NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014

Beeld se voorblad op 21 Februarie 2014

Die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het glo die klag teen ʼn Afrikaanse dagblad, wat hy by die Persombudsman ingedien het, teruggetrek, het Wapad, die studentekoerant, in sy jongste uitgawe berig.

Maroela Media het in Maart berig dat die Puk klagtes teen ʼn dagblad ingedien het. Die dagblad moes voor 28 Maart op die klag reageer het.

Die Persombudsman het aan Maroela Media bevestig dat hy die klag ontvang het, maar wou nie enige besonderhede oor die klag beskikbaar maak nie. ʼn Woordvoerder by die Persombudsman se kantoor het aan Maroela gesê die inhoud van die klag kan nie aan die media beskikbaar gemaak word voordat die klag voor die ombudsman gebring is nie. Die twee partye sou glo probeer om ʼn ooreenkoms te bereik.

Die NWU het nie reageer op e-posnavrae van Maroela Media nie.

Volgens Wapad is die klag teen Beeld ingedien ná beriggewing wat in Februarie op die koerant se voorblad verskyn het oor gebare van eerstejaarstudente wat, volgens die koerant, herinner aan die Nazi se “Sieg Heil”-saluut.

Wapad berig Dan Kgwadi, visekanselier van die Puk, het in ʼn brief aan die Persraad geskryf die klag is teruggetrek “tot die bevindings van die ondersoek oor die ‘Nazi-kultuur’ op kampus bekend gemaak word”.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ondersoekspan is aangestel om die bewerings te ondersoek. Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, het in daardie stadium in ʼn verklaring gesê die ondersoekspan moet teen 22 Mei aan die raad van die universiteit terugrapporteer, volgens die tydsraamwerk soos vasgestel deur dr. Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en opleiding. Klik hier om die mandaat van die ondersoekspan te lees.

Volgens Wapad het Kgwadi gesê hy het onmiddelik aksie geneem om die klag terug te trek toe hy oor die omvang van die klag teen Beeld ingelig is. Klik hier om die volledige berig in die Wapad te lees.

Intussen verneem Maroela Media prof. Herman van Schalkwyk het Saterdagoggend tydens die Puk se opedag in ʼn ligter luim aan die gehoor gesê hulle hoef nie bekommerd te wees oor transformasie by die kampus nie. ʼn Betroubare bron, wat anoniem wou bly, het aan Maroela Media gesê Kgwadi het daarop reageer en gesê die “statistiese demografie” by die kampus is nie reg nie, en die proses sal versnel word. “Daar is ʼn siening dat dinge nie so erg is nie. Dit ís so erg,” het Kgwadi glo gesê.

Lees ook:
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.