NW-gesondheid hoes vir mediese eise

stetoskoopDie departement van gesondheid in Noordwes het die afgelope vier jaar glo meer as R40 miljoen uitbetaal aan mediese eise en ʼn verdere R30 miljoen rand aan regskoste.

Die DA in die provinsie het gesê die getal hofsake het van 27 in 2011 tot 53 vanjaar gestyg. Die party sê dit is ʼn aanduiding dat die departement se nalatigheid byna verdubbel het.

Dr. Tutu Faleni, die DA se gesondheidswoordvoeder in Noordwes, het gesê die probleem kan aan ʼn tekort aan fondse toegeskryf word…

Volgens die departement het die eise toegeneem weens samespanning tussen pasiënte, hulle regsverteenwoordigers en hospitaalpersoneel. Verpleegpersoneel steel glo pasiënte se lêers of verdoesel dit sodat die hospitaal geen voet het om op te staan as daar met litigasie begin word nie.

Adele van der Walt, ʼn prokureur wat in mediese nalatigheid spesialiseer, het gesê verbruikers is deesdae meer ingelig oor wat hul regte is…

Die bydrae is saamgestel deur PretoriaFM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Altyd iemand anders se skuld.
Jan van Riebeeck se sieketrooster het beter gevaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.