NWU-kampus gesluit ná studente-amok

Die Mahikeng-kampus van die Noordwes-universiteit. (Foto: NWU)

Studente by die Mahikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit is gevra om die kampus teen Dinsdag 15:00 te verlaat.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, sê die universiteitsbestuur is diep bekommerd oor die voorvalle van geweld wat op die kampus uitgebreek het en het die besluit as ʼn voorsorgmaatreël geneem.

“In solidariteit met ʼn oproep van die South African Union of Students (SAUS) om kampusse landwyd tot stilstand te bring, het ʼn groep studente sedert gisteroggend mense verhoed om die kampus binne te gaan,” het Jacobs gesê.

Gisteraand het ʼn groep senior studente boonop ander studente aangerand en universiteitseiendom beskadig.

“Die onaanvaarbare optrede is by die polisie aangemeld en ʼn klagte van aanranding is by die Mmabatho-polisiestasie aanhangig gemaak. Die veiligheid van studente en personeel op die kampus is toenemend in die gedrang.

“Die universiteit het dus ná beraadslaging met ander rolspelers, ook die polisie, besluit om die kampus tot verdere kennisgewing te sluit om die veiligheid van almal betrokke te verseker,” het Jacobs gesê.

Die ontwrigting het ʼn groot uitwerking op verskeie dienste op die kampus gehad. Die registrasie van eerstejaars en terugkerende studente het tot stilstand gekom en so ook die hulp aan NSFAS-studente wat wag dat hul geld beskikbaar gestel word.

“Ons betreur die ongerief en bevestig weer ons verbintenis tot veiligheid en ʼn omgewing wat bevorderlik is vir onderrig en leer, navorsing en ʼn betrokke studentelewe,” het Jacobs gesê.

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die universiteit is tot stilstand gebring. “Daar is nie ʼn saak van geweld by die polisie aanhangig gemaak nie. Dit is tans kalm en die polisie monitor die situasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Petro ·

Jy weet ek weet nie meer nie, jeug van vandag wil als hê en as hulle dit kry dan is dit ook nie meer goed genoeg nie, en moet als afgebreek en verniel word tot daar niks oor is nie. Glo nie hulle weet self wat hulle soek nie, solank hulle net als het sodat hulle als kan verniel. Maar nou ja dis hoe ons regering hulle wil opvoed so as jy nie wil luister nie ………..

Jan ·

Dis nie vandag se jeug nie. Dit is sekere kultuurgroepe se amokmakers. In die ou jare terroriste genoem

Theresa ·

Regtig!!?? Die jaar het skaars begin. Hierdie spul sal nooit verander nie. Verwoes en vernietig net voort en niks kom daarvan nie.

Se maar net ·

So wat? Hul slaag dus 100% in hul doel om te keer dat universiteit open vir opgevoede mense om te gaan studeer.
Kan ek vra hoekom almal op aandag moet spring vir hierdie kriminele mafia optrede? Waarom is hul baas?
Wat van arresteer hulle nog en laat die iniversiteit aangaan?

Gatvol ·

Verban al hierdie radikales uit alle universiteite en alle naskoolse sentrums en laat net studente toe wat werklik wil studeer. Hulle ontwrig net alle leerder se lewens wat graag verder wil studeer. Hulle kon in elk geval geen noemenswaardige na skoolse klalifikasie bereik op universiteit nie en is net daar om alles te ontwrig. Dit is nou tyd om BAIE streng teenoor hulle op te tree.

Helien ·

Hoe kan jy n land regeer as mense nie hulle sin kry nie, om alles om jou te vernietig, help my ek kan dt nie verstaan.
Die land is aan die ANC gegee kyk waar staan ons nou.

marous ·

Sekeres sal en kan nooit ooit opgevoed word om opgevoed te wees nie . Dis die waarheid .

Lou ·

@Marous
Ek stem 100% saam. Ek kan dit ongelukkig nie in my eie kommentaar sê nie want dan plaas MM dit nie.

Hugo ·

Hou gouer die opvoedkundige instellings online gaan hoe beter. Lesings kan steeds gegee word net ‘n paneel in die agtergrond wat vrae antwoord. Geen ontwrigting, geen oorhoofse kostes van kampusse, die wat werklik wil leer word nie belemmer nie. Kostes kan laag gehou word.

Oupahen ·

En so gaan die eenselliges die hele land nog tot stilstand bring.

Sobymykoolkop ·

Sal hulle skrik?? Neewat hulle boetie van fees must fall steek ń polisiebakkie aan die brand tydens erge anargie op kampusse en hy loop vry rond.

Deon ·

Kry vir kopdoek om die probleem op te los! Hy glo mos aan daai klomp soos ons aan die Bybel!

AmY ·

Registreer mens nie meer aan die einde van std 9 (graad 11) soos vroeër nie?
Of het ek iewers iets gemis?
Vra maar net…

Penellope Jones ·

Hoekom het hierdie land nog universiteite . . . . .

Landie ·

Nee wat ek is sommer bly ek en my gesin het besluit om te emmigreer. Dis nie die tipe universiteits instelling waar ek in elkgeval my kind sal wil laat studeer nie. Sy verdien veel beter is dit, en dit sal sy kry. ‘n Kwalifikasie op papier wat iets beteken. Matriek en ander kwalifikasies in die land is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Verstom ·

Studeer gratis, verblyf is gratis, etes is gratis, genoeg sakgeld! Beurse word nie terugbetaal nie. Lekker in Afrika! Daar is mos baie belastingbetalers wat kan betaal!

James ·

Sluit die deure tot hulle wil leer en nie afbreuk nie. Voel jammer vir personeel by die instansies.

The Unckle ·

Ja-Nee
Hierdie is nou letterlik soos die spreekwoord sê ” Wat jy saai, sal jy maai ”
Dit is mos soos die ANC hulel lede geleer het

m.d.r. ·

Louis Jacobs van die PUK se daar is ‘n klag van aanranding by die Mmabatho polisie aanhangig gemaak…
Lt.Kol . Pelonomi Makau beweer geen klag van geweld is ingedien nie..
Maar aanranding is mos geweld..?
Wie praat nou nonsens hier …?

Sarel ·

Die ouens wou glo registrerr vir nuwe kursusse aan Universiteite 1) Skending van ander se Menseregte 2) Politiekevonverdrasgsaamheid 3) Hoe om. Bates aan die brand te steek en dan vleis te braai 4) Die verontagsaming van en ongehaarsaamheud aan gesag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.