NW-boer met messe aangeval: ‘Ounooi, hulle maak my dood’

Johan van Niekerk. Foto: Verskaf

Johan van Niekerk. Foto: Verskaf

Johan van Niekerk (59), die boer van Noordwes wat Maandagaand buite sy huis op sy plaas met messe aangeval is, het na ʼn venster gestrompel en vir sy vrou geskree om te help voordat hy inmekaargesak het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep aanvallers het Van Niekerk omstreeks 20:00 op sy plaas, buite Delareyville in Noordwes, oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek. Hesna Rust, Van Niekerk se dogter, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Van Niekerk was op pad terug van die melkery toe dit gebeur het.

“Vyf aanvallers het my pa in die binnehof van die huis ingewag. Hulle het hom oorval en hom met messe oor sy hele lyf gesteek, meestal in sy rug, maar ook in sy arms en nek,” het Rust gesê. “My pa kon daarin slaag om na die badkamervenster te strompel en het vir my ma geskree: ‘Ounooi, hulle maak my dood!’. Toe het hy inmekaargesak.”

Johan en Sonja van Niekerk by hul twee dogters, Hesna Rust en Gerna Breytenbach. Foto: Verskaf

Johan en Sonja van Niekerk by hul twee dogters, Hesna Rust en Gerna Breytenbach. Foto: Verskaf

Rust vertel haar ma, Sonja van Niekerk (56), het die aanvallers buite die huis in die binnehof gesien en die deur oopgemaak sodat die honde kan uithardloop. Die aanvallers het op die vlug geslaan en Sonja het haar man die huis in gesleep en dadelik gebel om hulp te ontbied.

ʼn Dokter, sy vrou en ʼn verpleegster, wat op aangrensende plase bly, het na die plaas gejaag, waar hulle die bloeding kon stop en hom stabiliseer. Intussen het boere van onder meer Delareyville, Ottosdal, Vryburg, Schweizer-Reneke en Wolmaransstad, hulle na die toneel gehaas om te help met die soektog na die verdagtes. Die verdagtes se spoor is tot by ʼn teerpad gevolg waar hulle verdwyn het.

Volgens Rust is Van Niekerk na ʼn private hospitaal in Klerksdorp geneem waar hy tans in ʼn geïnduseerde koma gehou word. “Hy is op ʼn ventilator omdat hy sukkel om asem te haal weens die swelling in sy keel. Sy toestand is ernstig, maar stabiel,” het Rust gesê.

Johan en Sonja van Niekerk. Foto: Verskaf

Johan en Sonja van Niekerk. Foto: Verskaf

Sy het gesê haar pa het op hierdie plaas grootgeword en bly sy lewe lank nog daar. Dit is die eerste keer dat só iets op die plaas gebeur. “Dit is vir ons baie skokkend dat so iets sal gebeur, want my pa is net goed vir al die mense met wie hy te doen kry,” het sy gesê. “Emosioneel gaan dit nie goed met my ma nie. Sy het ses maande gelede ʼn rugoperasie gehad en sy moes my pa se groot lyf alleen die huis in sleep. En om nou haar man so te sien… Sy kry baie swaar.”

Rust het gesê sy, haar sussie en albei se mans is tans op pad na Klerksdorp om hul ma by te staan.

“Ek wil namens ons hele gesin vir die gemeenskap ongelooflik baie dankie sê dat hulle so onbaatsugtig gehelp het en my ouers te hulp gesnel het. Jy kan nie dink dat een gemeenskap sommer net so soos een man kan inspring en help nie. Daar was seker meer as 100 boere op die toneel, dit was net ongelooflik. Uit die diepte van ons hart kan ons net sê baie, baie dankie,” het sy gesê.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Sa ·

Dit is so duidelik soos daglig dat daar oorlog teen die wittes verklaar is. Ek glo dit is alles na Malema se toespraak die ander dag dat moored al hoe meer word. Die mans word geteiken sodat vroue later slawe kan word. Maar as ons boerevolkie opstaan, dan staan ons op, die tyd is nou!

Jan ·

Sa, ons mag nie kla nie, want ons in bevoorreg om in so ‘n posisie te wees.

Steven Schutte ·

Die witvolk van hierdie land is vuisvoos en het geen opsie as om terug te veg vir voortbestaan nie. Daar is niemand in die regerende party wat die aanvalle op alle terreine op ons mense aanspreek nie en selfs nie eers ‘n woord van bemoediging vir ons fluister dat dit gedoen sal word nie. Uitdrukkinge wat grappendsgewys deel is van die Afrikaanse en Engelse taal word as rassisme afgemaak omdat hierdie ontwikkeling nooit in hul eie tale voorgekom het nie. Geen toekoms kan op “ignorance” of onkunde geskoei word nie en gaan onafwendbaar lei tot “die doel heilig die middel” wat die ekstreme gaan wees tot selfbeskikking. Die aanteel syfers in ons land is skrikwekkend en veral inaggenome die ekonomie wat nie op dreef kan kom onder die leierskap van die ANC en nooit sal nie. Dan praat ons nie eers van die “geen of minimale opvoedingspeil” waaraan hierdie kinders onderworpe is nie en ook dissipline insluit. Die huidige water en voedsel tekorte is erg maar huiwer ‘n mens om te dink wat daarvan oor 10 en meer jare vorentoe. Hoelank gaan die SASSA betalings kan aanhou voordat dit ook opdroog en met chaotiese gevolge. Wanneer gaan iemand hierdie dinge aanspreek? Wat van ons kinders en kleinkinders eendag soos vir vele ander. Eendrag maak mag en wanneer dit gebeur moet jy ‘n speler daarin wees, al dan nie, gee pad want dit gaan nie ‘n piekniek wees nie.

Jakoba ·

Ek stem saam SA dit was die eerste gedagte wat by my opgekom het. Hierdie is moordbendes van EFF wat die mense aanval.

Manie ·

Kom ons vra vir FW de Klerk wat om te doen, hy het al die antwoorde. !

Justice ·

Moet ook nie van Roelf Meyer en KODESA vergeet nie. Ek bly ook alleen op `n afgelee plaas en sal graag wil weet – waar is die wigte en teenwigte in uitsprake soos die van Malema in die grondwet ingebou?

andrea van vuren ·

Manie, nou praat jy! FW het onlangs in Rapport beweer ons land is deesdae baie beter af as voor 1994! My bloed kook nou nog!

Ilze ·

En vandag is daar op Broedersput tussen Delareyville en Vryburg ‘n tannie aangeval met mes.

Theo Liebenberg ·

Ilse wat gaan aan? My vrou het familie op Die plaas Broedersputs>

jaco ·

Verkoop die plase NOU. Dis al hoe hierdie aanvalle gaan stop.

x ·

As al die boere hulle grond verkoop gaan ons sterf van die honger….

Thea Gerber ·

Aan wie moet ons die plase verkoop en waarvan moet ons lewe? Meer nog: Waarvan gaan julle lewe as geen kos meer geproduseer word nie?

Carel Coetzee ·

Nie plase verkoop nie raak net meer paraat tot op die hoogste vlak

Alida ·

Ja Jaco dan moet jy nie huil as jy nie meer vleis en groente kan kry nie. Jy het nou gesien wat het met die hoenderboerdery gebeur. Hou jou slim praatjies vir jouself.

Ann ·

Maklik, né? Dis presies wat hulle wil hê ons moet doen!! Dis nie die antwoors nie!!!

JC ·

Ja jaco, ja nee, wees ‘n lafaard, bly stil en ondergrawe jou regte in jou vaderland…!!
Ek wonder wat het al daarvan gekom in die geskiedenis. Mmmm…, lui die jodeslagting in Duitsland, of die gebeure in Zimbabwe en Rwanda ‘n klokkie.
Regtig! Jy behoort ons Afrikanervolkie beter as dit te ken hoor.

De Wet ·

Die aanvalle eskaleer nou erg, ons gaan nie meer kan keer nie.

Jan ·

Elke keer as ek van so aanval lees dan maak die derduisende rande wat ek op wapens, toebehore, opleiding en ammunisie gespandeer het meer sin. Al die rondslomp met lisensie aansoeke, spesifieke klere dra dat my wapen bedek is, die ongemak as my holster my druk. Al daai moeite net vir die eendag as hulle weer vir my kom. Maar kla is nie vir my nie, ek verkies voorbereiding – ek bly in Suid Afrika, en hierdie is my realiteit. Ek wens tog net so dat die ander mense van my kultuur, goeie mense wat een vir een afgemaai word, ook meer paraat sal wou wees.

Chrisjan ·

Dankie Jan. Elke boer moet weet hy is ‘n teiken en hy kan self kies of hy ‘n harde of ‘n sagte teiken is. Die wat ‘n sagte teiken wil wees, wag jou lot in vrees af. Die SAP en sekeruteitsmaatskappye kan jou nie veilig hou nie, elke boer sal verantwoordelikheid vir homself en sy familie moet neem.
Die wat nie wil oorgee nie, berei jouself liggaam, siel en gees voor. Bewapen jouself, leer om met enige-iets van kaalhand tot jou jaggeweer te baklei, leer almal in die huis. Dink takties, identifiseer jou swak punte, stel hinderlae, raak pro-aktief (al honderd boere na die aanval op die werf beteken minder as een op die regte plek en tyd). Kry berigewers van die plaaslike bevolking, inligting is lewens werd, idetifiseer moontlike verdagtes, kry noodplanne in werking, betrek jou bure.
Ons is kinders van die lewende almagtige God, werk aan jou verhouding met ons Vader, Hy sal jou lei, sorg dat jy Hom kan hoor!
Ons hoef nie “sitting ducks” te wees nie!

Jaco vd Walt ·

Net so Jan, ek stem. Selfde boot. (My storie was al eenkeer op Maroela, ek sal nie laat dit weer op kom nie)

Boerin ·

Moet nie meer in klein groepies bly nie. Neem nog blankes op plase in, laat almal by mekaar bly een gereed wees vir aanvallers.

Ina van Rensburg ·

Kom jy by mý bly? Of gaan ek by joú bly???
Praat van iets wat julle weet.
Elke boer het sy grond.
Ons plak nie.
Trek nie.
Vlug nie.
Ons gaan nérens nie.
Kom ons om,so kom ons om!

Yvonne whitworth ·

Ek se dank hulle af en gee werk vir witted wat nie werk kan kry. Daar is erg te kort aan werk vir alle wit mense.

bekommerd ·

Daar is alreeds genoeg gepraat. Daar moet nou erenstige aksie geneem word.

Jan ·

Jy mag jou nie van die behoeftiges afsonder nie, dan is jy ‘n rasis, jy moet hulle ‘n geleentheid gee.

Linda ·

Dit is jaar na jaar, dag vir dag dieselfde. Ons mense word doodgemaak, ons word stelselmatig uitvermoor en ons volk verklein. En more lees ons maar weer van n aanval of moord op ons boere…en so gaan dit aan. Het ons werklik niemand as leier vir ons nie, is daar niks geen plan vir ons nie voorintoe nie? Tyd is al op, Here HELP ons ASB!

Amanda ·

Vandag presies n jaar gelede is my skoonpa op sy plaas te Modimole vermoor, met klippe doodgeslaan en sy vrou in die plaashuis verkool. Spore gevolg, verdagte geidentifiseer, geen arrestasie sover. Waar gaan dit eindig…

Hasie ·

Al hierdie plaasaanvalle en moorde kan voor Zuma en Malema se deur gelê word. Hulle twee is die oorsaak van al die gemors in ons land.

Jammer ·

Ja Christo, jy is DOODREG< maar jy het nounet hierbo gehoor ELKE BOER HET SY PLAAS, hulle sal eerder doodgaan as om saam te staan en mekaar te help, en weer kommandos op die been te bring, veiligheidswagte aan te stel wat hulle gesamentlik kan betaal, saamboer ens. My jinne as mense in beboude areas veiligheidswagte kan betaal, laat ek my nie vertel daar is nie veiligheidsmaatskappye wat bereid is om plase te patrolleer of sekuriteitshokkies op sentrale plekke op te rig om so van diens vir die gemeenskap te wees nie. Die REGERING voel NIKS vir plaasboere nie, veral nie vir BLANKES nie, as julle julleself nie gaan beveilig en bereid wees om saam met ander boere en sakemanne te werk nie, is ek bevrees gaan niks verbeter nie.

Johan ·

Snaaks dat as dit kom by plaasboere wat aangeval word, dan eindig die berig gewoonlik met nog niemand is in hegtenis geneem nie,dit is gewoonlik die storie en dan word daar gewoonlik nooit iemand geidentifiseer of gevang nie. Ek ruik n groot Rot!

Kobus ·

Mense….besef dit….Dis RASSUIWERING op n baie subtiele manier…dit word selektief gedoen….sodra n reeks aanvalle in n provinsie gedoen is…skuif die aanvalle na n ander provinsie….so word die sirkel voltooi….Dan word dit weereens van vooraf implementer…stelselmatig word die witmense op die plase in n staat van onsekerheid gedompel….want vrees kan paraatheid oorweldig

Alta Smart ·

Laat die weermag manne oplei om al die plase op te pas. Dan skep hulle ten minste werk en so word duisende lewens gered

Hilda ·

Miskien lees julle nie die nuus nie maar die weermag het nie eers kos nie.

ONS wens ·

Buiten dat die weermag in ‘n haglike toestand is moet jy ook onthou dat hulle leiers nog die ou Umkhonto we Ziswe ‘leiers’ is en ander STRUGGLE HEROES uit die verlede, hoeveel simpatie dink julle het hulle met wit boere?

andrea van vuren ·

Ag my liewe Alta, die weermag-soldate sit sonder kos. Onthou niemand sal werk op ‘n leë maag nie. Vergeet van die ‘army’ hulle is net so korrup soos Zuma en sy kaders! Ons moet vir onsself baklei. Almal eindig gewoonlik hul skrywes af met “Ons moet ‘iets’ doen”. My vraag is nou. WAT moet ons doen en WIE gaan ons help? Ons het te veel leiers wat hul geldsakke vol hou met ons geld. Is daar nie ‘n Donald Trump iewers in ons midde nie? Waarheen nou?

Kobus ·

As ek oor selektiewe rassuiwering kommentaar lewer….word my kommentaar na minute deur MM verwyder…WAT IS DIT ANDERS???

AL ·

Dis waar. Cyril ramaphoza wat tydens n toespraak oor mandela se lewe gese het dat daar nog baie ekonomiese uitdagings is omdat wittes meer bevoorregte lewe lei as swartes hits ook rassehaat aan. Ek was nie gedurende apartheidsera bevoorreg nie en is nog steeds nie bevoorreg nie. Ons moet saamstaan teen sulke uitsprake en ons sterk uitspreek.

Leonora ·

Die van Niekerk gesin, dit was ‘n groot plesier om te kom help. Ons sal dit enige dag weer doen.

Lapland ·

Dankie dat julle gehelp het. Ek sal ook help wanneer mense in my area in nood is. Laat ons saam opstaan!

Daniel Ngwepe ·

Ek huil oor ons land. Plase is geisoleer en die boere is maklike teikens. Oorlogpratjies is g’n oplossing nie, en die boere moet eerder die oorlog hof toe vat om Zuma en sy kabouters te dwing om effektiewe sekuriteit te vorsien. Hierdie boere moet ook wit en swart wees. Hierin le die langtermyn oorlewing van ons land se boeregemeeskap. Johan, ons bid vir jou, en mag jy vinnig aansterk.

Jan ·

En as mens ‘n muur van 10 meter hoog om jou erf bou met lemmetjies draad op, ook met geelektrifiseerde drade, soos ‘n wafferse Donald Trump, dan is jy ‘n rasis?

En Orania?

johan van der merwe ·

Die huidige situasie is totaal onaanvaarbaar en prioriteit moet verseker gegge word daaraan om elke boer met hulle gesinslede en werkers te 24/7 te beskerm. Om hiervoor op die regering staat te maak sal onproduktief wees. Daar moet nou kreatief en proaktief opgetree word. Die bestaande strukture wat alreeds binne die gemeenskappe bestaan moet gekoordineer en verder uitgebou word, sodat dit op ‘n ten volle militere basis kan funksioneer. Hierdie inisiatief moet alle infrastruktuur asook ondersteuningsdienste insluit. Daar was vir te lank ‘n blinde oog gedraai en ons boerdery gemeenskap word in die steek gelaat. Alle rolspelers in die landbousektor en die waardeketting, asook rolspelers oor ‘n wye spektrum, moet betrek word om hierdie “projek” te finansier. Ek wil ‘n beroep doen op sodanige partye om asseblief in hierdie verband saam te werk. Daar was reeds oorlog verklaar. Dit het tyd geword dat ons wakker word en nie defensief nie maar offensief optree.

Oom Kalahari ·

Nog ‘n sinnelose daad en nog ‘n plaasboer wat lewens produksie verskaf is geteiken, maar ‘n ou afgesaagde FB (facebook) skrywing kry meer aandag en prioriteit en more is hierdie man se aanval en veg om lewe vergete. Jag seisoen op boere is oop en hul word nou daagliks geteiken. Hierdie het ‘n siek land geword, maar ons dink aan hierdie gesin en bid vir jul wat hierdie trauma in sulke omstandighede moet verwerk. Asook groot dank aan al die mense wat so spoedig reageer het en bystand aan die van Niekerk gesin verleen het in ‘n uur van nood. Met jul optrede het jul sy lewe gered, maar God het oorgeneem en sal die helings proses voltooi aan hierdie gesin. Mag jul almal deur die Krag van onse Hemelse Vader net geseënd wees in hierdie vakansie en Kersgety.

nhk ·

Ek is gebore in die destydse cikei. Groot geword op n plaas daar. Maar sulke moorde en haat was daar defnitief nie. Dus tragies wat nou aan die gang is

AL ·

Waar is my kommentaar wat cyril ramaphoza gese het op mandela se herdenking van sy dood dat wit mense nog steeds meer bevoorregte lewe lei?

Coenza ·

Kry die asb op die world nuus en ons eie media, want die is die 3de plaas aanval wat ek lees in 5 minute ek share al die goed uit NZ uit, ek kry almal jammer wat in SA is, dis hartseer….

natasha ·

Stem 100% saam, Kyk na julle eie mense en lat die res suffer. Hulle nodig mos nie wit mense in die land nie. Ons kan so na mekaar kyk, iemand plaas toe stuur, almal se melk ens collect. Jy het die regte mindset

Amanda ·

Wat my verstand te bowe gaan …
Met die doodskis episode is dit DUIDELIK gestel :
” 2 WIT mans wat die SWART man ….”
WAAROM tog vra ek net, word nerens in die media genoem ” 6 SWART mans val WIT man aan nie?’ ens “10 SWART mans vermoor en vermink WIT vrou” nie. REG IS REG

Marelise Rust ·

WEES GEWAPEN ALLE TYE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! GEBRUIK HOM MENSE!!!!!!!!

Rina Rossouw van Pretoria. ·

Vanaand het ek vir die eerste keer sommer hard begin huil toe ek dit lees……Here hoekom???? Hoe bly mens hierdie goed hoor en jy staan werklik en wonder….tot wanneer gaan dit aanhou.
Here ons Enigste hoop le by U…..Hoor ons hulpgeroep – gee ons wysheid Vader en gee ons die krag op te doen wat ons moet doen…. Baie baie sterkte vir jou Sonja…mag die Here vir jou die nodige heling bring…

Skrikwekkend! Wees meer voorbereid??? ·

BLANKES, BOERE VAN SUID AFRIKA WEES MEER PARAAT MAGTAG MAN! Blankes word geteiken veral as hul geisoleerd is, hul wil voorkom as maklikke teikens en hul is! Dit wil voorkom hul dink dit sal nie met hulle gebeur nie.
Ek verstaan nie dat soveel blankes veral die boere gemeenskappe elke keer gevang word met hul broeke op hul knee en n mes in die rug nie dit nou op n daaglikse basis!
En dit elke keer met die grootste prys wat hul betaal,hul lewens!
Leer mense leer magtag julle is in n oorlogsone!

Hartseer en onaanvaarbaar!
Miskien moet iemand n pamflet saamstel en aflewer vir elke Boer op sy plaas met al statistieke oor plaasmoorde en hoe om hulself te minste voor te berei! Waars die honde?? Hoekom in die RSA waar moord op boere daagliks voorkom dra hul nie wapens nie??? Komaan mense komaan deksels man jul word net te maklik uitgemoor!!

Plan sal gemaak moet word! ·

Niemand maar niemand in die buiteland hoor van al barbaarse wreede moorde op die blankes in die RSA nie mense! Hoe kan jul lot verander as die nie gaan verander nie! Die buiteland moet hoor hiervan mense,jul word stil stil uitgemoor!!!
Miskien moet die boere ophou Boer veral die mielie boere ,laat die pap opdroog,laat die stapel voedsel van Afrika opdroog of hou oeste terug ,verkoop aan buiteland daar moet n manier wees en miskien as die res eers begin besef wanneer die kos opraak dat die boere belangrik is vir die land sal hul oe oopgaan! Daar moet swaarkry wees wat almal sal voel… “STOCK UP AND ENDURE”.

Maar om te wag vir n Zimbabwe gaan ok nie help nie en dit kom! Die blankes van Zim kom darem terug Engeland toe vlug!
Drastiese stappe mense,maar dit Sal mos nie gebeur nie want elke Afrikaner Boer staan maar eerder op sy eie mishoop en kraai alleen! EK wonder of na nog so 10 000 wrede blanke’Afrikaner moorde wat kom oir die volgende paar jaar of ons maar nogsteeds sonder optrede en agteroor gaan sit en se dit het my nie getref nie hoekom bekommerd wees. Eerder gerieflik leef as doodgaan lyk my die prioriteit…Staan op Staan op oe slapende blanke Afrikaner nasie!

staansaam ·

Ek wil graag weet of dit sal beter wees om van die afrikaners wat in plakkerskampe woon miskien werk te gee en hulle op die plase te laat woon. Sal dit miskien help?

Eend ·

Dit sal beslis help want groter groepe is moeiliker teikens.

Daan ·

Ons moet strategies begin dink.Nou het hulle die verrassingselement,ons moet hulle een voor wees.Dra ook peppersproei ,die kleintjie effens groter as ‘n lipstiffie, by julle en ‘n Tazer. Ook ‘n alarmsisteem met ‘n remote paniekknoppie om jou nek of in sak.

Jacques ·

Ek se nogsteeds die boere moet taakspan stig wat die goed ondersoek.Vind uit wie die aanvallers is waar hulle vandaan kom en als.Sodat as dit die goverment is daar trail is.Maak weeklikse programme op internet en hou mense op hoogte.Bou ook stelsel wat mense waarsku in ongewing as daar aanval was.As ons wys ons is besig om iets te doen aan saak gaan daar miskien meer gedink word.Ek glo dis georganiseerde misdaad hierdie.

Suzie ·

Ek dink dis tyd dat die BOERE foto’s die hele wereld rond stuur van die moord aanvalle sodat daar gesien kan word wat gebeur hier in SA.

Jan ·

Kan een van die burgerlike organisasies vir my sê wat het van die plaasaanvalle, wat kamma as priotiteitsmisdaad verklaar is, geword? Ek het net die berig ‘n tyd gelede gelees toe dit met groot fanfare aangekondig is, maar daarna nie weer ‘n woord gehoor nie.

Wat beteken dit dan om plaasaanvalle as ‘n priotiteitsmisdaad verklaar word, kan iemand help?

Dit is mos nou reaktief optree na die daad gepleeg is, al wat dit vir my sê is dat die ondersoek kry nou prioriteit. Maar daar is mos nog geen voorkomende planne nie. En die regering en polisie vee hulle in alle geval aan die prioriteit af.

Nou wat vorentoe, het iemand ‘n antwoord?

Jan ·

Maroela, ek het so ses sewe uur gelede en so pas weer ‘n kommentaar gestuur oor plaasmoorde wat ‘n tyd gelede as prioriteitsmisdaad verklaar is, maar julle vee julle daaraan af. Kan julle die aub plaas? Ek vra julle mooi. Dit is nie vulger nie, dit is nie aanstootlik nie, dit tas nie mense se menswaardigheid aan die, dis nie rasisties nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Jan

Dankie vir jou navraag. Ek bevestig graag dat vier van jou kommentare op dié berig wel verskyn.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Carmen ·

Wil net vir julle se as Angus Buchanan duisende boere bymekaar kan kry dan kan dit gedoen word om kommandos te stig en voirkomende aksie te reel teen hierdie moordenaars. N oog vir n oog. Moet nooit gemaklik raak nie mense. Wees bewus van jou omgewing en maak seker jy is gewapen.

Gideon ·

Ek is bevrees dat ons kan begin om getalle van vermoordes soos renosters bekend te maak!! Ons sal dit iewers moet begin bekendmaak!! Hoekom begin ons nie ‘n museum van aldie moorde nie? Buitelanders kan dit dan besoek, en so die wêreld indra!! Ons moet net iemand met kennis kry om so museum te bestuur!

Johannes Meintjes ·

Jammer oor die voorval. Lyk my mens moet maar dieselfde dinge probeer deel, oor en oor en oor terwyl ons mense daagliks doodbloei, fisies en ekonomies. Gemeenskappe moet saamstaan. Bure moet onderling reaksieplanne uitwerk. Burgers moet gewapen loop. GPF/ buurtwag inisiatiewe moet ook in streke en nasionaal kan kommunikeer om tendense en patrone van misdaad te vergelyk. Die “swart mafia” sisteem waarby politisie en die ekonomie ook betrokke is, mag nie onderskat word nie, – so ook nie die volksmoord motief op blankes en plaasboere nie. Die blanke Afrikaner en die Boerevolk staan voor God aangekla oor die apatie en die Groot Versuim, wat in die klubsoortige en Roomsgerigde kerke begin het. Ons bid dat die Boere-Afrikaner Volksraad se internasionale voorlegging rondom selfbeskikking inslag sal vind, terwyl ons vinger trek met Plan B en selfbestuur.

chris ·

ek sien daar is 1 kommentaar wat vra waar gaan ons n leier kry glo my
ons het 1 dis n man genaamd oud col jan breytenbag as blankes moet
ons hom die mandaat gee om n privaat komando te ontplooi en in om
in bevel te staan manne wat hom en sy vermoe ken sal saam stem

Donovan ·

Dan word ons weer soos met Constant Viljoen uit verkoop… Nee wat ek vertrou die mense lankal nie meer nie… Die dag wanneer ons bymekaar kom, soek die infanteriste se Samajoor tussen julle en wees verseker HY sal julle goed ly op die oorlogs pad… die res van die goed kan net boardroom politiek praat en gaan ons weer in die selfde strik lei as Constant… ons was reg vir oorlog in 1994 en ons het die resaurces gehad en nou het ons net ons persoonlike wapens en beperkte amunisie… leer skiet en skiet om dood te skiet, jy kan nie patrone mors nie… en n dooie kan ook nie praat nie… basics van jou infanterie opleiding… man ek sien uit na die oorlog… hierdie gaan n easy fight wees… 5 hardloop weg vir n boervrou en haar honde… wat nog as daai boervrou n geweer in haar hand gehad het…

casper ·

Kerels wanneer gaan ins die ding vasvat , opstaan en self iets doen. As julle hulle vang verwyder uit samelewing. Swartes stenig mense in hulle ei geledere wanneer hulle vang en saar kom nims van. Ek weet wit teen swart is iets anders maar iewers sterf iemand dan as helde. Ek voorspel dat die Clu Clux Clan baie vinmekort in die land gaan begin opstaan en die elemente ook begin uithaal. Strate en agelee areas moet patroleer word met drones en infrarooi kameras was beweging optel en monitor op en in plaas gebiede en dien ooreenkomstig reageer.

Stuur regtig drines in die landelike gebiede in op naglike basis en sien hoeveel rondlopers jy optel.

HOEVEEL ONSKULDIGE MENSE MOET NOG STERF.

Lala ·

Nog een… Ja.. Dankie Malema… En glo my ons gaan nes met al die ander niks weer hieroor hoor nie… Nee… Die doodskis storie en die FB post is nou top nuus…. Belaglik!

Theresa ·

Bloot die bewys waarvan die meeste bohaai gemaak word in die media, spreek boekdele van die prioriteit om ‘n wig tussen die groepe in te dryf. Daar word hard gewerk om geen versoening te bewerk nie. Daar word werklik als ingesit om minder nog minder te maak.
Dan, wanneer dit by ons boere wat boer kom: Ek glo meeste is wel paraat. Maar hoe paraat kan jy wees terwyl jy werk? Dis mos pure oorlog as mens in jou ontpanningstyd paraat moet wees? Dis oorlog as jy paraat moet wees in elke stap van jou lewe – tuis, op straat, in die winkels, oppad iewers heen; oppad terug huistoe. Daar is sekerlik (my opinie) reeds oorlog aan die gang. Ek weet net nie watter naam om dit te gee nie.

Isabel ·

Ons mag onsself nie verdedig nie. Ons mag niks se nie. So nou Vader U wat alles sien en vir wie niks onmoontlik is nie vra ons nou in Jesus Naam om in te gryp. Ons plaas hulle in U Hande. Neem U die Wraak. Amen.

Elza ·

sigbare polisie en sekuriteite kan dalk die antwoord wees….polisievrou het mos gese dat hul “blou gaan wees die feesseisoen”…. betroubare opgeleide mense wat hul roeping uitleef….ek glo daar is genoesame manne en vroue met die nodige kennis en wat waaksaam sal wees in elke gebied, polisiekantore moet maar op hul voete sibaar word

Annatjie ·

Jou probleem op ‘n plaas is dat die plase is groot en daar is hope wegkruip plek. Jy kan tien meter van hom af verby ry en jy sal hom nie sien nie. Ek glo die enigste behoud is om kommunikasie tussen boere ingestel te kry. ‘n Alarmstelsel wat met al jou bure gekoppel is. Ja jy kan gewapen beweeg maar hulle is lafaards. Hulle wag jou om ‘n hoek in of val van agter af aan. Ongelukkig is daar sekere boerdery bedrywighede wat jou noop om na sonsonder buite toe moet gaan en dan wag hulle vir jou. Ons is almal maar afhanklik van die Here se genade. Ek stem saam ons moet baie beslis meer waaksaam en paraat word

Quentin ·

Die hartseer van al die planne is die getalle wit mense wat nog in SA is teen di res van die populasie. Ons is tans minder as 10% teen n oorgroot meerderheid. Man teen man sal ons kan staan en veg maar vir hoe lank. Dit maak my boos om te weet ons hande is so te se afgekap, ek glo almal voel ons moet veg en glo my ek sal veg, maar wat gebeur met ons vroue en kinders wat gan agterbly in die hande van SA. Jammer om te se maar muskien is Bok van Blerk reg as hy sing “dis tyd om te trek” muskien nie iets wat almal wil hoor nie maar dalk die werklike realiteit.

Sonya ·

Kom ek vat jul n wet dat dit nou weer 1 van die man se eie werkers was sy tuin werker… sele ou storietjie oor en oor! 1994 my pa vermoor op sy plaas vir wat??? Nee wat daar altyd n inside man iewers betrokke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.