NVG tevrede dat Coligny-twee onskuldig is

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte vroeër in die hooggeregshof in Mahikeng. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan nie appèl aanteken teen die vryspraak van die sogenaamde Coligny-twee wat vroeër skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu nie.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, die mans wat onderskeidelik tot 18 jaar en 23 jaar tronkstraf gevonnis is, is in November in die appèlhof in Bloemfontein onskuldig bevind op die aanklagte teen hulle.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG in Noordwes, het Woensdag aan Maroela Media gesê die direkteur van openbare vervolging en haar span senior staatsaanklaers het die appèlhof se uitspraak nagegaan en eenparig saamgestem dat daar geen redelike vooruitsigte bestaan ​​om die uitspraak in ʼn hoër hof om te keer nie.

Hulle het verder ooreengekom dat die saak geen grondwetlike punt het om te beredeneer nie. Die staat gaan hom dus ook nie na die Konstitusionele Hof wend nie.

Maroela Media het vroeër berig Doorewaard en Schutte is ’n jaar gelede skuldig bevind aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu. Hulle het daarna spesiale verlof gekry om direk by die appèlhof in Bloemfontein te appelleer teen hul skuldigbevinding.

Die mans se regspan, onder leiding van adv. Barry Roux, het die appèlhof suksesvol versoek om verlof tot appèl te kry nadat die hooggeregshof in Mmabatho in Maart verlede jaar geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

Die burgerregtegroep AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te finansier nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte die tiener vermoor.

Die mans was 13 maande in aanhouding voordat hulle op borgtog van R20 000 elk vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Skyspy007 ·

Absoluut die beste nuus. SLAAN nou die staat en die ander met hulle eie plank, dagvaar die rook uit hulle uit. Watse vernedering oor die mense is daar!? Verlies aan lewens vryheid, inkomste…Ons almal ondersteun julle

Groen Ghoen ·

Wat hierdie arme mense belewe het is skrikwekkend. Het enigiemand ‘n idee van hul totale regskoste? Watter kanse het ons, gewone mense, om die staat op eie koste suksesvol aan te vat indien hierdie korrupte, onbekwame spul (polisie, media en regspleging) hul kloue in jou slaan?

Anoniem ·

Net mooi niks Bernard. Hy gaan net ‘n klomp nagte nie rustig slaap nie, want hy wou die twee onskuldige blanke mans agter tralies hê.

Groen Ghoen ·

Hy het seker alreeds bevordering gekry? Beslis materiaal vir die Grondwethof, met sterk potensiaal vir Hoofregter.

Dirk Mostert ·

Behoort geskors te word sonder aftree-voordele vir ‘n onbevoegde en korrupte uitspraak!

Wielspore ·

Wenners, wenners, wenners, wenners wil ons wees….
Vals rassisme het ‘n bloedneus gekry en so ook die voorstanders daarvan, ek hoop die regter bevind dat kostes vir die saak aan die aangeklaagdes terug betaal word. Die beskuldigdes moet ook eis van die polisie en staat vir vals beskuldiging en enige ander ongerief en verlies aan inkomste.
Puik werk!

Pierre ·

Die Polisie en die Hof het hulle werk gedoen anders sou die twee manne steeds in die tronk gewees het, die Polisie and die hof “Staat” maak n beslusing gebaseer op die grond van die bewyse wat gelewer word, die getuie in die saak het gelieg, die Polisie se ondersoek het die saak ondersteun dat die getuie wel korrek kan wees in sy weergawe van wat gebeer het en sodoende is hulle skuldig bevind.

Wel baie dankbaar dat die gereg vol sirkel gekom het.

Anel ·

Die polisie het gin sy werk behoorlik gedoen nie. Geen persoon kan skuldig bevind word moord op die getuienis van slegs 1 getuie nie, veral as daar bewys word dat dit ‘n onbetroubare getuie is. Voor die vonnis is daar al gesê die getuie se bewerings is vals. Die polisie was maar te dankbaar hulle hoef nie verder te soek nie. Sou hulle ook aankla. En wat van al die vernietiging wat met die vals getuienis gepaard gegaan het? Die 2 onskuldiges en hul families se lewens sal nooit weer dieselfde wees nie.

Retha ·

As dit nie vir Afriforum gewees het nie, sou die twee menere nie losgekom het nie. Die polisie het absoluut niks gedoen as om net na lieg stories van die sogenaamde ooggetuie te luister.

Fritz ·

Mooi. So los tog maar die foontjies en die alewige video makery. Om die waarheid te sê, los sommer jou foon tuis wanneer jy beplan om aan te jaag. Een minder manier om jou op die misdaad toneel te plaas.

Baardman ·

Weereens, AfriForum wat betrokke is. Suid Afrikaners van alle rasse behoort AfriForum en Solidariteit te ondersteun. Hulle sit nie rond en gooi heeltyd klippe nie, hulle DOEN die job

Magda G ·

Verseker nie . Sy los tong het weer eens gewys hoe is rassisme maar sy getuies was aanvaar maar die arme 2 mans sin nie. So onregverdig

Mariana ·

Baie goeie nuus. Maar hulle lewens sal seker nooit weer dieselfde wees nie. Hulle is verontreg en die liegbek loop rond asof hy niks verkeerd gedoen het. Dankie aan almal wat in die twee manne se kamp geveg het.

Dup ·

Al wat ek kan sê is dat mense met ligter velle moet suutjies trap en ñ wag voor hulle mond moet plaas.
Hulle word elke dag met valkoë dopgehou en enige misstap,skuldig of onskuldig,sal jou in die hof of tronk laat beland.

Johanncb ·

Hier het só baie onreg teen die twee mans geskied, wáár en hóé sal dit ooit reggestel word?!

Samuel ·

Wag tot die EFF hiervan hoor. Hulle sal seker weer brand stig as hulle grondwetlike reg. Hahaha

LANA is ELANè ·

Eers moes hul hele lewe omvergewerp word voor die saak finaal afgehandel kon word.
Ek is baie bly hulle is “vry”, alhoewel ek twyfel of hulle werklik ooit toegelaat gaan word om vry te wees deur ‘n samelewing wat deurdrenk van haat is.

Nie Verbaas ·

En wat gebeur nou met die getuie wat onder eed gelieg het? Seker maar alweer niks nie.

David ·

Die appél regters het die verhoor regter behoorlik gekastei oor sy swak hantering van die saak.
As voorbeeld het die verhoor regter bevind dat die leuens van die enkel staats getuie nie die staat se saak negatief moes beïnvloed het nie. Die appélregters het hom sommer ingeklim daaroor. Verder het hulle die swak joernalistiek en die polisie ook geroskam.
Dis jammer dat hulle nie The Citizen en News 24 en SABC News en eNCA sommer beveel het om hulle uitspraak oor die nuus uit te lees nie.
So dit sou rerig dwaas gewees het om die saak verder te voer, na so deeglike uitspraak.

pompies ·

Nou moet die een wat gelieg het aangekla word omdat hy vir die hof gelieg het. Dit sal dan miskien as afskrik middel vir andere wat ook wil lieg wees.

Magda G ·

Kry die 2 mans bitter jammer. Leuens het al soveel lewens verwoes. Hulle moet die Staat dagvaar vir miljoene en die getuie moet n groot boete/tronkstraf opgele word. Moet n hele paar jaar tronkstraf kry.. Rassisme is altyd aan gebeur

Kobus ·

Gaan mnr Pakisi van meineed aangekla word? Wat gebeur met die wat hom voorgesê het om te lieg? Baie geld en tyd is vermors deur sy leuns.
Baie bly die waarheid en geregtigheid het geseëvier

Sanet ·

Wil ek ook weet…..! Waar is die skremunkels wat die liegbek geld aangebied het om te gaan lieg in die hof??? Hier gaan dit nie net oor Pakisi se leuens nie, “hulle” is nou ook bang dat hy gaan uitkom met wie hom die instruksies, en omgekoop het om te gaan lieg. Indien Pakisi nog vry rondloop moet hy maar permanent oor sy skouer kyk!!!!

Casper ·

Daar was een ooggetuie waarop die aankla besluit het om te vervolg.Met ander woorde een verklaring wat seker A1 gemerk was in die dossier.Die getuie het daarna 3 leer sy verklaring gewysig en niks is daaraan gedoen nie en hy is ook nie daaroor uitgevra nie.Wie was hulle prokureur.

Jakes ·

Dan word die regbank as geloofwaardig beskou? Wat n siek grap. As die regter wat hulle gevonnis het nie n rassis is nie dan is my naam Jacob Zuma.

Slyfox ·

Wat gebeur met die getuie wat onder eed gelieg het ?
Byna het 2 mense wat onskuldig is,vir baie jare in die tronk gesit .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.