Die sekretariaat van die Zondo-kommissie na staatskaping sal voortgaan om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die ondersoekdirektoraat toegang te gee tot getuienis wat voor die kommissie gelewer is om te verseker geslaagde ondersoeke en vervolging spruit daaruit.
Die instellings is dit eens dat beter samewerking benodig word om ʼn naatlose oorgang van onder meer die kommissie se sittings tot strafsake, die herwinning van bates of ander hofsanksies te verseker – en dat dit as ʼn saak van dringendheid hanteer moet word.
“Die beëindiging van straffeloosheid vir hoëvlak-korrupsie en staatskapingsake is ʼn prioriteit vir die land. Dit vereis verbeterde samewerking tussen verskeie rolspelers, terwyl elk hul onderskeie rolle en mandate nakom,” sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat.
Die direktoraat het tot dusver 82 ondersoeke van stapel gestuur en 20 sake is reeds op die hofrol geplaas na aanleiding van getuienis wat by die kommissie aangehoor is. Altesame 65 beskuldigdes word betrek.
Die kommissie het vroeër die vierde gedeelte van sy verslag aan die presidensie oorhandig. Daarin word onder meer uitgestippel hoe die Gupta-familie ʼn plan bewimpel het om Eskom met die hulp van oudpres. Jacob Zuma te kaap.
Die kommissie en Eskom het daarna ook aangekondig dat hulle nou sal saamwerk om staatskapingsake en ondersoeke na ander georganiseerde misdade beter te koördineer. Die instellings het onderneem om meer inligting met mekaar te deel, terwyl die NVG se onafhanklikheid steeds beskerm word.
Hoop daar is genoeg oranje pakkies beskikbaar! Na R2 Miljard moet ons darem iets sien gebeur>
Ag wat daar gaan boggerol van kom nie. Net geld mors sessies.
Ek stem saam met jou.
Daar gaan niks van kom nie anc beskerm hulle kaders
Asseblief Hou op praat doen iets ons sien niks
En dan volg apél op apél op apél…hou nie my asem op nie.
Ag asb bla bla bla bla
Geld mors
Nee wat.Daar gaan niks van kom nie.Zondo het sy tyd gemors maar darem groot salaris gekry.Die verslae toon net weer hoe groot Misdaad organisasie die ANC regtig is.Maar dit is een ding om die bewyse te hê en die getuies MAAR heeltemal iets anders om die mense tot verantwoording te roep.Jy het ‘n GOED werkende regstelsel met BEVOEGDE en nie KORRUPTE regters nodig om net mee te begin.Dit bestaan nie in die land nie.