Die universiteit het in ʼn verklaring gesê petrolbomme is omstreeks 04:00 vanoggend na die hoofingang van die kampus gegooi. “Sekuriteitswagte wat tydens die voorval aan diens was, het die vuur geblus. Geen skade is aangerig nie en niemand is beseer nie.”
Volgens die universiteit is daar na aanleiding van die voorval en ter wille van die veiligheid van personeel en studente besluit om nie die kampus vandag te heropen nie. “Die situasie sal deur die dag dopgehou word, waarna ʼn besluit oor die akademiese aktiwiteite vir die res van die week geneem sal word. Ons doen ʼn beroep op ons belanghebbers om sulke kriminele dade, wat geen plek op ons universiteit en in ons land het nie, te veroordeel.”
Geen voorvalle is op die Mafikengkampus aangemeld nie en personeel het sedert vanoggend hul werksaamhede op die kampus hervat. Akademiese aktiwiteite op die Potchefstroomkampus gaan normaalweg voort.
Die situasie op al drie kampusse word voortdurend dopgehou.
Die Mafikeng- en Vaaldriehoekkampusse is Donderdag onmiddellik gesluit weens die #FeesMustFall-betogings wat universiteite landwyd lamlê.
Nou is ons al by petrolbomme. Gaan dit regtig nog oor goedkoper onderrig? Dink nie so nie, dit is niks anders as stedelike terrorisme nie.
Gaan die staat, wat hierdie optrede toelaat, ouers van studente wat wil studeer se klasgeld vir die weke wat hulle verloor het, terugbetaal?
Een oplossing wat behoort te werk, is om reeds vroeg in die 2e semester eksamentoelating vir die einde van die jaar te bepaal en almal wat nie eksamen kan skryf nie, se studentekaarte te deaktiveer sodat hulle nie op kampus kan kom om diegene wat kan slaag se kanse te belemmer nie.
Elizabeth, ek dink die teruggawe van klasgeld van die verlore weke het alreeds in rook opgegaan.
Saamwerk van strategiese rolspelers dié klomp probleme het uitsonderlike tekens, om die verdere uitbreiding te STOP sal uitdagend en goed berekend moet wees maar onvermydelik.
NIKS IS VERNIET IN DIE LEWE NIE SKRIK WAKKER DIE WAT SO DIE PLEKKE AFBREEK EN VERNIETIG HOORT NATUURLIK NIE IN DIE EERSTE PLEK BY TERSIERE ONDERRIG NIE!!!