NW gaan voort met Zuma-standbeeld

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die Noordwes provinsiale regering gaan voort met sy planne om ʼn standbeeld van pres. Jacob Zuma naby Groot Marico op te rig.

Premier Supra Mahumapelo het tydens sy provinsiale rede gesê die oprigting van ʼn standbeeld vir Zuma is deel van die “erfenisbevrydingsroete”.

“Zuma is in Groot Marico in hegtenis geneem terwyl hy op pad landuit was om teen apartheid te veg. Ons kan nie Suid-Afrika se geskiedenis uitvee nie. Ons wens die polisiebeamptes wat hom destyds in hegtenis geneem het, wil na vore kom sodat ons hierdie stuk geskiedenis kan bespreek en bewaar.”

Volgens Mahumapelo is daar reeds in 2009 besluit om mense wat vir vryheid geveg het te eer en dat sy administrasie dit nou toepas. “Ons gaan die families eer wat vryheidsvegters gehelp het toe hulle in ballingskap gegaan het. Ons wil met diegene wat nog leef, praat sodat ons oudio- en visuele opnames het van die historiese gebeurtenis.”

Zuma en ʼn groep van 45 uMkhonto weSizwe- (MK-) rekrute is in 1963 naby Groot Marico in hegtenis geneem toe hulle landuit probeer vlug het om elders militêre opleiding te ondergaan. Zuma is tot tien jaar tronkstraf gevonnis en het dit op Robbeneiland uitgedien.

Die DA het die Noordwes provinsiale regering erg gekritiseer oor die besluit om ʼn standbeeld vir Zuma op te rig. Volgens die DA moet die geld eerder aan dienslewering bestee word.

Volgens die provinsiale regering is daar egter talle voordele aan die oprigting van die standbeeld aangesien dit as ʼn toeriste-aantreklikheid sal dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johann ·

Wat val mens op as jy na hom kyk? Ek hoop hulle beeld die realiteit uit. Los nou maak die pak en die das uit.

johan ·

Ek is bevrees,die ANC roem net op hul verlede en beduiwel ons hede en toekoms. Maar ek glo hul.sal in 2019 van die politieke radarskerm verdwyn, want hul weier om ekonomiese realiteite te erken en vertroetel liewers politieke idealisme. Hul is besig om presies dieselfde paadjie te loop as die destydse np!!

Johann ·

En hoe gaan hulle die ‘he he he’ uitbeeld? Dalk die ‘he he’ wat in goudgegiet wolkies aan drade bokant die kop in die lug sweef.

pieter ·

Dit terwyl jou eie mense doodgaan van die honger en werkloosheid in jou provinsie kom by mnr die Premier. O ja vergeet hy kry mos groot salaris so hy worry nie oor die mense nie.

wdp ·

En onthou om sy stortkop ook ook aan te bring. Ek is seker die EFF gaan sey beeld in vrede los…he he he

Johanna Botha ·

Dit gaan SA se monument wees wat ons verval, verdeeltheid.en agteruitgang presies gaan uitbeeld ….wat het die man nou eintlik opgebou in sy tyd …noem asb net een ding?

tom ·

Bou liewers n standbeeld van my hond as van zuma my hond pas my op hy het nog nooit iets gesteel van my hy,s betroubaar

Joe Olivier ·

Die vorige regering het gelukkig damme en ander infrastruktuur gebou met die belastingbetalers se hardverdiende geld. Hierdie c anc er ken net van mors en selfverreiking.

petro ·

Ek kan nie verstaan hulle roem so daarop dat hulle na die kiesers luister nou hulle wil nie n standbeeld van783 he nie hou op om ons geld te mors laat hy en die anc daarvoor betaal hy verdien genoeg om sy eie standbeeld op te rig hulle het geen benul hoe om te begroot nie weet net van mors

Danie ·

Hel kan ons dan nie vir Joost van der Westhuizen ook ń standbeeld op rig nie asb hy was ook ń hero en legende

Chris Ws ·

‘n Toeriste aantreklikheid?Hulle wat die beeld wil oprig leef in ‘n droom.

Hennie ·

Ai as zuma nou nog op Robbineiland was, was Suid Afrika dalk nou n beter plek!

Johannes van Staden ·

Afgesien van die koste kan ons maar weet dat sekuriteit baie geld gaan kos vir die beeld …baie meer as enige inkomste van toerisme…net nog n bodemlose put waarin belasting gelde gaan verdwyn

Johann ·

Hulle moet maar ‘n standbeeld soos oom Paul sin oprig met al 45 manne wat om hom sit en hê hê

piper ·

ek is al oppad met my verf . daardie standbeeld het nie n kans nie. ek sal persoonlik n beweging stig wat die standbeeld se bestaan onmoontlik sal maak.

AL ·

Selfs die swart inwoners verkies eerder dat daardie geld aangewend word vir werkskep.

thelsa ·

Gelukkig is dit beeswêreld. Daar behoort genoeg beesmis bymekaar gemaak kan word vir die standbeeld

Voorstel ·

Sou Madame Tussauds ook belangstel vir ‘n wasbeeld? Ek twyfel . . .

Ouvrou ·

Ek lag my pap. Watter toeriste. Zim of botswana of nigerië. Maar is reg. Rig n 5meter hoë een op sodat sy eie mense kan sien, hiers die man wat ons die afgrond in gehelp het.

FM ·

Ek dink NW se mense sal eerder die standbeeld sien as n simbool van selfverryking. Nogal n toeriste aantreklikheid of om toerisme te bevorder!O my soul!!!

Niccy ·

Belaglik, hy is ‘n bespotting op twee bene…. hoop net hul maak sy impi rompie lank

Ploumie ·

Aardrykskunde probleem? Vlug na Groot Marico om land uit te gaan? Wiskunde, Aardrykskunde, Geskiedenis nie sterkpunt nie miskien drama, sang, dans en se……

Lennie ·

Nee, dit sal nie toerisme bevorder nie. Gebruik die geld en gee vir die armes kos en werk.

Piet ·

Hulle kan nie spel nie hulle wou se terroristiese aantreklikheid wat n skande 6m hoe standbeeld wat korrupsie en gerigheid en haat teenoor blankes uitbeeld hy kan nie tel nie dink 6 miljoen is 6 duisend rand noordwes se paaie is vol groot potholes daar is nie dienslewering nie swart mense bly nog steeds in sinkhokke daar is nie werk vir die mense nie maar die swendelaar met 783 klagtes teen hom kry n standbeeld die guptas gaan dit seker finansier vir al die geld wat hy vir hulle gegee het die guptas tel mos onder die 10 rykste mense nou in SA danksy ou zuma hulle het in die land ingekom in1995 met niks net n paar koffers met klere hulle het nie daarvoor gewerk nie alles by die argitek van korrupsie verniet gekry ek hoop hulle bou daai standbeeld van beesmis

t ·

Psalms 106:20
Hulle het die magtige teenwoordigheid van God verruil vir die beeld van ‘n bees wat gras vreet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.