NW-vrou ná vermoedelike inbraak vermis

[OPVOLG] Elsa Erasmus se liggaam is gevind. Lees die opvolgberig hier.

Elsa Erasmus. Foto: Facebook

ʼn Grootskaalse soektog na ʼn vrou van Noordwes is van stapel gestuur nadat sy Saterdag uit haar huis op ʼn plaas tussen Amalia en Vryburg verdwyn het.

Elsa Erasmus het vermis geraak nadat daar vermoedelik tussen 11:00 en 17:00 by haar huis ingebreek is. Volgens inligting wat op sosiale media versprei word, is Erasmus 74 jaar oud.

Hannes de Jager, eienaar van ʼn spoorsnymaatskappy van Hertzogville wat by die soektog betrokke is, het aan Maroela Media gesê Erasmus se familie het bekommerd geraak nadat hulle omstreeks 17:30 Saterdag haar nie telefonies in die hande kon kry nie. Iemand is na die plaas, waar Erasmus alleen woon, om ondersoek in te stel en het gesien dat die huis binne omgekeer is asof daar ʼn inbraak was. Erasmus se Toyota Hilux-bakkie was ook nêrens te sien nie.

Volgens De Jager is Erasmus se selfoon in die huis gevind. Haar WhatsApp-profiel dui aan dat sy 11:42 laas aanlyn was. De Jager het gesê ʼn grootskaalse soektog is van stapel gestuur en daar word tot in Kathu na Erasmus gesoek. Helikopters word vanoggend gebruik om vanuit die lug die gebied rondom die plaas te fynkam.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die saak bevestig nie. Maroela Media wag op meer inligting.

Erasmus se voertuig is ʼn silwerkleurige dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie met die nommerplaat HLH 018 NW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marisa ·

Hoe kommerwekkend!!! Ek kan nie glo dat daar nog altyd vrouens is wat braaf genoeg is om alleen op ‘n plaas te woon nie. Wat nog te sê as jy 74 is! Mag die Here haar bewaar.

johny_walker ·

hoeveel keer moet sulke dinge gebeur voor mense gaan leer om hulself te bewapen ?

barend ·

sover ek weet is dit n vry land almal is vry tot die terrorus

Maria ·

Baie jammer vir haar en familie, so iets altyd traumaties. MAAR ASSEBLIEF WIL DIE MENSE NIE PARRAAT RAAK NIE. KAN MET JOU OOK GEBEUR!!!!!!

Ernst ·

Ek hoor hulke het haar bakkie gekry op die Amalia lokasie pad sonder insittendes. Die soektog duur voort na die tannie en skelms. Ons kan net bid dat hulle haar lewend kry. Ja maar hoekom op daai ouderdom alleem op n plaas woon. Tragies

snoepie ·

Maklik om te sê; om nie op plaas te bly nie. Maar niemand wil plase meer koop nie. En wat maak jy met al jou diere. Dis nie so maklik om net te trek nie. Blyplekke in die dorp kos baie geld. En nie amal het geld vir n deposito nie. Dis nie net vir oppak en trek nie. En selfs familie kan nie meer altyd help nie. Die lewe het net te duur geword.

Wat van ...? ·

Sal dit nie help as mens ‘n organisasie kan stig bestaande uit ordentlike werklose mans wat patrollies kan doen op sulke plase waar julle weet iemand bly alleen nie. Soortvan ‘n lyfwag vir weerlose mense op plase. As vergoeding kry die lyfwag gratis kos en slaapplek op die plaas. Iets in die lyn. Daar sal meer as een moet wees sodat hulle in skofte kan werk. Dis net ‘n idee. As die model verfyn word deur iemand met goeie besigheidsin kan dit selfs uitgebrei word na ‘n 24/7/365 “lyfwagte vir renosters”-diens en so wildstropery help bekamp. Een lyfwag kry sê maar 4 gemerkte renosters wat hy moet dophou.
Daar is so baie werklose mense met goeie mentaliteit en beginsels, en so min hande wat help bou en beskerm.
As daar net finansiering is, en eerlike, professionele bestuur, kan “plaaslyfwag” bemark word as ‘n beroep met aansien en eer.
Die ideaal is dat dit nie die persoon op die plaas wat opgepas word te veel kos nie. Dit moet ideaalgesproke ‘n “gratis” diens wees. Die lyfwag word bestuur en betaal deur die organisasie.

Andrea ·

Ek stem 100% saam. Dis tog n praktiese voorstel. Afriform, kan jul nie so iets op die been bring nie?

J Becker ·

Daar is geen manier hoe ons persoon alleen jouself kan beveilig nie. Ons mense sal moet begin saamstaan .

Hanna Smit ·

Tannie Elsa is gevind, maar ongelukkig is sy oorlede. Ons harte gaan uit na haar familie en vriende. RIV Tannie Elsa

Ben ·

Die artikel se sy is 74jaar oud. Hoe verdedig n 74 jarige vrou haarself? Vra liewer waar is haar familie en gemeenskap?

Ernst ·

Ek bly op n plot en is ook nie meer baie jonk nie MAAR ek het baie goeie diefwering, sekuriteits deure ( nie game deure nie ) , groot honde en my 9mm is 24uur per dag aan my sy. My sekuriteits deure is gesluit elke dag en heel dag as ons in en uitgaan. Ek wil nie so lewer nie maar ongelukkige moet ons.Ek sien so veel keer dat mense op plase en plotte bly onder gevaarlike omstandighede sonder goeie beskerming en hulle weier om iets daaraan te doen nie. My oom en tannie was ook so en het altyd gese hulle weier om in n tronk te bly. Ons het hulle vorseer om die plaas te los en dorp toe te trek waar hulle minstens naby bure het. My oom in nou alleen in die outehuis. Ek het nou net gehoor hulle het Elsa se lyk gekry, voel baie jammer vir haar familie. My ienige simpatie aan hulle. By the way ek het in die Mau Mau tydperk in Oos Afrika groot geword, dit was erg.

Max ·

Mense moet hulle self beskerm en DIE DOODSTRAF MOET OOK TERUG KEUR!!! HOE LANK NOG MOET DIT AAN GAAN?

A ·

Sy is seker eers verkrag en gemartel ook. Zuma was mos in beheer van die martel kampe hy het hulle mooi geleer

Hennie ·

“Wat van” ek het al presies dieselfde voorstel gemaak en het nou by n oganisasie aangesluit en dit aan hulle voorgestel. Ons moet net iets uitwerk dit kan nie so voortgaan nie!

marie ·

Ek is ook n boervrou wat alleen bly, tot dusver gelukkig veilig. Die aanslag teen ons as boere is direk georkestreer ,dws die feit dat n ‘state of emergency’ kan uitgespreek word deur pres. Zuma, on hom dus volskaalse mag te kan gee om verder te kan steel, moor,plunder.

Ouma ·

Ek weet nie so mooi nie! Al hierdie boereplase se mense wat so uitgeroei word!! Dit klink vir my: asof die “moordenaars” dalk eerste aanspraak gaan he op die grond wat aan hulle ‘geskenk” word deur ons Hoofman van die ANC nie? Nadat hy die ok gegee het van “vat die land” maar stem vir my! Of?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.