NWU besluit oor Theo Venter se uitlatings

theo-venter-nwu

Theo Venter, ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool. Foto: Theo Venter/Twitter.com

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het besluit om nie stappe te doen teen die politieke ontleder Theo Venter nie.

ʼn Herrie het losgebars ná Venter oudpres. Jacob Zuma se tyd as president met dié van apartheidsleiers vergelyk het. Sy uitlating is as rassisties bestempel.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het gesê die dekaan van die fakulteit van dié universiteit se sakeskool het met Venter in gesprek getree oor die uitlatings.

“Venter het erken daar is sensitiwiteit en morele kwessies wat verband hou met enige vergelykings tussen leierskap tydens apartheid en die demokratiese era.”

Jacobs het gesê die universiteit waardeer akademiese vryheid en die deelname van sy akademici in openbare diskoers, terwyl dit terselfdertyd verseker dat die waardes van die demokrasie deur alle lede van die NWU-gemeenskap gehandhaaf en gerespekteer word.

Venter het die uitlatings op 5 Junie tydens ʼn gesprek op RSG gemaak. Umkhonto weSizwe se militêreveteranevereniging het Venter se kop geëis ná die debatgesprek met dié organisasie se woordvoerder, Carl Niehaus.

Venter het gesê Zuma se sowat agt jaar as president was “waarskynlik” die swakste presidensiële periode in die land se geskiedenis en gesê hy sluit apartheidsleiers hierby in. Hy het na Zuma se bestuurstyl en die manier waarop hy die ekonomie bestuur het, verwys.

Niehaus het teruggekap en gesê dit is ʼn geweldige aanklag teen Venter self as hy bereid is om so iets te sê. Hy het gesê hy is absoluut geskok dat die politieke ontleder bereid is om ʼn vergelyking te maak tussen Zuma en apartheidsleiers en rassiste “wat absolute menseregteverkragting in Suid-Afrika gepleeg het”. Hy het verder gesê Venter se uitlatings is vir hom ʼn bewys dat hy nog nie “gerehabiliteer” is nie en aan die verlede vasklou.

Niehaus het daarna ʼn mediaverklaring namens Kebby Maphatsoe, die MKMVA-president, uitgereik en gesê om Zuma met apartheidsleiers te vergelyk, is nie net uiters onsensitief nie, maar ook ongebreidelde rassisme.

Die MKMVA het gelas dat ʼn amptelike ondersoek teen Venter ingestel word en dat die universiteit hom hangende die afhandeling daarvan skors. Die organisasie het ook gedreig om ʼn klagte van rassisme en haatspraak teen Venter by die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie in te dien.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het vroeër gesê enige aantygings wat gemaak word teen ʼn persoon wat met die universiteit geassosieer kan word, moet bekyk word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gevvarlik ·

Ag asseblief! Een van die dae gaan jy niks meer kan sê nie. Geen eie opinies mag hê nie, want die waarheid maak seer. Mense moet asseblief meer emosioneel volwasse begin optree en dinge debatteer waarmee hulle nie saamstem nie. Nie histereis met fake outrage reageer op enigiets wat ruik na kritiek nie!

Elred Ferreira ·

Ja ek sien jy mag net iets sê as jy die regering se diskoers ondersteun andersins moet jy jou mond hou.Ek sien gister op ENCA byvoorbeeld die aanbieder het eenvoudig geweier om MNET se bevinding te aanvaar oor die Ashwin kwessie,hy het feitlik daarop aangedring dit was rassisme.Ten minste kan n mens nie sê elke dag in hierdie derderangse Piesangrepubliek is nie interesant nie!

Hendrik ·

Kommetators moet maar net weier om saam mense soos Carl Niehaus in gesprek te voer. Jy weet dat so persoon se objektiewiteit verdag is.

Jordaan ·

Dit was nie “uitlatings” nie – dit was ‘n akademikus se evaluasie van die bestuursvermoe en ekonomiese vaardigheid van ‘n aantal leiers. Geen gek kan beweer Zuma se rekord is goed in die verband nie.

Dalene Lamprecht ·

Wat is nou rassisties aan Theo se uitlating? Dis mos die verdomde waarheid. So eienaardig dat die waarheid ontken word en dan geklassifiseer word as rassisme. Terwyl ander politieke leiers net kan sê wat hulle wil.

AmY ·

Ek is bly dat hy onskuldig bevind is.
Nog iets: Daar mag gesê word dat alles apartheid se skuld is, maar sodra ons sê dat dinge wat in die land verkeerd gaan, nié apartheid se skuld is nie, dan is jy in die moeilikheid…

Eish ·

Née wat dominee Niehaus, tot jou evangelie rehabiliteer ek my nie. Ek is in totaliteit verslaaf aan die waarheid.

thinus ·

En ek wil byvoeg dat die era van ANC regering die swakste is sedert kolonisasie. En as hul so voort gaan, gaan hul die grootste gemors in Afrika maak – ja selfs die Zim rekords breek!

kas ·

Wat my aanbetref het Venter net die waarheid kwytgeraak.Hy het ‘n klip in die bos gegooi en iemand (niehaus) raak gegooi en toe gooi die sy speelgoed uit die pram uit.Weereens ‘n bewys van jy mag nie op tone trap nie.

Johan Muller ·

Niehaus het gegaan vir die velkleur. As die velkleur anders was, was daar geen bohaai nie. PUNT

Dis so ·

Sjoe ek raak nou keelvol vir hierdie fyngevoeligheid van ons mede landsgenote. Flippit wat het Zuma dat almal hom so verafgod. Alle rede gevolge sin. Logika alles vlieg by die venster uit sodra zumpie se naam of sy afbreektyd net genoem word.

Liberaal ·

Polities korrektheid en die NWO is belangriker as enige waarhede volgens die liberaal demokratiese bestel, onthou dit altyd. Lyk my noordwes universiteit is sterker was wat ons gedink het, die globale elite hou nie daarvan nie.

rollie ·

Niehaus praat mooi en suiwer Afrikaans maar dis ook waar dit ophou.

jakes ·

Ag asb tog, Theo Venter en Helen Zille is aangespreek oor hulle die waarheid gepraat het. Ek vra graag vir Niehaus wat is sy posisie in die ANC? Hy het nog nooit opgang van enige aard gemaak behalwe om ons bloeddruk op te stoot en sy naam krater te maak.

Charles ·

Dank die Here tog Akademiese Vryheid en rasionaliteit het geseevier vir ‘n man WAT BLOOT NET DIE WAARHEID GEPRAAT HET DEUR FEITELIKE TEREGWYSING.

Dankie tog vir Potch! Pukke is darem lykmy nog nie gesink nie-hallelujah! Was dit by enige ander NWO geallieerde polities korrek, liberale “staats(ANC)indoktrinasie sentrum” (voorheen bekend as universiteite) was arme Mnr Venter se loopbaan daarmee heen.

Wanneer gaan die gekkespul ophou, en wat gaan nog alles gebeur voor volgende jaar se “algemene verkiesing”?

GAB ·

Ag sies tog!! Het die regeerend kinders n nuwe iets ontdek en nou tree hulle op soos n kind wat sy opinie wil af druk. Ek bly nog sê en sal dit nie terug trek dat die regeering n spul kinders is en groot moet word en nog moet leer om met volwasse mense te kan redeneer en gesels. Solank daai kinderagtige element daar in die regeering bestaan, sal hier altyd n twis in die land wees. Twis soortgelyk aan n tantrim in n winkel.

Hanna Hoekom ·

Waarheid maak seer… Zuma en sy gabbas was n verdomde verleentheid vir ons land en sy mense: wit en swart! Dis mos die waarheid.

leo ·

Mooi NWU – wyse besluit, want daar was niks rassisties omtrent Theo se uitlatings nie. Net mooi niks. Waarheid maak seer en Carl kon dit nie hanteer nie.

Casper Labuschagne ·

Vir dekades al besing Theo Venter die feit dat die “rassistiese uitsprake” van die regses ingeperk moet word. En hierdie afgelope weke was Theo Venter se eens gematigde spraak ook nou as rassisties beoordeel.

En hier is die ding, daar is of absolute vryheid van spraak of daar is geen vryheid van spraak nie. Om ‘n middeweg te probeer volg wanneer spraakvryheid op die spel is, beteken eenvoudig dat jy die spraak van die meerderheid sal moet herhaal en nie van die tema afwyk nie, so nie is jou kop op ‘n blok.

As jy werklik ‘n klassieke liberalis is, sal jy iemand ander se reg van spraakvryheid verdedig met hand en tand, so nie help jy eintlik net om die spraak van ander te onderdruk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.