NW-premier vra vir kalmte in Coligny

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (Mei 2017). Foto: ANA

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het gevra vir kalmte in Coligny nadat betogings opnuut opgevlam het met die borgtoguitspraak van twee mans van die dorp.

Nadat Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) Maandag op borgtog vrygelaat is, het ʼn vlaag gewelddadige betogings weer in die dorp begin met minstens drie huise wat aan die brand gesteek is.

Maroela Media het vroeër berig Doorewaard en Schutte staan tereg op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van Matlhomola Jonas Mosweu (16). Hulle is albei op borgtog van R5 000 vrygelaat.

ʼn Groot polisieteenwoordigheid is intussen in Coligny ontplooi, waar die situasie steeds gespanne is terwyl betogers eis dat Doorewaard en Schutte se borgtog teruggetrek word. Betogers meen die regstelsel is meer genadig teenoor “ryk wit boere” wat na bewering misdade teen arm, swart inwoners pleeg.

Mahumapelo het Dinsdag gesê ʼn “forum vir versoening, herstel en hernuwing” is in Coligny op die been gebring. “Die forum sal bestaan uit rolspelers in Coligny en sal poog om langdurige vrede en stabiliteit na die dorp te bring deur programme wat deel van die forum sal uitmaak,” het die premier gesê.

Polisiebeamptes wat in Coligny, Noordwes ontplooi is (Mei 2017). Foto: ANA

Mahumapelo se versoek vir vrede volg ná sy omstrede uitlatings Sondag by Mosweu se begrafnis waar hy gesê het die seun het gesterf “in die hande van wit mense”. “Laat daar geen verwarring wees oor die hande waaraan Matlhomola sy lewe verloor het nie. Dit was in die hande van Suid-Afrikaners wat Afrikaners in Coligny is. Die howe moet kyk hoe hy doodgemaak is,” het Mahumapelo gesê.

Mahumapelo het bygevoeg hy is nie ʼn rassis nie, maar “het ʼn probleem met wit meerderwaardigheid”.

Thabo Seadira, woordvoerder van die departement van justisie in Noordwes, het namens die departement die geweld en beskadiging van eiendom veroordeel. Hy het inwoners versoek om hulle van boendoegeregtigheid en vandalisme te weerhou.

Inwoners het Dinsdagmiddag voortgegaan met protesaksie en geëis dat Doorewaard en Schutte weer in hegtenis geneem word. Die N14-snelweg langs Coligny was onbegaanbaar nadat betogers klippe en ander voorwerpe op die pad gepak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Chris ·

Verstaan hom nou nie môi nie. Hy vra vir hom die kalmte, maar laas week hy praat saam op die TV, dit is die boere sê skuld . Hau bo, wat nou moet ons maak?

Penellope Jones ·

Nadat hoeveel skade aangedoen is, emosioneel, finansieel, enigiets, nou ewe skielik word daar vir kalmte “gevra”?
Kalmte moet afgedwing word. Dit kan nie langer so aangaan nie – die regering is te sag en te bang om te praat en op te tree en as hulle dit doen is dit op verkeerde tye en verkeerde metodes.

snoefie ·

due “wit ryk Boere” wat maar net werkers op n ander se plaas is, se borgtog moet terug getrek word, maar diewe, vandals en brandstigters moet in vrede gelaat word? regter foso, misdaad is misdaad. wat gaan jy doen?

Magda ·

Hioekom mag hulle nie borg kry nie – ONSKULDIG tot hulle skuldig bewys is – Julle gebruik net die saak om meer te steel en optogte te hou. NIKS met die kind se dood of Wit boere te doen nie.

Ek sekondeer! ·

Sy oproep om kalmte kom te laat nadat hy die dorp en die ekonomie verwoes het met sy aanhitsery.

Francis ·

SODRA DAAR NIE N BLANKE MENS NABY N ONGELUK OF EN IGE VOORVAL TEENWOORDIG IS NIE WORD DIT AS N ONGELUK BESKOU AL IS DIT MOORD WORD DAAR NERENS HUISE AFGEBRAND NIE ??????

JR ·

Gaan more bid in Coligny. Tot hiertoe en nie verder nie. Al is ek enigste een wat met Bybel in hand staan. God verdra nie onreg nie. Geen kant of kleur of ras se toe nie. Satan kom om te steel te verwoes en te moor. Nee. More is die dag. J

Leendert ·

Scalla, ek sien jy praat, ook die berig hier bo, van Supra, is sy naam nie dalk Suparra nie? Dié dat hy so ‘n klomp twak kwyt raak, ala Zuma. Ek dink ons moet die ou herdoop na Suparra Platanna.

Jakalas ·

Oh, so nou vra hy vir kalmte. Nou bietjie te laat maneer. Vroeër was hy min gepla. Hy het meer te sê gehad oor die verdagtes wat borg gekry het.

Pieter Ellis ·

Hierdie is die tipiese populistiese uitsprake wat die ANCircus nar maak wat die geweld aangehits het. Nou skielik vra hy vir kalmte. Dubbelsinnige stellings wat hom pas by die gehoor wat hy toespreek. Wil in die hoofstroom media as n vredemaker bekend staan, maar tussen die gepeupel word die rassistiese en opswepende taal gebruik.

cor ·

Nou moet hy mooi praaitjies maak nadat hy by die MRK aangekla is, want die wag voor sy mond het mos n draai geloop om die vuur aan te steek en o ja hy was verkeerd deur die pers aangehaal, dit was nie wat hy gese het nie.

Alta ·

Oo gits Humor, aangehits en omgeklits! Vra omverskoning. Vinngerfout.

Lee ·

Hy het klaar skade gedoen hy moet nie nou kom met stories nie!!

Cornelius du Rand ·

Gaan lees vandag se citizen. Dieselfde premier sê dat die NW regering saamstem met die gemeenskap dat die landdros (swart) verkeerd is en dat die twee mans nie borg moes kry nie. Hy bevestig dat die NW regering reeds besig is met ‘n appel. Hy bevestig verder dat hy teen Vrydag terugvoer sal gee aan die gemeenskap hoe die appel vorder. Hoe kan so ‘n eensydige houding tot vrede lei. Onmoontlik – die man haat duidelik wit mense. Dit is verder skrikwekkend wanneer die provinsiale regering begin besluit wanneer om te appelleer in staat sake. Daardie reg is sleg die van die direkteur van openbare vervolging. Waarom appelleer dieselfde regering nie in sake waar swart mense borg kry wat wit mense wreed vermoor het nie. Wit mense moet begin besef dat daar ‘n veltog gevoer word teen wit mense en dat die regering alles sal doen om wit mense te benadeel.

koos ·

Weet jy dan nie as ek n gehoor het en die kamaras is op my gefokus is dan is my tong los en ek se dinge wat hulle wil hoor anders word ek geboeeee.
Ek sal later die kaaiings uit die vuur krap as die vuur te warm word

Leeukuil ·

Waar en hoe kan ons help met die 2 manne se regsonkoste?

Johan v H ·

Is daar nie in ons wet wat mense soos Supra geldelike kan verantwoordbaar hou vir skade na sy uitsprake… Sienende dat hy die ” leier” van die provinsie is, en glad nie soos n verantwoordelike “leier” op getree het nie, en rasisme aan geblaas het. Want wat as die hof wat die “hoogste” gesag is in die land die beskuldiges onskuldig bevind? Ek is seker daar is slim wets geleerdes wat dit sal lees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.