NW-boer kritiek ná 6 aanvallers toeslaan

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Boer van Noordwes is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Dinsdagaand deur ses aanvallers op sy plaas buite Brits oorval en geskiet is.

Dries Botha (57) moes Dinsdagaand ʼn noodoperasie ondergaan nadat hy drie skietwonde opgedoen het waarvan een deur sy buik is en sy pankreas beskadig het. Die ander skietwonde is onderskeidelik in sy skouer en sy hand.

Kobus van Rensburg, Botha se swaer, het aan Maroela Media gesê Botha en sy vrou was by die huis op die plaas in die Kleinfontein-gebied toe die aanvallers toegeslaan het. Volgens Van Rensburg moes Botha omstreeks 20:00 uitgaan om ʼn alarm buite aan te sit toe hy deur ses aanvallers oorval is. “Hulle het vyf skote op hom geskiet, waarvan drie hom getref het,” het Van Rensburg gesê.

Volgens Van Rensburg het Botha terugbaklei en die aanvallers het op die vlug geslaan sonder om enigiets te roof. Botha se vrou het in hierdie tyd in die huis geskuil en is gelukkig ongedeerd. Van Rensburg het gesê bure en die polisie was vinnig ná die voorval op die toneel en Botha is na ʼn hospitaal gehaas. “Hy is in die waakeenheid en sy toestand is baie kritiek in dié stadium,” het hy gesê.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het gesê teen Dinsdagaand is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Woordvoerder van die polisie in Noordwes kon nie onmiddellik die voorval bevestig nie. Maroela Media wag op meer inligting.

Die voorval is een van talle plaasaanvalle in Noordwes oor die afgelope paar weke. Elsa Erasmus (74), ʼn boervrou van die Schweizer-Reneke-distrik, se liggaam is Sondag gevind nadat sy vermoedelik Saterdag in haar huis oorval is. Patrick Itumeng (68) is dood nadat hy en sy vrou Vrydag op hul plaas in die Vryburg-omgewing oorval en albei geskiet is.

Nog ʼn boer is op 25 Junie op ʼn plaas in die Rustenburg-omgewing deur drie verdagtes aangeval en in sy arm gewond. Vroeër in Junie is Hanno Steyn (46) tydens ʼn plaasaanval in die Lichtenburg-omgewing doodgeskiet. Blackie van den Berg (61) is op 2 Junie op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes oorval, erg aangerand en verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Rynhardt ·

Aanvalle sal al hoe meer voorkom deur aanvallers in bendes van 6-12 lede! Boere moet n goeie aanvalsgeweer 24uur per dag by jou dra..Jou wonings moet ook goed beskerm word anders gaan jy probleme he.SA word al hoe gewelddadiger en dit gaan nie stop nie.

Zeus ·

Ek stem saam. Bewapen jouself teen alle tye. Moet nie op n plaas in die aand rondloop as jy nie bewapen is nie.

CHRISTA ·

Die ERGSTE van als is dat jy NOOIT ‘n berig oor die radio van die plaasaanvalle hoor nie. Ek luister elke dag na RSG en 702 en hoor NIKS van hierdie plaasaanvalle nie. Ek lees net op Maroela daarvan!! HOEKOM?

m ·

Die goed is so lafhartig en sal jou nooit alleen aanval nie. Sterkte aan die boer.

Michael barnard ·

Ek verstaan nie hoe werk dit fat die alarm buite aangesit moet word en nie in die huis nie.

Michael barnard ·

Ek verstaan nie hoe werk dit dat die alarm buite aangesit moet word en nie in die huis nie.

Bietjie bietjie ·

Het jy al ooit gedink dat die nodige fondse om die “state of the art” alarm wat jy dalk in gedagte het te installeer nie beskikbaar mag wees ?
Verseker sou hy nie dit so gedoen het as dit anders gedoen kon word !
Maklik om te sê hoe die man sy alarm moet bou vanaf die kantlyn
Onmoontlik om elke oomblik geweer in die skouer te boer
Ek glo elke boer /landsburger probeer sy bes met dit wat tot sy beskikking is om homself te beveilig
Die feit is dat dit glad nie nodig moes gewees het om enigsins bewapen op jou plaas rond te loop nie !

Johan. H. ·

6 teen 1 dis hoe hulle werk… Kom ons kyk wanneer is ditTaxi tyd!!!! LAFHAARDS

Maya Roon Joubert ·

Dries en familie lede julle is in my gebede! Ons vertrou hy is sover gespaar vir ‘n rede en sal totaal genees AMEN

John ·

Weer in Noordwes? Iemand moes geweet het van sy roetine… Miskien is De Klerk met vakansie op ‘n Griekse eiland… dit gaan mos goed met SA… en verdien ons nie ‘n nrustige aftrede na al die heldedade ter plaatse nie… die wigte en…

De Klerl ·

Ag aarde tog John! As jy niks te sê het nie, moenie nonsens kwytraak nie

Landi ·

Weet julle….dit gaan my verstand te bowe, ons almal weet nou al die blankes word “getarget” op plase. Almal weet ook hoekom. Nou hoekom soek ons moeilikheid. n Vrou alleen op n plaas, dis n maklike teiken, om n alarm in die donker – buite die huis te gaan aktiveer, is moeilikheid soek. Nee maggies man moet asb nie hierdie breinlose gemors rede gee om die oorhand te kry nie. Boere asb ons kan nie sonder julle nie maar moet nou ook nie moeilikheid soek nie, bewapen jou 24/7 en sorg dat jy nie saans jou huis moet verlaat nie, asb sorg dat jy baie goeie sekriteit het. Dis maklik vir ons om te praat maar juis omdat boere my so na aan die hart lê maak dit my vies as hulle roekeloos is.

lorayne ·

My gebed gaan uit na Dries Botha en sy gesin. . . Mag God Sy hand oor julle hou.

Nooivandievelde ·

Landi, hoekom mag ‘n vrou alleen in die dorp bly maar nie alleen op ‘n plaas nie? Verdien almal dan nie dieselfde regte en voorregte nie? Elke mens het die reg (versonderstel om te hê) om veilig in sy of haar eie huis te wees. Sekeriteit is ook nie goedkoop nie en nie almal kan duur heinings ens bekosig nie. Feit is dat ons uit gemoor word. Die persepsie dat ons “dom” of nalatig is moet beslis nie geskep word nie.

Willem ·

Nou gaan die boer seker aangekla word van poging tot moord want hy het terug baklei.

Haan ·

Dankie MM, dankie dat julle die belangrike sake in ons land onder ons aandag bring terwyl die res van die sogenaamde ‘nuus’ bronne hul bes doen om ons in die donker te hou.

Johanna Botha ·

In Botswama bv is daar byna geen geweldsmisdade … omdat hulle die doodstraf het !! …..waneer gaan menseregte in SA vir die eerlike, belasting betaalende , wetsgehoorsame burgers begin werk …want dit betaal in SA om korrup en skelm te wees …ons sien mos hoe dit gaan in die anc regering.

Afrikaanse Knaap ·

Ek dink dit sal sinvol wees as Maroela Media ‘n register hou van al die persone wat op plase aangeval is en vermoor is.
Dan kan ons elke keer daarna verwys.

Pietie ·

Did die regering en politici wat die klimaat skep met al hul haatspraak teen wittes en boere. Ons sal ernstig moet dink aan weerhouding van belasting.

Johannes Meintjes ·

As ‘n “aktivis in die kleine” sedert 2001, – betreffende bewusmaaking aangaande voortslepende plaasmoorde in SA, bly dit ‘n groot teleurstelling dat daar, veral op die plotte en meer so op die platteland, gesukkel word met effektiewe polisieering wat misdaad genoegsaam voorkomend afskrik of baie vinniger kan reageer. Patrollies per vleigtuig, “micro-light”, helikopter, fiets, motorfiets, perd, voertuig, hommeltuie of lugbalonne is nie oral beskikbaar of beskostigbaar nie. Ons sal moet aanhou om bewusmaaking, deelname aan Plaaswagte en teenvoeters teen die voortslepende aanslag teen blanke boere (en ander slagoffers van geweldsmisdaad) in SA, te ontwikkel. In my persoonlike Buurtwag en GPF ondervinding is ons mense traag om hulself toe te rus, te beveilig en almal saam te werk sodat die groeiende beveiligingslas verlig kan word. Hiernaas bly ons onwillig om rondom een tafel met alle beskikbare kundiges en instansies oor burgerlike beveiliging en beste metodiek te gesels. Dit is sof ons onopgewasse bly vir die uitdaagings voor ons, – veral wat burgerlike beveiliging betref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.