NWU-klasse hervat; vier vas oor petrolbomme

Betogers op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Twitter via @tlhogiTwin

Betogers op die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: Twitter via @tlhogiTwin

Klasse op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus het Woensdagoggend hervat nadat betogers die universiteit Maandag tot stilstand gebring het.

Koos Degenaar, kampuswoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die onrus het begin toe ʼn groep betogers, wat glo deel van die EFF studente-afvaardiging is, Maandagoggend klasse ontwrig en kampuseiendom gevandaliseer het.

“Die dissiplinêre verhoor van Benz Mabengwane, voorsitter van die institusionele verteenwoordigende studenteraad, het 09:00 die oggend begin en die groep het uit protes daarteen betoog,” het Degenaar gesê. Mabengwane is dissiplinêr verhoor nadat hy vroeër vanjaar ʼn hofinterdik verontagsaam het wat hom verbied het om die registrasieproses by die universiteit te ontwrig.

“Die groep betogers was nie almal studente wat op die kampus studeer nie. Hulle het van ander plekke af gekom om aan die betoging deel te neem,” het Degenaar gesê. “Hulle het klippe na die administratiewe gebou gegooi en aansienlike skade aangerig. In ʼn stadium het die groep van die EFF en ander studente met mekaar slaags geraak en die president van die EFF studente-afvaardiging se been is in die proses gebreek. Hy is hospitaal toe geneem,” het hy gesê.

Volgens Degenaar het die betogings Dinsdagoggend voortgegaan toe ʼn petrolbom na een van die veiligheidsvoertuie op die kampus gegooi is en dit heeltemal uitgebrand het. ʼn Petrolbom is ook deur ʼn venster van die beursleningsgebou gegooi en het aansienlike skade aangerig.

“Vier studente is in hegtenis geneem in verband met die gooi van petrolbomme. Hulle het Dinsdag in die hof verskyn en is op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Hulle moet op 19 April weer in die hof verskyn,” het Degenaar gesê.

Maroela Media het intussen verneem enkele studente wil uit vrees vir hul veiligheid nie na die Mafikeng-kampus terugkeer nie en het versoek om hul studies op die universiteit se Potchefstroom-kampus voort te sit. Degenaar het gesê hy is nie bewus hiervan nie, maar verstaan daar kan wel individue wees wat sal versoek om na die Potch-kampus oorgeplaas te word.

“Ons het veiligheid op die [Mafikeng]-kampus aansienlik verskerp en monitor deurlopend die situasie. Vandag [Woensdag] was daar nog geen voorvalle van geweld nie en klasse gaan voort soos normaal,” het hy gesê.

Degenaar het ook gesê Mabengwane se dissiplinêre verhoor is gefinaliseer ten spyte van die betogings en die uitslag van die verhoor sal binnekort bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Dankie Degenaar vir die opskerping veiligheid geen persoon wat nie ‘n student is hoort op die kampus nie. Voogde vq.an studente en ander kan met afspraak die jampus besoek.

Takkie Takuuza ·

En almal “moan” oor Zumpie en sy regering, hoop en bid dat Juuuliaass nie eendag daar sit nie. Al die stakings en oproer en rassistiese goed en die standbeelde en die “Rhodes must fall” die laaste ruk is alles hulle kalwers. Hy sweep vir hulle op en gee nie ‘n duit om wat verwoes word in die proses nie.
Ons gaan nog vir die aaa en see stem om die anargis uit stoel te hou. Jy kan net dink wat hy kan doen as hy mag het. Maar heelaas, daar sal nie regering verander sonder ‘n burgeroorlog nie. Nie in Afrika nie.

hans ·

Verstom om te lees dat mense wat wat na bewering arrestreer is vir die gooi van petrolbomme vrygelaat word op eie verantwoordelikheid. Hulle behoort in aanhouding te wees!

Louise ·

Hoe loop kinders rond met petrol bomme, die tiepe gedra deel in teroerisme……
So persoon is onveilig vir die samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.