NWU praat oor sy toekoms

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, prof. Dan Kgwadi, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê hoewel die uiteindelike doel van die universiteit se nuwe strategie positief sal wees ter wille van belyning, kan die bestuur nie die moontlikheid van werksverliese uitsluit nie.

Die raad van die universiteit het in November 2015 die nuwe strategie goedgekeur. “ ʼn Gedeelte van die strategie sluit in ʼn herstruktureringsprojek ten einde te verseker dat die struktuur die implementering van die goedgekeurde strategie moontlik maak. As deel van die proses is daar vandag artikel 189A-kennisgewings aan alle personeel in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge, uitgereik,” het Kgwadi gesê.

“Terwyl die primêre doel van die herstruktureringsproses is om ons strategie vorentoe te neem, kan ons nie in die proses die moontlikheid van werksverliese uitsluit nie, en om hierdie rede tree ons op ʼn omsigtige en verantwoordelike wyse op, deur sodanige kennisgewings uit te reik.

Die herstrukturering van die NWU behels dat die universiteit beweeg van ʼn federale model na ʼn unitêre struktuur. “Die NWU het tans drie verskillende kampusse en een institusionele kantoor. Daar is ook 15 verskillende fakulteite. Elkeen van dié fakulteite het verslag gedoen aan ʼn kampusbestuur-model, wat voortaan anders daar gaan uitsien. Die unitêre struktuur gaan verseker dat daar slegs agt fakulteite gaan wees wat al drie kampusse gaan dek,” het hy gesê.

Kgwadi sê akkreditasie vir verskillende grade is voorheen vir elke kampus oorspronklik gedoen. “Dit het daartoe gelei dat ʼn sielkunde-graad nie noodwendig dieselfde akkreditasie het by twee verskillende kampusse van die NWU nie. Met die wegdoen van die duplikaat-fakulteite kan ons verseker dat akkreditasie volgens fakulteit gedoen word. Dit verseker dat jy nou sielkunde kan studeer by enige kampus van die NWU, en die akkreditasie gaan dieselfde wees.”

Dit beteken egter nie dat fakulteite gaan toemaak nie. “Daar bestaan duplikaat-fakulteite op ons kampusse. Wanneer daar byvoorbeeld tans ʼn Fakulteit Natuurwetenskappe op die NWU asook die Mahikeng-kampus is, gaan daar nou net een wees. Die een gaan nie toemaak nie, maar daar gaan voortaan net een dekaan in plaas van twee wees. Die hele proses word gedoen ter wille van belyning vir die drie kampusse.”

Hy sê die universiteit maak in dié stadium egter nog net bekend dat die implementeringsproses aan die gang gesit word, maar dat dit nog nie duidelik is hoe groot die impak daarvan gaan wees nie.

“Die doel van die herstrukturering is om te verseker dat dit wat gedeel word, soos die hulpbronne, gelyk verdeel word tussen die kampusse. Die hulpbronne gaan voortaan behoort aan ʼn fakulteit en nie ʼn universiteit nie.”

Kgwadi het egter gesê alle redelike pogings sal aangewend word om werksverliese te verhoed. “Daar gaan baie sterk gesteun word op die vise-kanselier se bestuurskorps om aandag te gee aan vrae en kwellinge.”

Hy het ook gesê die NWU is van plan om voort te gaan met die groeistategie wat die universiteit die afgelope 11 jaar ervaar het. “Die NWU is steeds op ʼn gesonde finansiële basis, maar almal van ons is bewus dat alle universiteite in Suid-Afrika finansiële stremminge ervaar ná die verwikkelinge van die ‘FeesMustFall’-veldtog en die besluit van geen verhoging in klasgeld vir 2016 nie. Ons moes reeds sekere projekte inkort, vernaamlik met betrekking tot infrastruktuurontwikkeling, ten einde die uitwerking van die afwesigheid van verhogings teen te werk.”

Hy sê hy aanvaar dat mense onseker en bekommerd sal wees oor die impak van die verandering op hul werksekerheid en ambisies. “Dit is onvermydelik want die toekoms sal anders wees. My rol en dié van die bestuur as leiers is om hierdie emosies te hanteer en om werknemers met die nodige optimisme te lei.”

Die universiteit voorsien dat die implementering van die strategie einde November 2016 voltooi sal wees sodat die universiteit in 2017 met die nuwe strategie kan begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

hans ·

Waarom die mediakonferensie in. Johannesburg hou en nie op die NWU kampus nie? Die personeel moet dadelik hul vakbonde betrokke kry. Vertrou Solidariteit gaan die personeel sterk ondersteun.

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

Die mediakonferensie is in Johannesburg gehou om die media tegemoet te kom. ‘n Brief is terselfdertyd aan elke personeellid gestuur. Die vakbonde is ook ingelig.

Andrea van Vuren ·

Hoekom neuk met ‘n universiteit wat nog funksioneer? Hoekom afbreek waaraan daar jare lank opgebou is? Jammer ek val nie vir Kgwadi se planne nie. G’n wonder die man was so lank stil nie. Hy’t ondergang vir NUW (Potch kampus) beplan!

VerVanRyn ·

Daarsy woordvoerder van Daan, julle het die media tegemoet gekom, maar Afrikaans nie. Elke klein treetjie wat Daan en sy transformasieskoene neem is nog ‘n tree in die rigting van Afrikaans se dood by die NWU. En jy as Afrikaner, of is jy dalk net Afrikaansmagtig, staan langs Daan en vertel vir ons hoe goed sy planne vorder om Afrikaans te verwyder.

wynand ·

Ek het n paar weke gelede gese dit gaan die volgende stap wees.Die witlektore gaan hulle werk verloor en k bevoegde gaan aangestel word. Hulle gaan dalk nie eers oordentlik vergoed word nie.Dan gaan die Univ verval en soos die ander swart univ word.

Xa ·

Nie goeie plan nie. Een van die kampusse is so kunsmatig vasgeplak en eerder n skeiding as nouer bande moet na gekyk word.

pat aldrich ·

Sal seker die blankes wees sodat alles uiteindelik swart kan word. En die slapgat wittes loop voor om dit te laat gebeur. Kom agriforum laat ons baklei vir ons eie

Dup du Plessis ·

Die PUK kampus is seker nog die enigste gedeelte van n universiteit wat hoofsaaklik vir Afrikaanssprekendes voorsiening maak. Die unitere struktuur sal baie vinnig Afrikaans verdring en Engels sal dan die hoofstroom taal ens. op die kampus word. Dis moeilik om te aanvaar dat daar tussen al die universiteite / kampusse net nie n plek vir Afrikaanssprekendes gegun word nie (bygese, wat hul kinders se studiegelde getrou betaal en nie afbreek en onbillike eise stel nie, wat hul belasting aan die staat betaal ens.) – wat die bestuur eintlik maar doen is om die demografie op PUK doelbewus te verander d.m.v. toelating en aanstelling van personeel. My kinders is feitlik klaar studeer op PUK maar persoonlik kan ek nie wag vir die dag dat daar n hoofstroom Afrikaanse universiteit is wat ondersteun kan word nie. Hoop Akademia se groei sal aan ons Afrikaanssprekendes se behoeftes kan voldoen in die naby toekoms.

Xa ·

As puk en ander universiteit even verengels dan kan alumni hul bydaes oordra Akademia toe, hoe klink dit?

Johann Marx ·

Komaan Dan…..sê dit onomwonde: Die Mafikeng kampus gaan brand….en die Potch Kampus se pappies gaan daarvoor betaal…want “alles” word gedeel!!! Dis tyd dat jy “fall”….

david ras ·

Eintlik is dit ‘n hele bondel semantiese gimnastiek. Dis lankal duidelik dat Mahikeng parasiteer op die Puk, Die “werksverliese ” gaan uiteindelik ‘n taalverlies met gepaardgaande wit studente verliese beteken.
Ek hoop Kgwadi se pos is die eerste “werksverlies”…….

Johannes Froneman, woordvoerder van prof. Dan Kgwadi ·

David, jou afleidings is heeltemal ongegrond. Dieselfde geld Pat en Johann se opmerkings. As mens sinvol aan die gesprek oor die NWU wil deelneem, moet mens darem by die basiese feite hou en nie maar enige wilde stelling maak nie.

Johann Marx ·

Johannes Froneman, ek is meer ingelig oor wat op jou kampus aangaan as wat jy dink. My informante sit nie in kantore en skuil agter politieke korrektheid en kruip gat om hulle poste te behou nie. My informante LEEF die onderduimse strategiëe wat onder die vaandel van “inklusiwiteit” en “unitêre stelsel” aan almal opgedis word, en al hoe meer arrogant in die koshuise, die ss, die fanie, die draak, die amfi, en elke ander hoek en draai van die kampus deur ‘n swart minderheid ge-implementeer word, omdat hulle weet hulle het “ondersteuning”. Dis mense soos jy en jou baas wat julle lelik gaan misgis met die Afrikaner ruggraat….

Dup du Plessis ·

Froneman, ek wens ek kon tyd versnel dat die PUK kan word soos wat jy en Dan en n klomp ander wil he. Onthou net dan dat dit n staats instelling sal word – waar geen fooie betaal gaan word nie, waar daar tegnies nie verhogings vir ouens soos jy sal kan wees nie want dit sal van n winsgewende kampus na net nog n wanfunksionerende staatsinstelling verander (dink aan elke munisipaliteit, staatshospitale, Eskom, SAL ens.) Daar is nie iets soos gratis nie, jy is tog n akademikus – as iets gratis is beteken dit maar net iemand anders betaal daarvoor……is dit so moeilik om te verstaan…….Sou tyd maar net vinnig kon verbygaan sodat Akademia kan groei en die Afrikaanse mark kan diens en mag mense soos jy jul dae sluit op kampusse soos julle dit wil he. ……hoop jy kry n bevordering na Mafeking kampus.

Johann Marx ·

Dup? Jy’s absoluut reg. Johannes Froneman het geen ander keuse as om te sê wat hy sê nie, anders is hy ook sy vet salaris, pensioen en verlof voordele kwyt. Ek is ‘n pa van TWEE student op die PUK. My vriende, kennisse en hulle kinders maak die res van 35 studente wat ek persoonlik ken uit. Ons kinders is in daai koshuise, lesing lokale, amfi, draak, ss, dampad, fanie en elke hoek en draai van daai kampus. Hulle beleef wat ons net oor bespiegel. Hulle sien die arrogansie en rassisme waarmee hulle uitgedaag word…..en nie op reageer nie, want hulle’s daar vir ‘n groter doel. Hierdie land het 29 universiteite….waarvan 28 ver-Engels het…wat maak ‘n swart student wat NIE Afrikaans magtig is nie op ‘n Afrikaanse kampus…en dring daarop aan om in Engels onderrig te word (wat ook NIE sy moedertaal is nie)? Hy raak gefrustreerd…en brand die plek af. En hoe meer jy aan sy eise toegee, hoe meer eise word gestel…wat NIKS met tersiêre onderrig uit te waai het nie.

Dup du Plessis ·

So waar Johann, dan moet dit nog gratis vir hulle ook word – terwyl die wat met moeite hul gelde vir n Afrikaanse kampus betaal stadig maar seker verdryf word …….die ligte kan maar net bly brand solank die rekenings betaal word…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.