NW-vloedskade beloop R100 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

Vloedskade in Noordwes beloop minstens R100 miljoen, het premier Thandi Modise Donderdag gesê.

“Alhoewel die finale ondersoeke nog nie afgehandel is nie, het herstelwerk aan die beskadigde infrastruktuur soos huise, brûe, paaie en duikslote reeds begin,” het Modise in ʼn verklaring gesê.

Elf mense is sedert Februarie in die provinsie dood weens weerstoestande.

Die Kagisano-Molopo munisipaliteit is die ergste getref waar 232 huise, ongeveer 280 km van die teerpad en vyf duikslote beskadig is. “Die besluit of die provinsie ʼn rampgebied verklaar moet word sal afhang van die uitslag van die finale assessering wat binne die volgende week afgehandel sal word.” Die Madibeng plaaslike munisipaliteit het reeds versoek dat hy as ʼn rampgebied verklaar moet word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cindy ·

Mense GROOT ASSEBLIEF Oscar was n held om na op te kyk, wil julle rerig steeds he julle kinders moet na hom opkyk? Hulle kan nie.En die nuutste nuus in Huisgenoot en die voorblad is als oor hom dis veronderstel om oor die natuur rampe te gaan nie net oor Oscar nie asb ons het nou meer as genoeg gehad van hom. Toe Dawid vir Goliat laat val het was hy nie eers “DIE VOORBLAD” van als nie skrik wakker mense julle konsentreer op die verkeerde dinge in die lewe!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.