NWU kondig nuwe bestuursmodel aan: ‘Afrikaans nie bedreig’

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Noordwes-Universiteit het ingrypende veranderings aan sy strategie en bestuursmodel aangekondig.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het in ʼn verklaring gesê die universiteitsraad het tydens sy vergadering op 19 en 20 November ʼn nuwe strategie vir die universiteit goedgekeur wat tot 2025 in werking sal wees. Die nuwe strategie volg nadat ʼn span, onder leiding van visekanselier Dan Kgwadi, in Junie 2014 met ʼn proses begin het om die strategie te hersien.

Volgens Jacobs sal die strategie vir die volgende 10 jaar wees om “die NWU te transformeer en te vestig as ’n unitêre instelling van die hoogste akademiese uitnemendheid, met ’n verbintenis tot maatskaplike geregtigheid”. Jacobs het gesê die NWU moes herstruktureer en die bestuursmodel verander word ten einde die nuwe strategie in werking te stel.

Die universiteit het gesê die bestuur het ook besluit om die reeds bestaande praktyk van parallelmediumklasse in groot eerstejaarklasse op die Potchefstroomkampus in die modules wat meer as een keer op die groeprooster voorkom, vir 2016 te onderskryf. “Dit moet beklemtoon word dat Afrikaans op geen manier as onderrigtaal bedreig word deur die besluit nie. Dit is in ooreenstemming met die belangrikste elemente van ons taalbeleid en nuwe strategie, asook in reaksie op kwessies wat deur verskeie groepe belanghebbendes, waaronder formele bestuurstrukture, geopper is.

Volgens Jacobs is verskeie ander veranderings ook goedgekeur, waaronder ʼn enkele uitvoerende dekaan vir die agt fakulteit oor al die kampusse van die universiteit in plaas van die 15 kampusgebaseerde dekane en fakulteite wat tans die geval is. “Die dekane sal aan die adjunkvisekanselier (onderrig en leer) en adjunkvisekanselier (navorsing, innovering en tegnologie) verslag lewer rakende strategiese en funksionele aangeleenthede, asook verantwoordelik wees vir die belyning van akademiese programme en standaarde oor die hele universiteit.”

Jacobs het gesê die huidige kampusrektors sal vervang word deur adjunkvisekanseliers wat ʼn bedryfsverantwoordelikheid op ʼn kampus sal hê. “In dieselfde mate as wat die NWU moet transformeer, moet ons ook verseker dat akademiese uitnemendheid en finansiële volhoubaarheid nie in die proses benadeel word nie,” het adv. Johan Kruger, voorsitter van die raad, gesê.

Kruger het bygevoeg dat die raad alle belanghebbendes van die NWU wil gerusstel dat groot sorg en verantwoordelikheid gedra is om te verseker dat hierdie nuwe pad die NWU na nog groter hoogtes sal lei. “Die raad het ʼn manier gevind om die universiteit vorentoe te laat beweeg as ʼn inklusiewe universiteit waar ʼn fokus van maatskaplike geregtigheid deel van alle aktiwiteite sal vorm, waaronder die strewe om te groei in akademiese uitnemendheid. Daar is middegrond gevind wat tot voordeel van almal strek,” het Kruger afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

david ras ·

Transformasie MOET ‘n UITEINDELIKE DOELWIT he. Verduidelik asseblief daardie doelwit in eenvoudige Afrikaans !!
Los nou maar die eierdansery en politieke gimnastiek n vertel vir ons hoe die PUK oor 10 jaar moet lyk.
Net dit……!

Henk ·

die begin van die einde. die eerste toegewings is gemaak en die res sal spoedig volg. kyk maar hoe vinnig het dinge mekaar opgevolg na #rhodesmustfall.

Leon du Plessis ·

Ontsettend onduidelik en vaag. Inderdaad eierdansery. Ek hoop nie dis rooi ligte wat ek sien nie.

Paul ·

Dit is ongetwyfeld rooi ligte. Dis maar soos by die ander universiteite ook. Eers verhoog jy die aanbod van klasse in Engels. Dus kom daar meer studente wat in Engels wil studeer. Dan so paar jaar later is daardie studente die meerderheid. Dan sê die bestuur: “Hoe kan julle dan nou Afrikaans wil behou as net 40% of 30% of 20% van die studente Afrikaanssprekend is?”

Dis hoekom mens nooit die argument van die ander kant af moet voer nie – dat die Afrikaanssprekendes tans die meerderheid op ‘n kampus of instelling is en dat dit die rede is vir Afrikaanse klasse nie. Daardie argument verloor jy bitter vinnig deurdat die samestelling van die studente onder jou neus verander word.

Bruno Stef ·

David dit is soos jy dit se.Dit is nie die papier werd op wat dit ooreengekom is nie want die betrokke persone sal dan nie meer daar wees om te antwoord oor 10 jaar. Wat het van die Grondwet geword met sy ingeboude wigte en teenwigte byvoorbeeld .Daan en kameraad Blade se wil is duidelik sigbaar agter die skerms daarom probeer hulle speel vir tyd en om dalk n moontlike finansieele verlies op die korttermyn te ontduik.

alida ·

Die hele land stuur op ‘n ramp af. Hoe meer hulle dans en brand hoe meer toegewings word gemaak. Dit gaan net nooit ophou nie.

Trots Afrikaans ·

Hier is die tendens.
Christelike Afrikaner bou nuwe instansie (Skool, Universiteit, Hospitaal)
Libirale Afrikaner betrek Engels.
Engels betrek massas
Massas betrek politiek
Politiek melk Afrikaner
Afrikaans word uitgewerk
Instansie word afgebreek
Afrikaans word blameer
Christelike Afrikaner bou nuwe instansie ….

Oplossing, bou privaat instansie. Verbied verligtes en Engels.

Loeis ·

Dis alles waar, maar gebruik eerder die woord “links” as “liberaal”. Liberaal kom van die woord ‘liberty’, wat vryheid beteken, nie inperking nie. Inperking is wat hier gebeur.

Wat eie instansies aanbetref… Nou gaan ek weer op tone trap.

Wie het die meeste van die instansies waarvan ons hier praat, gebou?

Iemand het onlangs gese dat “hulle” alles net vat wat ons gebou het (sy was ironies ‘n groot de Klerk aanhanger).

Nee tannie, hulle het niks gevat nie. Julle het dit vir hulle gegee.

Nou moet ons WEER bou, hierdie keer in eie hande. Om eie instansies regtig te kan beheer, het mens daardie grondwetlike regte nodig. Dit bring ons terug na my punt hierbo, en ons loop reeds op dun ys.

Flippie ·

Het ek die storie al viewers voorheen gehoor.

Al gehoor van RAU – was Afrikaans – toe dubbel medium – toe Engels.
Is daar nog ‘Randse Afrikaanse Universiteite – NEE en nou kan geen Afrikaans sprekende tersiëre onderrig in die Johannesburg omgewing kry nie.

Peet Schabort ·

Spelfout Maroela, tweede paragraaf “onder leiding van visekanselier . . . . ” moet wees “onder lyding van visekanselier . . . “.

HEVW ·

max het tydens betogings wat met geweld gepaart geaan het gevra:” Waar was die Affrikaner”. Natuurlik stem ek nie saam met dit wat die vraag geimpliseer het nie. Maar! ons kan nie net vandag die libs, die lnkses en die fw s en die gevolge van sy verraad blameer nie. Dit is dringend om te vra: Waar is die A frikaner in sy swyende massas vandag. Waar is die gemeenskap, die ouerkorps, die alumni, die studente, voornemende studente wat in moedertaal onderrig wil word. Die christen wat christelike hoeeronderwys hoog ag. Waar is die Afrikaner en y kerk? Wag maar soos in die nasionalepartydae dat iemand anders vir hul moet praat en in die bresse tree en in die afgrond belieg word. n Lamsakkige, gemaksigtige groef of graf waaruit nie gekom kan word nie. Hierdie tendens maak mens bitter.

tamboti ·

HEVW, (ek hoop dis reg, dis soos jy dit spel) die Afrikaner kruip nog weg omdat hul bang is om enigiets te doen want dan word hul deur almal as rassiste beskuldig. Mense klim uit die kas!
As ek rassis is omdat en streef na die oorlewing en vooruitgang van my eie volk (stam/tribe) en taal en geloof, dan sal ek dit met blydskap erken.
Ek doen ‘n beroep op jou en almal wat Afrikaner wil wees, herdenk hierdie Gelofte dag (saam en nie by huis nie) as ‘n trotse volksbevrydende heilige instelling. Wie weet dalk is hierdie een die begin van die opstaan. Kom ons verwag ‘n leier om vir ons ‘gebore’ te word.
Kom ons wys hoe baie is daar 16 Des wat vreedsaam betoog en nie brand en verwoes nie.

HEVW ·

Ek stel voor trek op die dag van die opening van die universiteit op die kampus saam. Wees daar in die die duisende as beskaafde mense. Se ons is die Afrikaners. Hierdie is ons sn. en se in n beswaarskrif dit wat ons wil he. As dit moontlik was dat die Afrikaner Ouer Vereniging in die tagtiger jare in die Kalie Humansaal, Univesiteit te Bloemfontein dit kon doen, waarom nie nou nie??? Daar was hoeveel 1000 saam?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.