NW-man met pangas doodgekap

Argieffoto

Argieffoto

Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man naby Rustenburg deur ʼn groep mense met pangas doodgekap is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Donderdagmiddag in Marikana gebeur. Die groep het die man glo met skerp voorwerpe en pangas aangeval. Hy is op die toneel dood.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en word ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie,” het Mokgwabone gesê.

Supra Mahumapelo, Noordwes-premier, het die voorval veroordeel en dit as ʼn “hartelose, opsetlike en sinnelose aanval” beskryf. “Dít was opportunistiese kriminele optrede en ons doen ʼn beroep op die polisie om geen steen onaangeroer te laat in hul ondersoek nie,” het Mahumapelo gesê.

Hy het ʼn beroep op die inwoners van Marikana gedoen om die polisie van inligting te voorsien wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges sal lei. “Moordenaars het geen plek in ons samelewing nie. Hulle moet aangekeer word sodat hulle die volle mag van die gereg in die gesig kan staar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elsie ·

Die oorledene is beslis nie blank nie want nou moet almal inspring om die moordenaars te kry. ”Moordenaars nie plek in ons samelewing nie?!” Groot grap want dit hang af wie hulle vermoor. Doen dit met elke liewe moord en laat die skuldiges boet!

Tiger ·

Koreksie,hulle is nie mense maar lewede wesens.Mense doen nie sulke barbaarse dade nie!

Cherokee ·

Hou kop. ‘n Polisieman se woorde is gekwoteer. Nie moeilik om te verstaan.

Ancara ·

Wat kry hulle vir al die sinnelose moorde?Deesdae is die duiwel orals.

vytje ·

Hartelose, opsetlike en sinlose aanval. Daardie bewoording het ek nog NOOIT by `n blanke persoon of `n Boer gehoor wat VERMOOR word nie.

Nel ·

En so gee hulle hulself weg. Ek kan ‘n brief gee dat daar ‘n stadige maar seker etniese suiwering van die blankes in die RSA an die gebeur is.

Johan ·

Dit klink soos mobjustice…….as hulle vermoed hy het gesteel, gemoor en verkrag het? Nou hoekom jaag hulle hom nie die skrik op die lyf nie deur hom in n kis te plaas en dreig hulle gaan hom brand nie…….maar maak hom nie dood nie…..NEE dis onaanvaarbaar en dalk rassities………O jammer dit was swart op swart dit kan nie rassities wees nie………O nee dis better slaan hom dood met pangas die mos aanvaarbaar kultureel en in ons samelewing……..ek moet sê die vilk is baie baie slim gewees deur dat hulle dit nie op video geneem het nie……baie baie slim………

Dirk ·

Moordenaars moet gehang word,dis al hoe hulle uit die samelewing verwyder gaan word..

Wim Kotze ·

Dit kon erger gewees het. Die “groep” kon hom in ‘n kis in gedwing het.

Louwrens ·

Jy is reg Wim. Kon hom in n kis dwing en dan n Whatsup daarvan aan die wereld gestuur het. Dan sou hulle turf darem gesit het ne…?

Johan Likkewaan ·

Lyk my mob justice was sterk gewees.
Inwoners raak keelvol en sorteer sommer self uit in die plekke. Jy jaag aan, hulle vat jou slagpale toe. Polisie vra deesdae nie eers meer vrae as hulle lyk in lokasie moet gaan haal nie. Hulle kan nie almal arresteer nie, maar ek hoor hulle vra soms wie het eerste geslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.