Die Noordwes-Universiteit het ʼn klag by die Persombudsman teen ʼn Afrikaanse dagblad ingedien.
Johan van Zyl, kommunikasiebeampte van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, het aan Maroela Media bevestig die klag is verlede week by die Persombudsman ingedien. Hy kan nie enige verdere besonderhede bekend maak nie, aangesien die dagblad nog nie op die klag reageer het nie.
Khanyi Mndaweni van die Persombudsman het aan Maroela Media bevestig dat hulle die klag ontvang het. Die ondersoekbeampte het ook bevestig die dagblad het nog nie op die klag reageer nie.
Die dagblad moet binne sewe werksdae, dus teen Vrydag, 28 Maart 2014, reageer.