NW-premier vra vir spoedige aksie ná plaasmoord

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het ʼn spoedige ondersoek van die polisie versoek ná die moord op Hanno Steyn (46) wat die afgelope naweek tydens ʼn plaasaanval in die Lichtenburg-omgewing doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig Steyn is Vrydag deur drie onbekende mans aangeval. Hanno en sy ma, Sagie Steyn (75), woon alleen op die plaas.

Die aanvallers het met ʼn onbekende voertuig op die plaas aangekom, Steyn oorval, hom met vuurwapens gedreig en in die huis in gedwing. Steyn en sy ma is met elektriese kabels vasgebind terwyl die verdagtes geld geëis het. Die aanvallers het Steyn in die kop geskiet voordat hulle gevlug het. Sagie het om hulp geroep en een van die plaaswerkers het haar te hulp gesnel en die polisie is ontbied.

“Ons moet nooit toelaat dat sulke kriminele optrede bepaal hoe ons in ons provinsie lewe nie. Ons doen ʼn beroep op die polisie om hierdie misdadigers te soek en aan te keer sodat die familie van die oorledene berusting kan vind,” het Mahumapelo gesê.

Mahumapelo het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die provinsie se versoenings-, genesings- en hernuwingsprojek te ondersteun wat daarop gemik is om gemeenskappe byeen te bring.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Alida ·

Uiteindelik na hoeveel moorde skrik die Premier wakker !!!!!!!!

cor ·

Huh waar val die premier nou uit , nou na die hoeveelste plaas aanval en moord in Noordwes, vra hy die polisie om spoedige optrede. Dit is mos elke keer die boer se skuld wil hy dalk he die polisie moet die propaganda as waar bewys ek wonder maar net die skielike ommeswaai.

Rve ·

Verander hy nou skielik van deuntjie? ‘n Paar weke terug het hy mense in Coligny aangehits om blankes uit te moor

al ·

As hy nie sulke rassistiese uitsprake gedoen het ñ ruk terug, dan sou dit nie nodig gewees het versoenings sessies nou nie! Hy het ñ man se dood op sy gewete.

Johan. H. ·

Supras jy het klaar jou ware anc klere gewys , Jy dink die wittes is dom,,, Jys gespur

Big daddy ·

Ek wonder maar net. Is dit nie omrede daai een boer sy gesin met n leeu moet beskerm teen terroriste en al die oorsese mediadekking wat daarmee gepaard gegaan het dat die knaap nou skielik vra vir aksie teen plaasmoorde?

al ·

Interessant het nie daarvan geweet nie. Dalk moet boere sommer slange en allerhande grillerige goed aanhou. Dalk ‘tokolossies’ opsit by elke dakpunt.
Ja-nee die supra something kry seker nou supra warm onder sy boordjie met die internasionale nuusdekking.

Nita ·

Ag foeitog wie probeer hy bluf. In die geheim klap hy sy hande. Hy sit nou net n show op.

Alida ·

PATETIES OM NOU IETS TE WIL DOEN. DIE VORIGE MENSE IS ALMAL KLAAR DOODGEMAAK DEUR KRIMINELE. HULLE KINDERS EN FAMILIE TREUR VIR EWIG OOR HULLE GELIEFDES. HOEKOM NOU IETS WIL DOEN?

zoom zoom ·

Hy se die mooi woorde maar hy bedoel dit nie. Plaas rig hy ‘n standbeeld op van ‘n boer.

sug ·

Ek dink wat hy eintlik daarmee bedoel is, “manne julle doen goed, sit agteroor en vat die week af”. Hy hoop maar die publiek lees dat hy bekommerd is. Hy is nie, hy juig oor elke blanke wat dood gemaak word.

Nettie ·

Mahomapel – jy is nes jou president ‘n tweegevreet jakkals! ‘n Paar weke gelede het jy die bloed van blanke boere geëis n.a.v. die Coligny-geval; nou vra jy dat daar ‘spoedige aksie geneem word’? Wat probeer jy bereik? Die boere se steun werf? Nee wat, ou broer – al hoe jy die boere se steun sal kry, is as jy daardie oop grense van jou provinsie, wat aan Zimbabwe grens, toemaak en ordentlik laat bewaak en dat jy, as premier van die provinsie, jou inwydingsooreenkoms nakom, deur te verseker dat die boere (nee, nie net die boere nie – ALMAL in jou provinsie) veilig kan slaap snags. Ek sê nou maar hierdie dinge sommer-maar-net (nie omdat ek dink jy lees enige iets op ‘ Afrikaanse forum soos dié nie (en veral omdat ek weet jy g’n jota of tittel kan omgee nie). Mens mag mos maar jou opinie lug, of nie?

Reti ·

Grote Griet!!! En die verandering van deuntjie? Hy dink seker almal is onnosel. Donkie stamp nie sy kop 2 keer nie.

Anette Steyn ·

Dit kom nou seker nadat ek hom verlede week in die parlement aangevat het oor sy uitsprake en die toename in aanvalle daarna. Daar was geen reaksie vanaf die ANC maar hulle luister blykbaar tog wel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.