NWK-vergadering: Zuma se lot steeds nie bekend

Pres. Jacob Zuma spreek die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) toe (9 November 2017). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die ANC se nasionale werkskomitee (NWK) se vergadering het tot laat Maandagaand aangehou – hulle het ure lank oor die lot van pres. Jacob Zuma besin.

Volgens ʼn verklaring wat die ANC uitgereik het, sal die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) nou Woensdag 7 Februarie vergader. “Onder die kwessies wat ter tafel gelê sal word, is die voorbereidings vir die staatsrede,” lui die verklaring.

Dié vergadering sal in Kaapstad gehou word, een dag voor die staatsrede.

Pres. Zuma het Sondagaand met hoofbeamptes van die ANC vergader, maar kon nie tot ʼn vergelyk kom nie. Dié vergadering het Maandagaand se NWK-vergadering tot gevolg gehad en hulle het toe besluit om die kwessie na die NUK te eskaleer.

Zuma se termyn kom eers oor sowat 13 maande tot ʼn einde, maar die druk op hom om te bedank neem die afgelope ruk skerp toe.

Daar is ook ʼn moontlikheid dat dekades lange aanklagte van korrupsie en rampokkery weer teen die einde van die maand teen hom ingestel kan word deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dirk ·

Ek kan nie verstaan toe Zuma bewind gesoek het, het hul net eenvoudig vir Mbheki gefire, nou wil hy met alle mag voorwaardes stel, dis mos belaglik. Hoekom is die ANC lafhartig en soebat hul Zuma so, hoekom fire hul hom nie ook soos hy met Mbheki gemaak het.
Wat geld vir een geld ook vir ‘n ander. wys maar net hul dubbele standaarde.

Theresa B ·

Iemand – kry tog nou net die man uit die stoel sodat ons kan aangaan om ons land en mense op te tel…………………………………….

Anoniem ·

Die ANC lyk al hoe meer na papbroeke wat Zuma nie kan vasvat nie. Hopelik beinvloed dit hul potensiële stemvee negatief in 2019. Zuma hang alreeds soos ‘n enorme klip om die ANC se nek te hê. Nou maak hulle dit erger vir hulsef.

cor ·

Skaakmat hy ken van skaak speel. Nou is dit weer die NWC wat n skuif moet maak en so sal dit aangaan tot na 2019. Intussen moet die land en sy inwoners bloei onder die Afrika diktator houding .Wonder wat se houvas het hy op een en elk van die NWC lede, groot mond agteraf maar as dit op stuk van sake kom bewe hulle vir hom.

Theresa ·

Mens noem die taktiek: voete sleep. Word slegs in sekere dele van die wêreld verdra. Hoogs frustrerend vir vordering.

Jacques Venter ·

Snoefi
Hierdie keer moet ek met jou saamstem. Die skapie.sal sorg.
Valke? Ek dag hulle is alger Dubai toe.
Dalk is die legende van phoenix tog waar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.