NW-boere fnuik ‘rowers’ en polisiebeampte

Argieffoto

Ses verdagtes, waaronder ʼn polisiebeampte, is tydens ʼn gesamentlike poging deur boere van die Wolmaransstad-omgewing en die polisie vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg aangekeer.

Lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het Donderdag gesê die verdagtes, almal mans tussen 24 en 52 jaar oud, is Dinsdag op ʼn plaas in die omgewing aangekeer.

“Die polisie is ontbied nadat ʼn verdagte Volkswagen Polo met ses insittendes deur boere opgemerk is. Vyf insittendes het weggehardloop toe die voertuig voorgekeer is,” het Makau gesê.

“Die boere het reeds ‘n 24-jarige verdagte aangekeer toe die polisie by die toneel opgedaag het. Twee van die verdagtes wat weggehardloop het, het hulself op die toneel aan die polisie oorgegee.” Die ander drie verdagtes is langs die N12-pad in hegtenis geneem waar hulle geryloop het.

Die polisie het die verdagtes se voertuig deursoek en op ʼn bloulig van die polisie, boeie, forensiese sakkies en twee onwettige vuurwapens afgekom.

“Verdere ondersoek het vasgestel dat die 52-jarige verdagte ʼn polisiebeampte is wat in Gauteng werksaam is. Hy was na bewering ook in besit van ʼn polisie-aanstellingsertifikaat.”

Die polisie het tydens inhegtenisnemings beslag gelê op altesaam drie vuurwapens.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn op aanklagtes van sameswering om ʼn huisroof te pleeg en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris van Noordwes, het die boere en polisie geloof vir hul goeie samewerking en vinnige reaksie wat tot die verdagtes se inhegtenisnemings gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jos ·

Daar was goeie samewerking tussen die plaaslike boere en SAP tydens die hakkejag operasie waartydens die vermeende rowers arresteer is. Die polisie se honde eenheid asook hul lug vermoee het n deurslaggewende rol gespeel wat tot die arrestasies gelei het. Pluimpie vir ons Boere asook die SAP

A ·

Asof dit normaal is vir n boer om te boer EN polisieman te speel… maar ja ek weet ons KAN dit alles doen!

Willie van Zijl ·

Uiteindelik word besef dat daar SAPD beamtes help om te roof en misdaad te pleg en sodoende die “goeie” SAPD lede moedeloos maak en ‘n swak naam gee.

Johanna Botha ·

Ek wonder net of hulle nie ook gaan ontsnap uit polisieaanhouding soos al so BAIE keer gebeur het nie …sal nie my asem ophou nie

Niel ·

of die saaknommer/saak/bewyse etc raak verlore en dan as gevolg daarvan.. word die saak uitgegooi :(

Shane ·

en daai polisieman gaan net so terug werk toe gaan, gaan niks met hom gebeur nie. Hulle almal gaan net n raps oor die vingers kry, hulle het mos maar net rondgery

SêNet71 ·

Alternatiewelik sal hy geskors word hangende ondersoek, welke ondersoek nooit afgehandel gaan word nie, maar natuurlik ook met volle betaling. Hy sal dus by die huis sit, soos heelwat van die ander staatsamptenare of hoë profiel persone wat hulle skuldig gemaak het aan korrupsie, vir maande en jare wat kom en ons belastingbetalers betaal sy salaris. En op die “side line” gaan hy voort met sy rampokkery. Lekker man, lekker. En wie het gesê misdaad betaal nie?

ek ·

As hul vuurwapens gehad het is dit sameswering tot moord en roof! Nie net roof nie!!

Jaco ·

Wel gedaan aan die boere en almal wat betrokke was. Goeie werk en hou so aan. Stel voor die name van die beskuldigdes word oral gepubliseer op sosiale media met foto’s. “Name and shame”.

Jos ·

Daar was goeie samewerking tussen die plaaslike boere en SAP tydens die hakkejag operasie waartydens die vermeende rowers arresteer is. Die polisie se honde eenheid asook hul lug vermoee het n deurslaggewende rol gespeel wat tot die arrestasies gelei het. Pluimpie vir ons Boere asook die SAP

Daladin ·

Hulle moet aangekla word vir sameswering om moord the pleeg en the verkrag! ons almal weet wat sou met die Boer en sy brou gebeur het as hul nie vas getrek was nie!!!!!!

vermeende ·

almal van ons weet hoe hulle huisbrake eindag nou hoekom is die aanklag dan nie eerder poging tot moord nie

Theresa B ·

Dis mos nou hoe dinge gedoen moet word. Wys bietjie die SAP hoe dit werk.

Martins ·

ons as afrikaaners het niemand om ons te beskerm nie, veral nie
polisie nie.moet vir mekaar uitkyk.

Adele ·

Dit is juis oor hierdie tipe ongeloof in God as ons ENIGSTE beskermer wat die “Afrikaners” het waar hulle tans is!
‘n Klaende, murmurrerende ongelowige, verdeelde volk!

Vic ·

Adele, en dis juis die soort van houding wat mense verhoed om hulleself te beskerm. God helps those who help themselves……

Rob ·

Daar het jy dit – SAPD is die grootste georganiseerde misdaad sindikaat.

Tina du Toit ·

Welgedaan aan die Boere. Dit verklaar hoekom party aanvallers vry rondloop, want sy maaitjie wat die wet moet toe pas is kop in een mis. Hoop julle loop elke keer julle rieme vas teen die BOERE.!!!!

A** ·

@Adele, ek stem 100% met jou saam! Al hoe ons hierdie dinge kan oorwin is as ons terug draai na God toe.. net soos die ou boere destyds het. Wie onthou nog Gelofte dag? meeste van ons kinders weet nie eers van hierdie goed nie, dan vra ons hoekom dit gaan soos dit gaan.
Ons het te maklik te vinnig vergeet….

hendrik ·

Gaan daar nie gese word dat daar nog nie n misdaad gepleeg is nie en kan nie vervolg word op gronde van sameswering nie.

rika ·

Die artikel in die burger se dat een van die anders verdagtes die prokereur is van Julius Malema, weet nou watter berig is korrek nie, maar dit laat dink en baie vlaggies flatter.

lisaan ·

Natuurlik gaan hul raas kry, nie omdat hul rampokkers is nie, maar omdat hul gevang is.

Neville ·

Hendrik daar is mos n misdaad gepleeg. Hul was in die besit van onwettige vuurwapens. Dan moet mens darem seker ook nie vergeet dat een van hulle dalk sal sing nie.

Danie ·

Neem in ag dat `n baie groot hoeveelheid “polisie beamptes” in plakkerskampe woon. `n Misdaad nes. Wees eerlik `n groot geddelte van die “polisie beamptes” voer `n veldtog teen ons volk. Dit is so jammer dat die meerderheid hierdie waarheid ontken en die minderheid beskaafde landsburgers haat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.