NVG steeks oor vals rassisme-klag   

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid. (Foto: Verskaf)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) weier skynbaar om amptelik te verklaar dat hy nié ʼn man vir naamskending gaan vervolg nie, nadat hulle reeds drie jaar versuim om amptelike klagte teen ʼn beskuldigde in te stel.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandeesweek ’n mandamus-aansoek op die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) in Pretoria beteken ten einde die NVG te dwing om te bevestig dat hulle nié ene Sello Mojela vir laster gaan vervolg nie. Dit nadat Mojela glo sy kollega, André Fourie, valslik daarvan beskuldig het dat hy Mojela “ʼn bobbejaan” genoem en hom die k-woord toegesnou het.

Hierdie sertifikaat sal die privaatvervolgingseenheid in staat stel om Fourie te verteenwoordig in die private vervolging van Sello Mojela op ʼn klag van crimen injuria. Die voorval waaruit Fourie se klag spruit, het reeds in 2018 plaasgevind.

Tydens die voorval het Mojela by die werkplek ná ’n meningsverskil met Fourie valslik aangevoer dat Fourie hom (Mojela) “’n bobbejaan” genoem het – hy het dit ook skriftelik aangedui in die werk se griefskrifprosedure. Daarna het Mojela egter sy weergawe verander toe hy op grond van die voorval ’n klag by die polisie gaan lê het en in sy eedverklaring valslik aangevoer dat Fourie hom die k-woord toegesnou het. Die NVG het egter geweier om Fourie op hierdie klag te vervolg. Fourie het in reaksie hierop ’n kriminele klag teen Mojela geopen.

Die privaatvervolgingseenheid het Fourie reeds op 25 Oktober 2019 gehelp met die aansoek om ’n nolle prosequi-sertifikaat, nadat die NVG aangedui het dat hulle nié vir Mojela gaan vervolg nie. Ná vele korrespondensie het die DOV die privaatvervolgingseenheid in kennis gestel dat hy weier om ’n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik omdat dit, volgens hom, nie in belang van geregtigheid sou wees om dit te doen nie.

Volgens Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, maak die DOV se irrasionele en ongegronde weiering om die nolle prosequi-sertifikaat vir meer as twee jaar uit te reik, private vervolging in hierdie saak onmoontlik. “Wetgewing verleen nie aan die DOV die diskresie om te besluit om nié ’n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik nie – hy is verplig om dit te doen indien die NVG nie self vervolg nie. Die voortdurende versuim om Fourie in staat te stel om Mojela privaat te vervolg is tot nadeel van Fourie se fundamentele regte, asook geregtigheid, daarom het die privaatvervolgingseenheid nou daadwerklike stappe gedoen om die DOV te dwing om dié sertifikaat uit te reik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jr ·

Die howe is een van die entities wat nog steeds werk in meeste gevalle. Hulle saal hulle op. Afriforum vat ‘n saak en whoeps hulle wen.

Windhond ·

Mens moet altyd bloed uit n klip tap, net om geregtigheid te laat plaasvind

Martie Smartie ·

Adv Nel. Is daar enige werklik belangrike vervolgings? Sal graag vordering wil hoor

Cherokee ·

Smart mart, wat op aarde gee jóu die reg om sgn inligting aan te vra? Ek soek die name van bydraers deur om ten minste gronde te vind vir jou versoek.

Magda G ·

Dis deesdae te maklik om iemand van rassisme te beskuldig vernaam as die klaer in n hoek is. Benoude katte maak benoude spronge

Jannie van Niekerk ·

Die NVG sal NOOIT swartes vervolg nie al lieg die meeste van hulle soos tandetrekkers oor rassistiese voorvalle. Malema kom al jare weg met sy streke en al wat Dr Andre Gaum sê is: “Dit is ietwat van ‘n probleem.” Dan word daar absoluut NIKS aan die saak gedoen nie. Ek kry die indruk dat die NVG slegs sake waar wittes werklik skuldig is, as rassisme beskou. Sake teen swart mense wat diskrimineer word eenvoudig net blatant geignoreer of glad nie aan aandag gegee nie. Seker maar ter wille van “versoening.”

MakersMark ·

Val terug na die “victim” veral as dit deur “rassisme” veroorsaak word. Dis maar die styl daai.

Di ·

Die hele spul wat by die NVG werk is net so useless soos die res van die ANC kaders. Hulle ook seker onder die ANC Kaders se mag. . Privaat instansies moet kort kort opvolg oor verskeie sake wat hierdie useless spul nie vervolg nie, en dan skielik kan alles gebeur wat MOES gebeur he in die 1st instansie.

Nico ·

Wat was die rede dat Mojela dat hy vir Fourie beskuldig het vir naamskending. Die mense kan dit doen en wegkom daarmee, laat die witman dit waag dan is die gort gaar. Waarom moet die rassekaart altyd gebruik word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.