NVG voer stryd teen Guptas tot in Dubai

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het volgens berigte die stryd teen die omstrede Gupta-familie nou tot in Dubai geneem waar hulle die regering van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gevra het om R169 miljoen te bevries wat die familie na bewering gesteel en uit Suid-Afrika geneem het.

City Press berig ʼn senior aanklaer wat op die saak werk het aan die koerant gesê die NVG is oortuig dat owerhede in Dubai hul samewerking sal gee.

Dit is die eerste amptelike stap wat deur wetstoepassingsagentskappe gedoen is om die Guptas tot in Dubai te vervolg waar die familie na bewering ʼn R331 miljoen se herehuis besit.

Dit kom ná ʼn hooggeregshof vandeesweek in die guns van die batebeslagsleggingseenheid beslis het dat ʼn bevriesingsbevel wat vroeër vanjaar toegestaan is na R250 miljoen verhoog kan word. Dit is die bedrag wat die Gupta-familie na bewering deur die Vrystaat se Estina-suiwelplaasprojek gesteel het. Die geld was veronderstel om plaaslike boere te help.

City Press het met Phaladi Shuping, die Vrystaatse woordvoerder van die NVG, gepraat, wat aan die koerant gesê het daar word vermoed dat die R169 miljoen geld is wat nie tans in Suid-Afrika is nie, maar op bedrieglike wyse uit die land geneem is.

Volgens die berig sal dié geld bevries word indien die VAE-regering instem, maar moet hierdie vlak van samewerking met Dubai se wetstoepassingagentskappe eers bewerkstellig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

zoom zoom ·

Hoekom het die nvg nie al hulle dinge al in plek gehad toe die guptas nog in SA was. Of was Shaun bamg vir zuma gewees en nou dat CR in bevel is nou raak die nvg braaf

Cherokee ·

zoom zoom, sê vir ons waarom word ‘Shaun; geshaun asof hy ‘n persoonlike held is en nie ‘n van het nie?

Oom Kalahari ·

Hy verwys na Shauan Abrahams van die Nasionale Vervolgens Gesag (NVG). Hoop maar die gelde sal verhaal kan word.

Cherokee ·

Ek weet presies van wie hy praat oom, maar ek betoog daarteen dat Abrahams geshaun word, Ramaphosa word gecyril en Maimane word gemoesie. Ons wil nie vriende wees met hulle nie.

Grassie ·

Hierdie opterde van die NVG is sommer net bravade, hulle is nie ernstig nie. Ek het ‘n tyd gelede, toe die Guptas nog in die land was, hier in ‘n kommentaar gesê dat die owerhede (Valke en NVG) die Guptas dreig met arrestasie en batebeslagleggings en dan net terugsit en niks doen nie. Dit was asof hulle die Guptas soebat om uit die land te vlug want as hulle gearresteer word en dan begin praat gaan omtrent die helfte (of meer) van die kabinet en vele regeringsmense in beheer van -staats en semistaatsinstellings tjoekie toe. Dit kan die ANC tot ‘n val bring. Hierdie stappe wat die NVG nou doen is ook maar net ‘n front. Hulle werk met kleingeld – die Guptas het nie miljoene gegaps nie, maar miljarde. Al daardie geld is waarskynlik reeds in Indië.
En ou Zuma? Ek dink die Guptas het hom nou weggegooi soos ‘n uitgesuigde lemoen. Hulle kan niks meer uit hom kry nie. Dit laat my dink aan die Engels spreekwoord “Ther are (is?) no honour amongst thieves.”

marous ·

Waarom word die korrupte spul wat hierdie mense met ope arms ontvang het nie in die tronk gegooi nie? As dit nie vir hulle was nie , sou die Gupta familie nie eers hul voete in die land gesit het nie!

AJ ·

In Zuma (en sy trawante) se koppe veg hulle nog die struggle van 50 jaar gelede.

Hulle saboteer steeds die staat … asof die staat die vyand is.

Hulle het nooit ingekoop in die onderhandelde skikking van 1994 nie. Mandela en Ramaphosa was versigtig ontplooiide kaders wat die rewolusie voortsit na die binnekamers van die ‘vyand’ !

Die hele ANC ‘speel’ nog altyd sedert 1992 die White Monopoly Capital (WMC) in ‘n ‘spel tot die dood’!

Net soos Mandela as ‘Trojaanse perd’ die binnekringe van WMC binnegedring het om hulle te vernietig … so word Ramaphosa nou wéér ontplooi as ‘Trojaanse perd’ om die oorblyfsels van WMC die finale nekslag toe te dien.

Ramaphosa draai die kookpot se temperatuur stadig maar seker hoër … en die wit paddatjies begin SWEET!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.