NW-man vas ná gru-moord op ouers, susterskind

Forensiese kenners op die moordtoneel. Foto: SAPD

Forensiese kenners op die moordtoneel. Foto: SAPD

ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy ouers en susterskind vermoor het en ʼn dag later saam met die liggame in sy ouers se huis aangetref is.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige man het na bewering Sondag sy ouers, albei 66 jaar oud, en sy suster se sewejarige seuntjie vermoor. Die polisie is egter eers Maandagaand na die toneel ontbied nadat die verdagte se suster by die huis in Mothutlung in Noordwes opgedaag het.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het ons die drie bebloede liggame in die huis aangetref. Die slagoffers is vermoedelik met ʼn handgewig doodgeslaan,” het Ramaloko gesê. “Die verdagte was ook by die huis en besig om te drink. Hy was vermoedelik sedert die moord saam met die liggame van die oorledenes in die huis. Hy is op die toneel in hegtenis geneem.”

Forensiese kenners was Dinsdagmiddag nog op die toneel om die huis vir bewyse te fynkam. Ramaloko het gesê die motief vir die moord is in hierdie stadium nie bekend nie, maar sal deel vorm van die polisie se ondersoek. Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die GaRankuwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan ·

7jaar oud ons is seker die enigste land waar so veel kinders vermoor word.

Stephan Maritz ·

Ek wil net seker maak, maar volgens wat ons gehoor het was dit ‘n dogtertjie… So hartseer…

Genis ·

Donker berigte, die een na die ander. Ek haal my hoed af vir Maroela se joernaliste wat die nuus moet vertaal en verwerk, al word ek soms vies as julle mens se kommentaar uitvee. Julle verdien ‘n vakansie, iewers waar dit lig en mooi is.

SNEL ·

Ek stem Genus, dit moet vreeslik wees om elke liewe dag met sulke goed te werk. Dit vat aan ons as lesers, hoeveel te meer word die mense wat dit sien, nooddienste, ambulanse en verslaggewers nie daardeur geraak nie, en dit hou net nie op nie. Dankie Maroela dat julle ons deur dit alles altyd op hoogte hou van wat aangaan. Julle is tops!

Dis vreeslik wat weereens hier gebeur het. Kry die dogter/suster vreeslik jammer, sy het haar ouers en kind op een slag verloor en sy het nog op die toneel opgedaag en hulle so sien lê in die bloed. Ai, so onnodig en die ou kleintjie, nog so jonk, maar n mens se eie ouers te vermoor. Net bly hulle het hom gevang, hoop regtig hy sit lank.

pop ·

Mnr Zuma, het julle ooit sulke berigte in die apartheid gesien. Hoekom sien ons dit nou?? Kettings is af lyk dit my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.