Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen ʼn hofbeslissing waarin die aanklagte teen Bongani Bongo, ʼn ANC-LP en voormalige minister van staatsveiligheid, laat vaar is.
Bongo het die Kaapstadse hooggeregshof genader om te vra dat hy kwytgeskeld word op die korrupsieaanklag teen hom.
Die aanklagte het gespruit uit ʼn beweerde aanbod wat hy in 2017 aan adv. Ntuthuzelo Vanaro, ʼn getuienisleier by ʼn Eskom-ondersoek, gemaak het. Bongo is daarvan beskuldig dat hy Vanaro probeer omkoop het om ʼn portefeuljekomitee-ondersoek na Eskom se sake te laat ineenstort.
Die hooggeregshof in Kaapstad het sy aansoek om kwytskelding toegestaan en Bongo onskuldig bevind. Die hof het bevind die getuies in die saak was ongeloofwaardig.
Adv. Nicolette Bell, waarnemende direkteur van openbare vervolging, het ná versigtige oorweging van die feite, wetgewing en regsbeginsels besluit om teen die hooggeregshofbeslissing te appelleer.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, sê die aansoek is reeds op Bongo se regsverteenwoordigers beteken. Die regterpresident moet nog ʼn datum vir die aansoek vasstel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Soos ek gister gese het, geregtigheid is reeds gekompromitteer, die val verby rots tot in lawa is op ons
Verblydende nuus! Dis omtrent tyd dat hierdie knaap vasgevat word saam met sy maatjie hlope. Hopelik sal die nvg nou toesien dat daar n behoorlike appelsaak voorberei word en as hlope weier om verlof tot appel toe te staan, (soos allerwee verwag word) dat n behoorlike versoek aan hoer owerhede sal voortspruit.
Mooi so , hoop nie Hlope is weer die regter nie,
It’s not what you know, but who you know!