NVG vorder stadig maar seker met Gupta-vervolgings

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Daar is stadige maar besliste vordering met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se optrede teen staatskapers, het die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, Dinsdag in die parlement gesê.

Die NVG, waarvan Batohi die hoof is, loop die afgelope paar maande onder groeiende kritiek deurgeloop weens die stadige pas waarteen beweerde staatskapers, en by name die omstrede Gupta-familie, in Suid-Afrika vervolg word. Die gebrom het ‘n crescendo bereik nadat die VSA verlede week sanksies teen die Guptas ingestel het terwyl Suid-Afrika op die oog af stadige tot geen vordering toon nie.

Batohi het gesê daar word beslis vordering gemaak “ook oor diegene wat in die Verenigde Arabiese Emirate en Indië is” (dis die twee lande waar die Guptas die meeste van hul tyd deurbring). Sy het bygevoeg daar word probeer om diegene uitgelewer te kry, maar dat daar tans nog geen uitleweringsooreenkoms met die Emirate is nie, en dat Indië nie juis saamwerk om enigeen uit te lewer nie, maar dat sy en die minister van justisie, Ronald Lamola, persoonlik in onderhandelinge met die Indiese owerhede betrokke is om uitlewerings te bewerkstellig.

Op ‘n vraag van adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP, het Batohi die onderneming gegee dat sy ewe hard sal werk om die beweerde bedrieër Barry Tannebaum, wat tans in Melbourne, Australië is, uitgelewer te kry.

Die komitee het ook op bewoë wyse afskeid geneem van die hoogs gerespekteerde Willie Hofmeyr, jarelange hoof van die batebeslagleggingseenheid, wat vanjaar aftreeouderdom bereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bossie ·

Sê julle NOU omdat Amerika hul op swartlys geplaas het. Amerika is nie jul maatjie nie. Julle beter begin om geluide te maak.

Pieter ·

Alles in die ANC is stadig en in tussen val die land uit mekaar die guptas en zuma sal niks oor kom nie

Rm ·

Die guptas sal net so min as zuma ooit in n tronk beland, nog minder n sent terugbetaal, al hierdie sogenaamde ondersoeke en kommissies is net n verdere mors van belastinggeld

Chris Ws ·

Eerder “stadig” as “seker”.Ek wil sien of hier iets van gaan kom.Dis weer net lippetaal en die Guptas lag ons uit.

janneman ·

As dit die geval is soos sy voorgee, maak dan die saak nommer bekend en ook waar die aanklag teen enige staatskaper gelê is…..nie net die bkankes soos Aggricci nie….

Manie van Worcester ·

almal met verstand weet van dag een niks sal ooit met enigeen van hulle gebeur nie. Hulle sal nooit in hierdie misdaad mekka vervolg word nie. Daars mos n gerieflike verskonig vir party , geen uitlewerinfs ooreenkoms Hahahahahahahaha maar wat van die res wat hier is
Die nuwe nvg hoof ook n anc kadawer

Jo B ·

Stadig maar nooit. Alles gaan nou soos mis voor die oë verdwyn… die Guptas is onaantasbaar, hulle het die ANC reeds betaal vir hul vryheid en sal nie vervolg word nie… die ANC “cover” nou erg vir hulle…. “MARK MY WORDS”

LHS ·

Ag nee wat, hou op geld mors, julle is verseker nie van plan om zuma en sy mede kaders in die tronk te laat beland nie.

John ·

Net na CR se aanstelling is hy soos ‘n koning van ouds in Indiè ontvang en omhels. SA sal die miljarders wat tempels van goud in hul vaderland opgerig het nooit laat vervolg nie… ook nie omdat te veel plaaslike mense betrokke was wat dan aangekla sal moet word.

Kobus ·

Laat ons hoop ” stadig” beteken ” goed voorberei”
My vraag iscdie NVG toegerus om die mense te vervolg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.