NW-botsing eis drie

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Drie mans is dood en ses mense is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Sondag in Klerksdorp in Noordwes omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, sê die bestuurder het glo beheer oor die bakkie verloor, waarna dit omgeslaan en begin rol het. “Van die passasiers is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger,” het sy gesê.

“Die drie mans, in hul twintigs, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die ses mans wat beseer is, het geringe beserings opgedoen en is na die Tsepong-hospitaal geneem vir verdere waarneming.”

Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.