NVG tevrede met straf vir man wat ietermagog wou smous

Foto ter illustrasie. (Foto: Darren Pietersen)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy tevredenheid uitgespreek met die straf wat ʼn man opgelê is wat ʼn ietermagog probeer verkwansel het.

Die Mhala-streekhof het Vincent Nyathi agt jaar direkte tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy die ietermagog, ʼn bedreigde spesie, in 2018 gesteel het.

Nyathi is in Rietboklaagte naby Acornhoek in Mpumalanga aangekeer nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hy in besit van ʼn ietermagog is. Hulle het op sy huis toegeslaan en die diertjie in ʼn drom in ʼn agterkamer gevind, het Monica Nyuswa, woordvoerder van die NVG in Mpumalanga, gesê.

Nyathi het onskuldig gepleit en al die bewerings teen hom ontken.

Landdros Elmarie Theron het hom egter skuldig bevind en agt jaar lank tronk toe gestuur.

“Die staat het ter strafverswaring aangevoer ietermagogs loop die risiko om uit te sterf en daarom moet ʼn lang tronkstraf opgelê word. Ietermagogs is die diere wat wêreldwyd die meeste gesmokkel word. Hulle skubbe word in tradisionele medisyne gebruik en die vleis is ʼn fynproewershappie in China,” het Nyuswa gesê.

“Die NVG is tevrede met die vonnis. Dit stuur ʼn boodskap aan die samelewing dat daar streng opgetree sal word as enige leed aan ʼn bedreigde spesie gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

m ·

Niks is veilig met die Chinesies wat alles eet nie!! Katte, honde, haai finne, hulle is soos ruspus. En dan as dit nie vir hulle was nie, het ons heelwaarskynlik ook nie ‘n problem met al die renosters wat so geslag word gehad nie.

Rudolph van Wyk ·

Ons spreek maklik die oordeel oor die Sjinese vir die diere wat moet ly en sterf Terwille van hulle smaak of geloof terwyl ons presies dieselfde doen aan. Die diere wat ons kies om te mishandel en dood te maak mag verskil van hulle smaak maar as dit kom by die wreedhede en die daad is daar geen verskil tussen ons en hulle

melissa ·

@Rudolph van Wyk jy is heeltemal reg! Mal Sjinese om honde etc te eet, maar ons is heel gemaklik met koeie ens. martel en slag. Geen verskil. Bly oor die straf!

Maljan ·

Julle is van die pad af.ngaan kyk gerus by enige abbatoir is dier gemartel word. Met hoeveel deur is word julle groente versnipper? Was hulle eers verdoof en toe wreed versnipper? Was hulle eers verdoof en toe wreed uit die grond geruk of van hulle stamme afgeskeer?

Nika ·

@Melissa, beeste en skape is daar om ge eet te word en ek glo nie hulle word gemartel nie as dit so was sou die vleis baie, baie taai gewees het.
Ek is baie bly die ietermagog het nie in die hande gekom van die mense wat hom sou seer maak nie.

GL ·

Daar is n baie groot verskil tussen n bedreigde spesie en n koei. Die chinese het reeds al die renosters ens in hulle eie land klaar uit geroei.

De Villiers ·

Die straf klink op die oog af goed, maar is tronkstraf werklik ń straf vir die meeste kriminele in Suid-Afrika? Myns insiens geniet hulle al die voordele van kos en water, dak oor die kop, ontspanning met tye en toegang tot studies. Boonop het hulle nog regte ook, want hulle staak sommer as die kos nie goed smaak nie of as hulle hardhandig deur die tronkbewaarders hanteer word. Al wat hulle moes byvoeg tot die tronkstraf, is verpligte harde handearbeid, lyfstraf, die verbeuring van sommige van die voorregte soos TV kyk, en ń verpligte studie oor skaars dier-en plantsoorte en die bewaring daarvan wat hy moet slaag, asook verpligte gemeenskapsdiens by ń dieretuin waar hy veral help met die versorging van die skaars diersoorte, soos renosters.

Hanlie ·

De Villiers jy praat nou sommer groot waarheid. Hulle het dan tot stemreg in die tronk. En verder eet hulle te lekker op ons belastingbetalers se koste in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.