Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het volgens berigte die stryd teen die omstrede Gupta-familie nou tot in Dubai geneem waar hulle die regering van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gevra het om R169 miljoen te bevries wat die familie na bewering gesteel en uit Suid-Afrika geneem het.
City Press berig ʼn senior aanklaer wat op die saak werk het aan die koerant gesê die NVG is oortuig dat owerhede in Dubai hul samewerking sal gee.
Dit is die eerste amptelike stap wat deur wetstoepassingsagentskappe gedoen is om die Guptas tot in Dubai te vervolg waar die familie na bewering ʼn R331 miljoen se herehuis besit.
Dit kom ná ʼn hooggeregshof vandeesweek in die guns van die batebeslagsleggingseenheid beslis het dat ʼn bevriesingsbevel wat vroeër vanjaar toegestaan is na R250 miljoen verhoog kan word. Dit is die bedrag wat die Gupta-familie na bewering deur die Vrystaat se Estina-suiwelplaasprojek gesteel het. Die geld was veronderstel om plaaslike boere te help.
City Press het met Phaladi Shuping, die Vrystaatse woordvoerder van die NVG, gepraat, wat aan die koerant gesê het daar word vermoed dat die R169 miljoen geld is wat nie tans in Suid-Afrika is nie, maar op bedrieglike wyse uit die land geneem is.
Volgens die berig sal dié geld bevries word indien die VAE-regering instem, maar moet hierdie vlak van samewerking met Dubai se wetstoepassingagentskappe eers bewerkstellig word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Hoekom het die nvg nie al hulle dinge al in plek gehad toe die guptas nog in SA was. Of was Shaun bamg vir zuma gewees en nou dat CR in bevel is nou raak die nvg braaf
Hy verwys na Shauan Abrahams van die Nasionale Vervolgens Gesag (NVG). Hoop maar die gelde sal verhaal kan word.
Te min te laat.
Hierdie opterde van die NVG is sommer net bravade, hulle is nie ernstig nie. Ek het ‘n tyd gelede, toe die Guptas nog in die land was, hier in ‘n kommentaar gesê dat die owerhede (Valke en NVG) die Guptas dreig met arrestasie en batebeslagleggings en dan net terugsit en niks doen nie. Dit was asof hulle die Guptas soebat om uit die land te vlug want as hulle gearresteer word en dan begin praat gaan omtrent die helfte (of meer) van die kabinet en vele regeringsmense in beheer van -staats en semistaatsinstellings tjoekie toe. Dit kan die ANC tot… Lees meer »
Waarom word die korrupte spul wat hierdie mense met ope arms ontvang het nie in die tronk gegooi nie? As dit nie vir hulle was nie , sou die Gupta familie nie eers hul voete in die land gesit het nie!