NWU onder voorste 5% van universiteite ter wêreld

Hoofgebou-potchefstroomkampus1

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas/NWU.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is onder die top-4,8% van die meer as 18 000 universiteite wat wêreldwyd beoordeel word.

Die NWU het byna 100 posisies gestyg van posisie 964 na 869 op die Sentrum vir Wêrelduniversiteitsgraderings (Center for World University Rankings, CWUR) se universiteitsranglys.

Die NWU is steeds in die sewende posisie op die CWUR se ranglys van Suid-Afrikaanse universiteite, maar is die plaaslike universiteit wat sy posisie verreweg die meeste verbeter het.

Die CWUR stel die enigste wêreldwye universiteitsranglys saam wat die gehalte van onderwys en opleiding van studente, asook die prestige van die fakulteitslede en die gehalte van hulle navorsing meet.

Die CWUR gebruik sewe objektiewe en sterk aanwysers om die wêreld se top-1 000 universiteite op ’n ranglys te plaas, waaronder gehalte van onderrig, alumni-aanstellings, gehalte van die fakulteit, navorsingsuitset, hoëgehalte-publikasies, invloed en sitate.

“Met al hierdie feite in gedagte, is dit heeltemal duidelik dat ons geweldige vordering toon om ons droom te verwesenlik om ’n internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike deelnemendheid en ’n sorgsaamheidsetiek,” het prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, opgemerk.

“Nie net blink ons uit in baanbrekernavorsing, asook innoverende leer en onderrig nie, maar baat ons ook ons samelewing deur kennis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Abe ·

Wat n grootse prestasie vir Suid-Afrika. Werklik n pluimpie ook vir die stand van die akademie en tersiere opleiding hier.

Abe ·

Ja, Cherokee,
Mens wonder wat se verband sien Kallie tussen NWU en Zuma se lag. Kallie se kommentaar is maar soos gewoonlik baie onkumanikatief. Geen mens weet wat hy wil se nie.

Iemand ·

Gaan kyk na daardie webwerf en dan sal jul die volle prentjie sien NWU is dalk in die top5, maar dis heel laaste tussen al die SA Universiteite op daai lys. NWU is nr 964 op daai lys. Net bo dit is UJ met 790. UCT is 230. NWU kan nog baie verbeter. WITS, UKZN, Universiteit van Stellenbosch en Universiteit van Pretoria doen almal heelwat beter as die NWU….

Lena Jonk ·

NWU was nog al die jare n uitstaande universiteit. Jongmense wat daar studeer het, het baie goeie erkenning oorsee gekry, daar was geen negatiewe reaksies nie. Bou so voort NWU julle is van die bestes.

Haan ·

Praat jy nou van die “Northwestern University” in Illinois, of van die “Nebraska Wesleyan University”? Dis PUKKE man!

George in Bloem ·

Wonder vir hoe lank? Seker totdat hy bietjie “transformation” ervaar…..

Abe ·

George in Bloem.,
Weet jy iets van die akademie in SA. ? Of skree jy sommer net van die bandwagon af?

M ·

Goerge van Bloem weet beslis waarvan hy praat. Kyk maar wat het transformasie aan UOVS gemaak waar dosente aangerand word

PG ·

Dalk bietjie suurdruiwe George………. daar was maar altyd kompetisie tussen Pukke en Kovsies!

George in Bloem ·

Bandwagon Abe? Nee wat,ek se maar net dinge soos ek as ‘n gewone ou dit sien.Niks suurdruiwe nie PG ;-) Feit is net dit is NOU als goed daar maar ek vra maar net die vraag eintlik tot wanneer? Hoe lank voor die rooi overall en beret brigade daar betrokke raak en hulle haat vir afrikaans en alles wat goed,werkend en mooi is die hele ding bedinges? Kyk maar gerus na die ander universiteite waar die spul bedrywig is Abe en ander. Hoe lyk dit daar? En ja,Kovies was nog agtermekaar en goed en reg gewees tot en met die Jansen era. Kyk hoe lyk hy nou?En dis ‘n feit. Gaan maar terug en kyk na dit wat daar gebeur het. Maar baie geluk en sterkte vir Pukke en my hart hoop dit hou vir hulle maar my brein se dit sal ongelukkig nie.

LR ·

As julle so wil bly presteer dan moet julle NOOIT die blankes wat daar werk marginaliseer nie.
Wens ons kan NWU vestig as dié Afrikaanse universiteit in SA.

Abe ·

LR,
Lyk my na nog iemand wat niks weet van die veld van die akademie nie.

M ·

Abe jy nou weer een van daai “bleeding liberals” foeitog …

Iemand ·

Gaan kyk op daardie webwerf. Ironies genoeg doen die getransformeerde SA universiteite almal heelwat beter as die NWU (so tenspyte van die artikel wat beweer NWU is in die top5 persent, is NWU heel onder op die lys van SA Universiteite).UCT en WITS bly top presteerdets. UKZN, UP, US en UJ doen almal beter as NWU volgens die betrokke “rankings”. Hierdie artikel is geskryf deur n “spin doctor” met die doel om NWU se beeld te poets, maar eintlik vaar hul swak in vergelyking met die ander SA universiteite.

Harry Hill ·

Maar steeds net sewende in SA! Klink vir my na niks om oor te spog nie.

Vonnie ·

Puik Pukke (NWU). Ons trots op julle en dit sluit almal van julle in (engels, afrikaans blank swart en bruin …..).

Harry Hill ·

Volgens die gesaghebbende Quacquarelli Symonds-ontleders se ranglys van SA universiteite verskyn NWU nie onder die top 8 SA-universiteite vir 2019/2020 nie.

Guve ·

Geluk NWU, trots op jul, ignoreer di bittergalle , lewe is vol van hul.

Manie ·

Wag net dat Jonathan Jansen sy verskyning dat maak dan is hy in n kort tyd in sy “glory”in

LHS ·

Onlogies dat net al Engeland se universiteite heel bo is saam met een of twee van Amerika. Verder totaal twyfelagtig en verseker nie korrek nie is dat die universiteit van Kaapstad en Wits dan nou kamstig die top SA universiteite is.

Abe ·

LHS,
Hoe is jy gekwalifiseer om die stand van Wits en Kaapstad bv. te betwyfel?

Bren ·

Abe lyk my jy is net hier om op ander se kommentaar gal te braak.

Dirk van der Merwe ·

Ja-nee Bren, ek stem met jou…..geen standpunt nie, net grootbek. Gelukkig weet meeste van ons wanneer & waar om liewer te syg…

V Cronje ·

Manie jy weet nie waarvan my praat nie!!!
As jy nie iets goed kan se nie bly eerder still. Jy breek af net soos miljoene ander

Swartwolf ·

Manie is reg. Wys my ‘n SA onderrig instansie wat verbeter het onder “transformasie”.

Gerda ·

Baie geluk NWU! Dankbaar dat my kinders die geleentheid het om by julle te kon en kan studeer.

M ·

Gerda meeste van ons Afrikaners in die Vrystaat moet nou ons kinders na NWU toe stuur. UOVS nie meer n opsie nie …

Chrisjan ·

Ten spyte van alles hierbo geskryf en die groter prent in SA in aggenome, is ek hierdie naweek besig om my M klaar te maak by n ander univ in SA. Wonderlike ondersteuning (in Afr) ontvang en glo my, my bloedsweet is enige tyd net soveel werd as ‘n eweknie s’n! My Engelse verhandeling sal (so glo ek vas) vir my nog baie vrugte afwerp. Ek vra myself af hoeveel ek myself behoort te steur aan die kriteria wat vir hierdie peiling gebruik is? Dalk behoort dit my slapelose nagte te gee, dalk nie…

Kobus ·

Chrisjan, enige persoon wat hom/haar verder bekwaam kan met reg trots voel daarop, al is dit nie noodwendig akademies nie. Enige kwalifikasie spreek van toeweiding en harde werk. Mens kan by álle universiteite in SA verhandelings in Engels doen. Slapeloos of nie, dit lyk tóg of die nuus oor NWU ń snaar geraak het.

Foos ·

Dankie maar ons is moeg vir transformasie, dit bring net ellende. Hou die sogenaamde transformeerders ver weg.

Oom Koos ·

Nou toe nou…. Ek wonder net wat die universiteit so besonders maak.

Snabinska ·

Die NWU presteer elke jaar baie goed in die CA eksamens. Was hierdie jaar eerste in die land.

Abe ·

Oom Koos,
Dit is baie maklik om die kriteria wat gebruik is vir hierdie klassifikasie in die hande te kry. Dit behoort vir jou n aanduiding te gee van die redes waarom die NWU so hoog aangeslaan is. Google of skakel met CWUR.

Abe ·

Oom Koos,
Die berig van MM gee ook (in par. 4+5) n goeie opsommimg van die kriteria van wat gebruik word. Dit behhoort ook vir jou n idee te gee van waarom hulle NWU so hoog aanslaan.

Kobus ·

Gaan stap daar en op ń paar ander kampusse rond, dan sal jy dalk ń leidraad kry.

Gerda ·

M, ek self is n oud Kovsie, maar na wat alles by uovs gebeur het kon ek nie my kinders daar sien swot. En ek is bly ons het Pukke gekies.

M ·

Gerda dis maar die ou storie. Eers Afrikaans dan Afrikaans en Engels dan net Engels en dan soos die Universiteit in Durban waar geen witmens keuring kry v Medies nie. Die ANC is te slim vir ons dom boere nasie ????

B R ·

PUK EERSTE IN DIE LAND MET SAICA UITSLAE vir CA eksamen waar alle SA
universiteite deelneem. Dit bevestig die akademiese kwaliteit.

Snabinska ·

Heeltemal reg, B R. En hulle presteer elke jaar in hierdie eksamen.

Vraagteken ·

Nee nee, ek weet hoe daar met Potch se studente lekker gespot word as die CA’s voorberei vir die eksamen.

vaal-pukkie ·

Glo my, Vaal NWU asook hul ODL afdeling is seker van die vrotste wat ek nog ervaar het. My kind het geen gelukkige universiteits ervaring oor die afgelope 4 jaar om van te praat nie. Hulle verdien hul lae 7e plek in die land. Wens ons kon oor kies maar is amper klaar met NWU. Hulle is nie die Pukke van ouds nie.

LHS ·

Abe gelukkig het logiese denke en waarnemingsvermoë nie kwalifikasies nodig nie.

Susna ·

Kom ons blaker liewer nie weer alles uit nie. Sjuuut, sodra die media hierdie tipe inligting daar buite sit, dan gaan daar weer gepoog word om nog n instansie waar studente gelukkig en veilig in hulle omgewing kan studeer weer gepoog word om nog iets wat werk tot niet te maak. “Keep it low key.”

Elsie Riekert ·

Onkumanikatief?Nog nooit die woord gehoor of hierdie spelling gesien nie. En ek is ‘n Oud-Puk, Abe. Nietemin, dis nog steeds ‘n puik universiteit.

Abe ·

Elsie Riekert,
Ja wraggies, Elsie, daar is g’n so’n woord nie. Dankie vir die reghelp. My argument bly egter geldig. En NWU bly puik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.