NWU sê oor bloedtoetse ná Puk-student sterf

Nicola Badenhorst. Foto: Verskaf

Nicola Badenhorst. Foto: Verskaf

Te midde van bekommernisse onder studente en ouers nadat ʼn derdejaarstudent op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) met simptome van breinvliesontsteking Sondag skielik dood is, het die universiteit Vrydag terugvoer gegee oor die bloedtoetse van die student.

Nicola Badenhorst (20) is dood nadat sy Saterdagaand in die hospitaal opgeneem is met simptome van breinvliesontsteking. Haar pa, Nico, het vroeër aan Maroela Media gesê dat Nicola omstreeks 21:30 in die hospitaal se waakeenheid opgeneem is en dat sy omstreeks 04:30 die volgende oggend dood is.

Prof. Fika Janse van Rensburg, rektor, het Vrydag in ʼn video terugvoer gegee oor bloedtoetse wat op Badenhorst gedoen is. Volgens Janse van Rensburg was die bloedtoetse onbeslis.

“Die bloedtoetse het nie ʼn duidelike uitslag gegee nie. Dit bevestig nie dat dit inderdaad meningitis was nie, maar dit bevestig ook nie dat dit nié meningitis was nie,” het hy gesê. “Al wat oorbly is dat ons aan die hand van die kliniese simptome aanvaar dat dit wel meningitis was.”

Janse van Rensburg het genoem dat breinvliesontsteking gewoonlik nie slegs by een persoon voorkom nie, maar dat daar nie ʼn enkele ander geval van ʼn student met simptome van breinvliesontsteking aangemeld is nie ten spyte van die digte bevolking op die kampus. Hy het studente aangemoedig om die kampus se gesondheidsentrum te besoek waar inentings teen breinvliesontsteking vir studente en personeel beskikbaar gestel is.

ʼn Private roudiens vir Nicola sou vandag in die NG kerk Virginia gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Charlotte ·

So pragtige jong meisie ….. ek is so jammer vir haar ouers. Mag God hul vertroos en styf vashou in hierdie tyd. Sterkte ek hou jul in my gebede!!!

Hannelie ·

So ‘n pragtige meisie. My hart bloei vir haar ouers. Mag hul vertroosting vind by God en Hy hul dra in hierdie verskriklike hartseertyd. Baie sterkte aan haar ouers.

Bertie ·

Sterkte aan haar ouers, dink aan julle vandag. Rus in vrede Nicola.

Elma ·

Baie sterkte vir die ouers. Ek sien wat my broer en sy gesin nog steeds deur gaan na hulle dogter laasjaar Maart oorlede is. Sy was ook by NWU gewees, het ook simptome van breinvliesonsteking gehad , maar al die toetse wat hulle gedoen het, kon dit nie bevestig nie, maar hulle kon ook nie se wat haar dood veroorsaak het nie. Dit bly hartseer. Sy het ook so skielik siek geword.

Annika ·

Haar tannie bly hier in Harrismith, ek ken haar goed. Riv Nicola, en sterkte aan die familie. Xxx

Sarie ·

Die moontlikheid waaraan ek dink, is dat dit die breinvlies ontsteking is wat nie aansteeklik is nie. Dit word deur ñ vogdruppel in die lug opgeneem. Die naam is Heomofilis Influenza. Ek mag dit nou verkeerd gespel het. Ons het amper ons dogter tydens ñ Kaap-vakansie verloor as gevolg van dié virus.

Sou die pasiënt wel oorleef, kan daar ernstige nagevolge wees soos doofheid, blindheid en verlamming. God was goed vir ons daardie Kersdag….Dokter v.d. Merwe was op diens in die Louis Leipoldt hospitaal, en hy het onmiddelik rugmurg sap getrek en begin met die regte behandeling!

Na ñ week in UCU is sy ontslaan. Ons moes ons vakansie verleng met 2 weke, aangesien Dr. v.d. Merwe eers die pasiënt wou ondersoek na 2 weke. Ewe kordaat stàp sy in die spreekkamer in – ek sal nooit die man se gesig vergeet nie! Toe ek hom bedank dat hy ons kind se lewe gered het was sy woorde: “Ek is net ñ instrument in SY hande, en het net geweet ek moet daardie spesifieke behandeling toepas. PRYS DIE HERE. Vandag is sy ñ pragtige 19-jarige kind wat niks makeer nie. MAAK SY NAAM GROOT, WANT HY IS ALMAGTIG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.