestel kan word vir vonnisoplegging. Ons probeer dit as ʼn saak van dringendheid doen. As dit van ons afgehang het, het dit al gister gebeur.”

Mfaku het gesê die datum vir vonnisoplegging sal spesifiek bepaal word deur die beskikbaarheid van regter Thokozile Masipa en dat dit na alle waarskynlikheid eers volgende jaar sal wees. Hy het gesê enige regter kan die aanvanklike verskyning hanteer.

Die NVG het gesê Pistorius se regsposisie tans is debatteerbaar aangesien die appèlhof se uitspraak effektiewelik die skuldigbevinding en vonnis wat deur Masipa beslis is, omgekeer het.

Regter Eric Leach het Donderdagoggend die eenparige uitspraak van die appèlhof voorgelees. Hy het gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging. Lees meer hier.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

cs ·

Volgens Netwerk 24 wil hulle ‘n Lasbrief uitreik vir Oscar om in die Hof te verskyn sodat ‘n datum vir sy vonnis bepaal kan word. Ek wil weet hoekom die Lasbrief? Hulle kan hom mos net ‘n datum gee om in die Hof te verskyn en ek glo hy gaan daar wees. Waaroor al die bohaai?

Louise ·

Wel dis standaard, dis nie bohaai nie. Dink die media oordryf

Lorna ·

CS.
Ek is so naar oor die hele spul onthou hier wil elkeen nou sy 5 minutes of fame hê nê Oscar kan mos vir hul elkeen n Groot naam gee man almal wil einlik jul uitspraak lewer En siestog more het almal hul name vergeet en Oscar se naam gaan nog jare op almal se Lippe wees Nie DAT dit hom enigsing gaan help nie

Elmarie ·

Die NVK wil so graag ‘n voorbeeld maak van Ocar, hy is wit en bekend, want hulle kry gewoonlik niks reg nie. Met Gerrie Nel as die ruiter van die perd wat die sweep probeer slaan. Dit julle hy sou soveel moeite gedoen het as daar nie soveel publisiteit was nie. Klein mannetjie sindroom

Pieta ·

Jy’s reg Lorna.
Mense is geneig om moordenaars van pragtige jong vroue se name vir laaaang tydperke te onthou.

Rynhardt ·

Die SA regstelsel is uiters omstrede! Die NVG wil Oscar gou agter tralies weer he, want hy word beskou as uiters gevaarlik.Wat egter verstommend is, is dat daar nooit ernstig en haastig opgetree is om Zuma te vervolg in 2009 vir 783klagtes nie, maar hy kon president word.n Ruk terug is daar ook geweiei om Zuma te vervolg vir miljoene wat gebruik is om sy Nskandla-Buckingham paleis te bou! Dan praat ons nie eens van al die wrede moorde op wit boere nie.Waar is die dringenheid om teen hierdie moordenaars op te tree?Ekskuus, talle mag vryloop in n wettelose SA! Die wet geld net vir sekere mense.

susan ·

Haas jou na die tronk Oscar. Daar sal jy ten minste veilig wees. As ek die nuus so lees kan ek nie waarborg dat daar een blanke oor 15 jaar nog buite daardie mure gaan rondloop nie.

Genis ·

Ja en hy het nogal gehelp met die uitwissing van die blankes deur ‘n wit vrou te vermoor, of wat praat ek Susan.

Jooste Rossouw ·

Maroela sien julle weer my kommentaar nie gepubliseer nie is dit omdat ek vir Oscar ‘n Wit Vark noem?

Genis ·

Ja ek dink dit is teen Maroela se beleid om varke so te beledig Jooste.

talitha ·

Ek glo Oscar het oorreageer deur soveel skote deur die deur te skiet, maar ek glo nie dit was vir Reeva bedoel nie. Hy verdien seker straf, maar hy is eintlik n goeie mens en mense kruisig hom. Ek glo soos Jesus gesê het, laaat die een wat onskuldig aan enige sonde, die eerste klip gooi.

Pieta ·

Klippe gaan nie veel help as die ou ‘n pragtige jong vrou agter ‘n toe deur doodskiet nie.

Bach ·

Tahlita, mense soos jy gee my ‘n pyn want jy weet nie waarvan jy praat nie. Waar is jou bewyse dat hy ‘n goeie mens is? Al die dwepers, wat sou julle gese het as Reeva jul kind was? Sou jul nog so graag wou vergewe.

Genis ·

Julle moet psigopate begin sien vir wat hulle is anders gaan julle goeie mense nog baie seerkry. Lees gerus ‘The mask of sanity’ deur H. Clekley en ek beveel veral ‘Puzzling people: Labyrinth of the psychopath’ deur T. Sheridan aan. ‘Defeated demons: Freedom of consciousness parasites in psychopathic society’ is ook baie leersaam.

Louise ·

Dis snaaks hoe mense dit oor rasse diskriminasie wil maak, as ‘n wit man ‘n wit vrou vermoor het, en die regsisteem wil hom tronk toe stuur vir langer as 10 maande. Baie dinge is oor ras, maar hierdie, nee.

Genis ·

Ag selfs Ramirez die Night stalker en ou Ted Bundy het hulle vroulike bewonderaars gehad wat selfs in die hof vir hulle gesit en ogies maak het en aangedring het dat hulle eintlik goeie mense is. ‘n Afskuwelike verskynsel, maar niks nuut nie. Oscar se hoofsaaklike vroulike bewonderaarsklub laat my erg gril veral omdat hulle agter sogenaamde christenskap skuil. Afskuwelik.

Genis ·

Ns: Ons moet nou net die name van die moordenaars se ondersteuners onthou en hulle kontak om die moordtonele te gaan skoon was waar weerlose vroue op kort afstand geskiet is, agter geslote deure of in motors of slapend in hul beddens – miskien kom hulle dan bietjie by. Dit sal hulle genees van hulle grillerige celebrity verafgoding van Oscar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.