NWU ondersoek beweerde rasse-uitsluiting  

Dorpskoshuis neem standpunt in (Foto verskaf)

Die Noordwes-Universiteit (NWU) stel ondersoek in na beweringe dat dorpskoshuise op grond van hul rassamestelling uitgesluit is van Saterdag se jaarlikse verwelkomingsgeselligheid op die Potchefstroom-kampus.

“Sover vasgestel kon word, is dit egter gedoen weens die aantal studente in hierdie koshuise, vergeleke met die kapasiteit van die amfiteater,” het Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, gesê.

“Die studente is dus gevra om na die regstreekse uitsending van die geleentheid in ander lokale te kyk. Verdere inligting word egter ingewin om duidelikheid oor die aangeleentheid te verkry.”

AfriForum Jeug voer aan dat huiskomiteelede (HK’s) van die dorpskoshuise Vrydagaand om 23:30 ʼn WhatsApp-boodskap ontvang het wat hulle in kennis gestel het dat hul eerstejaars in aparte lokale na ʼn virtuele uitsending van die verwelkoming moet kyk en nie deel kan wees van die sessie wat elke jaar in die amfiteater aangebied word nie.

Die HK’s het navraag gedoen by die studenteraad (SR) oor hierdie besluit waarop ʼn SR-lid geantwoord het dat die dorpskoshuise nie divers genoeg is nie en dat wanneer hulle tydens die amfiteatersessie gevra gaan word om op te staan, “dit te wit gaan lyk”.

ʼn Groot groep studente van die dorpskoshuise het Saterdagoggend buite die amfiteater bymekaar gekom om hul ongelukkigheid oor hierdie besluit bekend te maak.

“Dit is bisar dat die Puk sommige van sy studente, wat reeds betaal het vir registrasie en oriëntasie, ontneem word van hul eerste studente-ervaring op die kampus, omdat hulle so rasbehep is dat hulle studente op grond van hul velkleur uitsluit,” sê René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug het gesê hy veroordeel rasse-uitsluiting ten sterkste en is besig om meer inligting hieroor in te win, terwyl verdere stappe beplan word.

Die DA se studenteorganisasie (Daso) het intussen ook vir ʼn ondersoek na die geleentheid gevra.

Bertus Bornman, waarnemende voorsitter van Daso NWU se Potchefstroom-kampus, het gesê met inagneming van die teenstrydige redes wat deur die NWU se bestuur en die SR vir die voorval aangevoer word, is ʼn ondersoek geregverdig.

“Van die studente se ouers het ver gereis om deel te wees van die jaarlikse verwelkomingseremonie, maar hul kinders kon nie deelneem aan wat ʼn eenmalige ervaring vir eerstejaarstudente moes wees nie. Dit is jammer dat swak bestuur, swak kommunikasie en die inagneming van ras baie van hierdie geleentheid ontneem het,” het Bornman gesê.

“As die geleentheid behoorlik beplan was, in oorleg met alle belanghebbendes insluitend dorpskoshuise, kon hierdie verleentheid vermy gewees het om te verseker dat almal in die gees van inklusiwiteit en diversiteit aan die verwelkomingseremonie kon deelneem.

“Ons versoek dat die NWU-bestuur ondersoek instel na die omstandighede wat tot hierdie onaanvaarbare situasie gelei het, insluitend die oënskynlike rassepolarisasie deur ʼn lid van die SR.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hannes ·

Kom ons draai die storie om en sluit nie-blanke studente uit… die NWU sal verwoes en afgebrand word! Die blanke Afrikaner is vuisvoos in Suid Afrika.

TruthDealer ·

Die blanke is vuisvoos in SA. Engels of Afrikaans, maak nie juis veel verskil nie.

melaney ·

Ek wens daar was meer mense met dieselfde denkwyse en redenasie soos jy Hannes.

Anel ·

Die Pukke het 3 kampusse. Kan die een in Potch nie maar net Afrikaans en blank bly nie? Wst is tog die probleem met die alewige ras kwessie? In elke geval, wie het die universiteit tot stand gebring? Maar nou ja, binne kort gaan hierdie kampus ook seker dieselfde paadjie volg as die ander 2, paadjie van verwoesting. Sterkte aan die studente wat uit gesluit was. 14 jaar terug was dit vir ons en ons seun ‘n voorreg om die verwelkoming te kon bywoon en hy was ook in ‘n dorpskoshuis.

Elma ·

Genugtig! Ek het die foto’s op die Puk se Facebook blad gesien en daar was BAIE oop sitplekke in die Amfi. Maar ja, as die rasseuitsluiting andersom was, was die Amfi lankal afgebrand.

Eugene ·

Rasse kwessie sal nooit op hou nie. Ramp-phosa moet “minister van alle kultuur” aanstel om na sulke insidente om te sien.

domheks ·

Wat soek julle nog in Potch – gaan Pretoria toe – daar is ‘n universiteit net vir Afrikaans sprekendes!

Wildemien ·

Genugtig, hoe kortsigtig van die sogenaamde SR! Dorpskoshuise sluit in: woonagtig in die koshuisgebou self/woonagtig in woonstelle of kommunes/woonagtig in ouerhuise. Die “behoort aan ‘n dorpskoshuis” is 100% VRYWILLIG EN GEBIND AAN DIE BETALING VAN LEDEGELD.
Hoe op dees aarde kan enige blanke kind help as daar meer blanke kinders is wat aan ‘n instansie soos ‘n dorpskoshuis WIL behoort en daarvoor BETAAL het.
Dis net siek dat hierdie aangebied is as rede vir uitsluiting.

Te veel getalle as rede vir uitsluiting is ook nie in orde nie. Beheer en beperk dan jou aantal lede, dorpskoshuis! Nou moet BETALENDE studente weer eens aan die kortste ent trek.
SIES vir julle!!!

Maritza ·

Wil mense nie maar ophou om daai kaart te speel nie??? Raak nou regtig teveel

Marcello ·

Dankie tog, my kind het by die NWU studeer toe alle rasse dieselfde behandel is. NEE NWU !!! ‘n mens verwag dit regtig nie van julle nie…… ek is teleurgesteld !!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.