NWU se Mafikeng-kampus gesluit

Die situasie by die NWU se Mafikeng-kampus. Foto:  @seahludis/Twitter

Die situasie by die NWU se Mafikeng-kampus. Foto: @seahludis/Twitter

Die Noordwes-Universiteit het sy Mafikeng-kampus onmiddellik gesluit omdat betogende studente eiendom beskadig het.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het gesê studente het sedert 21 Oktober die Mafikengkampus oorgeneem en laat nie die bestuur en personeel op die kampus toe nie. “Hulle het aansienlike skade aan geriewe op die kampus aangerig en dit moet nou herstel word om te verseker dat die eksamen op Maandag, 2 November 2015, kan begin.”

Volgens Jacobs is die besluit vroeg vanoggend geneem om die kampus onmiddellik te sluit. “Alle studente moes die kampus teen 08:00 vanoggend verlaat. Bestuur sal nou die situasie evalueer en die nodige stappe doen om voor te berei vir die begin van die eksamen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elizabeth ·

Ek sal baie graag wil verneem WIE vir die skade gaan betaal? Gaan dit die Institusionele Kantoor wees? Want dan kom die kleinste bydrae van die Mafikeng-kampus. Ons kan nie toelaat dat duur studentefooie van studente wat WIL studeer betaal vir skade wat deur studente aangesrig word wat op vandalisme i.p.v. hulle eksamens konsentreer nie. Die booswigte moet seker op veiligheidskameras verskyn – laat hulle ouers betaal!! Of beter: laat hulle persoonlik regmaak en daarbenewens ook iets tot stand bring wat nie vatevore goedgunstig deur ander daargestel is nie.

Bruno Stefb ·

Ek hoop net nie dat hulle in getalle met busse na Potch kampus aangery gaan word om hulle ontwrigting daar voort te sit nie dit het al voorheen gebeur.

Ansie Harms ·

Hulle moet self vir die skade betaal. Hulle wil hulle wil op almal afdwing en dan broken hulle nog so baie skade. Skors almal wat daar betrokke was summier.

MM ·

Nee laat almal deur die pos studeer dan hoef hulle nie te kla oor kos , verblyf, vervoer en sakgeld nie.

Jan ·

Hulle gaan kla oor die posgeld dan brand hulle die poskantore ook af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.