NWU-raad korrek oor gebreke in Wessels-verslag

Voorblad en bladsy 1 van die uitgelekte verslag

Voorblad en bladsy 1 van die uitgelekte verslag

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die NWU se raad was heeltemal korrek om weens die ernstige gebreke in die Wessels-verslag sy eie verslag aan die minister van hoër onderwys en opleiding te oorhandig.

Buys se opmerkings volg nadat die verslag oor oriëntering en beweerde ontgroeningspraktyke op kampusse van die NWU, opgestel deur ’n ondersoekspan onder leiding van dr. Leon Wessels, vroeër vandag vryelik op die internet beskikbaar geword het. Klik hier om meer te lees.

Buys sê die volledige verslag toon nou duidelik hoedat die Wessels-kommissie ver buite sy mandaat gegaan het. “Wat tot die Wessels-kommissie se aanstelling aanleiding gegee het, was bewerings in die dagblad Beeld oor ʼn sogenaamde Nazi-agtige kultuur met verwelkoming- en ontgroeningspraktyke aan die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom. Die kommissie moes hom gevolglik op verwelkomingspraktyke van eerstejaars toespits. Maar in plaas daarvan om vinnig en bondig die nodige bevindinge oor hierdie bewerings te maak, het die kommissie verder gegaan en uiteindelik die Potchefstroomkampus sélf in die beskuldigdebank geplaas, met striemende bewerings en aanbevelings oor dié kampus se taalbeleid, studentesamestelling en karakter.”

Die oorskryding van die mandaat, sê Buys, is nie die enigste probleem met die verslag nie. “Die verslag verhef bewerings tot die status van bevindinge. Die NWU-raad wys die minister dus heeltemal tereg daarop dat die audi alteram partem-reël nie in die ondersoek toegepas is nie en dat bevindinge op ongetoetste bewerings en anonieme getuies staatmaak. Geen wonder dat die NWU-raad nie die verslag kon aanneem nie – die beweringe daarin sou in geen hof staande bly nie. Die verslag is, kortom, brouwerk.”

Buys sê dit is jammer dat so ’n gebrekkige verslag uitgelek het, maar meen dat dit tog goed is dat mense nou kan sien hoe radikaal die denke is wat die verslag onderlê. “Die Wessels-verslag verbloem ’n boodskap van eksklusiwiteit in ’n baadjie van inklusiwiteit. Dit stel radikale transformasie voor, waarvolgens elke universiteit en elke koshuis dieselfde moet lyk, dieselfde moet klink en dieselfde institusionele kultuur moet hê. Eers dan, wil die verslag ons laat glo, sal die Puk waarlik getransformeer en inklusief wees. Dit sou egter eintlik niks anders wees nie as die finale uitsluiting van Afrikaanse studente van toegang tot ’n universiteit waar hulle welkom en tuis voel. Die gerusstellings dat Afrikaans se posisie nie benadeel gaan word nie, is betekenisloos.”

Buys vervolg: “Dié afdwinging van eenvormigheid hoort nie in ’n multikulturele land nie, om nie eens te praat van die bedreiging wat dit vir akademiese vryheid inhou nie.”

Nieteenstaande die gebreke in die verslag, sê Buys, is die bevinding oor fascisme en nazisme tog verblydend. “Die kommissie is ondubbelsinnig daaroor dat fascisme en nazisme nie agter ontgroening- en verwelkomingspraktyke by die Puk skuil nie. Dit is ’n ernstige aanklag teen die redaksionele oordeel van Beeld, want dit impliseer dat die aanvanklike Beeld-beriggewing – wat tot groot institusionele ontwrigting by die NWU gelei het, wat ’n kampus se goeie naam in oneer gebring het en wat selfs tot die vroeë vertrek van ’n rektor gelei het – ’n wanindruk geskep het. Die hele sage sou met verantwoordelike beriggewing vermy kon gewees het.”

Lees ook:
Wessels-verslag oor Puk uitgelek
Wessels-verslag oor Puk geheim gehou; vrae hang oor Afrikaner-kultuur
Puk wil klag teen Beeld terugtrek, sê Kgwadi
“Geen Nazi-kultuur op Puk-kampus,” bevind verslag
Raad bestudeer nog Puk-verslag
Puk: Nog géén besluit oor Wessels-verslag
AfriForum Jeug eis dat Wessels-verslag verwerp word
Puk-debat: Waaroor die geveg gaan en nié gaan nié
Puk-verslag “in politiek ontvang en gebore”
Raad wil Puk-verslag oor ontgroening eers verder bekyk
NWU-klag teen dagblad teruggetrek; transformasie by Puk bespoedig
Voorstelle van internasionale ondersoekspan by NWU belemmer multi-kulturele inslag
Puk: Engels moet gelyk met Afrikaans, sê verslag
Theuns Eloff tree uit met roerende afskeidsboodskap
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Puk-ondersoekspan bekend gemaak
Puk-koshuise: Ondersoek afgehandel
Puk-raadsvergadering: Eloff tree uit; ondersoek van stapel gestuur
Puk-groet: Raad besluit oor Puk se pad vorentoe
Zuma reageer op Puk-groet
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
Oud-student bedank Puk vir balans
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
Basson se roekelose joernalistiek
Video: pukke moet transformeer – departement
Puk-studente begin met eie veldtog
Video: Puk-studente stap uit tydens Nazi-video
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: “Ons sal nie menseregteskendings duld nie”
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet ‘n g*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor Nazi-saluut

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jessica ·

Die Beeld-Leon Wessels-vriendekring en hul spruit, die kamma-onafhanklike “taakspan” het met ander woorde geweet wat die gevolge van hul plan uiteindelik gaan wees.

Hulle weet goed dat Puk nie multikultureel sal wees nie, maar onherroeplik tot ‘n dominante monokultuur gedwing sal word wat aan die huidige en toekomstige Bewind van Diewe se Africanism-aspirasies onderdanig sal wees.

Dat dié kultuur vir sowel die personeel en die studentekorps as die bestuur sal geld.

Hulle weet ook dat Afrikaans en die Afrikaanse personeel en studentegemeenskap op die ou end radikaal en op alle vlakke volgens die Bewind se rassedemografiese model uitgedun en tot ‘n piepklein, museum-agtige eksemplaartjie verpot en na die rand van die universiteit se bedrywighede uitgerangeer sal word.

Dat Puk vir alle praktiese doeleindes sal verengels en Africanize.

Dít alles net om hul Apartheidskompleks te sus.

Ergste van alles: hulle het geweet wanneer die Bewind van Diewe op sy beste is: as hy steel.

coenraad ·

Ek was altyd onder die indruk dat Lord Milner…errr…ek bedoel Dr Wessels ‘n geleerde man is van goeie inbors en groot verstand.

vuilbaard ·

Dat die geleerde doktor nou sy eie naam so met ‘n plank kan slaan! Maar nouja, enigiets om sy anc-hanteerders te probeer bevredig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.