NWU: ‘Steve wat Die Stem sing, veroorsaak sielkundige skade’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die Noordwes-Universiteit het Woensdag ʼn verklaring uitgereik in reaksie op die sanger Steve Hofmeyr se sing van Die Stem tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees.

Hofmeyr het Vrydagaand onder luide toejuiging Die Stem gesing as deel van ʼn keurspel. Die NWU het in ʼn verklaring gesê hoewel hulle kunstenaarsvryheid en vryheid van uitdrukking in die algemeen erken, die universiteit nie met die gebruik van “kulturele artefakte en simbole van ons pynlike verlede” geassosieer wil word nie.

“Hierdie gebruik is verdelend en veroorsaak sielkundige skade. Dit stem nie met ons opvoedkundige doelwitte ooreen nie,” het Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, gesê.

Volgens Jacobs het die organiseerders van Aardklop die NWU verseker dat hulle ook die sing van die Die Stem verwerp, buiten as deel van ons huidige volkslied. “Hulle ondersteun ook nie die gebruik daarvan as ’n sogenaamde ‘weerstandslied’ (soos Hofmeyr dit noem) nie en betreur die gebruik daarvan vir ’n politieke agenda.”

Hofmeyr het intussen gesê hy aanvaar die NWU se opinie soos hy alle teenstrydige opinies hul ruimte gun. “Ek sing Die Stem allermins om die nasionale volkslied te vervang, maar ek sing dit in verset teen die dinge wat my aanstoot gee onder die vaandel van die nuwe vlag en die nuwe volkslied. As jy Die Stem verwerp as versetlied, omhels jy by implikasie jou nuwe volksliedere, soos Kil The Boer en Mshimi Wami.

“Dan akkordeer daar ʼn hele rits ander nuwighede met jou, waarmee ‘honderde’ van ons aanstoot neem, soos die oormaat aan nuwe apartheidswette, die nuwe rasbeleid soos swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie, kwotas, verteenwoordiging en rassevoorkeurbehandeling, die nuwe SABC, die nuwe SANDF, die nuwe SAA ens., die nuwe maatskaplike verval, die nuwe verskynsel van lyke in hospitaalgange, nuwe indeksnederlae, nuwe dienslewering, nuwe marxistiese uitkomste, nuwe anti-Westerse prestasies, nuwe kleuterverkragtingsyfers, nuwe bejaardeverkragsyfers, nuwe ekonomiese vooruitsigte, die nuwe werkloosheidskoers, die president se geletterdheid, nuwe rasgebaseerde toelatingsvereistes, nuwe moedertaalonderrig, nuwe opvoedingskoers, nuwe akademiese standaarde, nuwe armoede, die nuwe plaasmoordsyfers, die nuwe nasionale moordsyfers en die nuwe nasionale verkragtingsyfers.”

Hofmeyr het gesê as kunstenaar verlang hy na die ruimte om sosiale kommentaar in sy kuns te mag lewer en as Suid Afrikaanse burger die reg om nostalgies te raak oor ‘n beter toekoms vir my kinders. “Dit gaan my verstand te bowe dat die NWU-perseel en geboue, die wetenskap en wiskunde fakulteite, die Engelse taal, kunstefeeste, die N1, die Jakarandas in Pretoria, die brûe oor die Vaalrivier en die Uniegebou nie as ‘kulturele artefakte en simbole van ons pynlike verlede’ gesien word nie. Ek verwerp die gebruik van ʼn gewyde lied soos Nkosi Sikelel’ iAfrika vir die politieke agenda van ANC-toesmeerdery. God seën Afrika. Voor dit te laat is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

113 Kommentare

Julia Potgieter ·

Ek kan nie glo hoe NWU sulke twak kan kwytraak oor Steve se sing van die stem nie. Maar nouja,dis hoe ons Afrikaners nog al die jare mekaar in die rug steek. Steve jy is vir ons n simbool van hoop. Soos Mandela die ANC en die kommuniste te ikoon was,so hou ons jou ook op as wat ons as Afrikaners sien as hoop en verlossing van die korrupsie in die regering en verdukking van ons nasie. Amen

Sloet ·

“….ons as Afrikaners….” sien Hofmeyr as niks. Miskien julle regses en verregses wel. Wat het hy nou al GEDOEN en BEREIK vir julle behalwe grootpraat, baie praat en sing. Ek is bly hy was geboikot in Amersfoort, Nederland en Zambië. Nou kan Aardklop hom ook maar die deur wys met sy verdelende Stem. Die lied is ‘n middelvinger na mede-Suid-Afrikaners.

Armand ·

Sloet … dis as gevolg van “afrikaners” soos JY wat met oogklappe rondloop en nog steeds wag vir die Nuwe Suid Afrika se leuns om waar te word, dis as gevolg van liberales soos jy wat nie die realiteit raaksien dat die regering van vadag kop in een mis is met die oposisie en niks omgee vir ONS as Afrikaner nie. Mag ek jou vra wat jy met jou liberale sienswyse en patetiese en komentaar reggekry het? Doen jouself ‘n guns en gaan lees die nuus berigte op hierdie forum. Skrik wakker en besef dat dit tyd is om hande te vat met ouens soos Steve wat immers probeer om deur sy kuns aandag te werp op my en JOU ondergang. Gaan op jou knieë en dank jou Skepper dat jy of jou familie nog nie deel is van die statistiek nie. Sê dankie vir ouens soos Steve wat die ruggraad het om op te staan vir die Afrikaner. Dink twee keer voordat jy weer sulke oningeligde kommentaar lewer. Jy bewys daardeur jou onkunde!

Sloet ·

Nee wat, Armand. Soos Max gesê het, Afrikaners is hul eie grootste vyand, en hy het Hofmeyr by sy naam genoem. Hy moet maar daar vir die ou handjievol verregses Die Stem sing, hier in Nederland is hy nie welkom nie….. eintlik nêrens in Europa nie. Kyk maar na sy konsertplanne…. dit sluit Holland definitief nie in nie. Dit sal maar skoolsaaltjies in Brakpan en stoftente op Kleinvallei bly. Die belangrikste kultuurfeeste boikot hom…. en reg so. Sy FB groep stagneer….. selfs die lede kla dat Hofmeyr NIKS DOEN nie. Die vlammetjie raak flouer en flouer…. die “lyer” is afwesig.

Henry ·

Hopelik is die woordvoerder(s) van die “nuwe herstigte” NWU nie verteenwoordigend van die meerderheid studente en alumni van die PUK nie.
Verstommend hoe “akademiese” siele soos Theo Venter, deesdae as narre vir die ANC se sirkus optree.

Liza Opperman ·

Ek stem saam! Ten minste maak hy nie ‘n moordkuil van sy hart. En probeer witvoetjie soek om in die guns van die regering te bly nie……

Illa ·

Ekskuus Sloet, verstaan ek reg? Woon jy in Nederland? Indien wel het jy myns insiens eintlik geen reg om ‘n opinie te lewer nie. Niks van wat hier aangaan raak jou direk nie, miskien vriende of familie (ek sal nou nie weet nie), maar kom staan aan dié kant van die water en veg die stryd om oorlewing daagliks. Jy hoef nie vir my twee seuns te verduidelik wat van hul gaan word in Suid-Afrika as ons, hul ouers, nie genoeg geld weggesit kan kry om vir hul ‘n geleentheid oorsee te skep nie. Jy hoef nie my man daagliks te bemoedig daar hy op 48-jarige ouderdom daagliks moet swoeg om geld in die huis in te bring, omdat hy te blank is vir poste waarvoor hy andersins sou kwalifisseer nie. Die beste sportsterre sit mos op die kantlyn – nes jy.

Leeutjie ·

Sloet hoe kan jy vir “ons as Afrikaners” praat. Lees die forum en kyk hoeveel “onse” is daar wat saam met jou stem? Die meerderheid hier is agter Steve. Dankie Armand en Illa dat jul hierdie mannetjie op sy plek gesit het! Ek wou meer se toe dag ek dis sommer net ‘n gemors van kosbare tyd!

Geraldine ·

Nee kyk soveel gatkruip, en verwerping van jou herkoms toekoms kultuur velkleur en taal net om in te wees het ek lanklaas in my lewe gesien, moenie vir my vertel dat die NWU nie weet dat Steve die stem sing nie nou hoekom stem die NWU in dat hy daar mag optree net om agterna gal te braak oor iets wat hulle alreeds van kennis dra? Kom ek sê julle hoekom want dit is algemene kennis dat waar Steve optree daar voete is en voete beteken geld so NWU moenie anderpad kyk tot die geld in die koffers is en dan wil kla nie. Ek daag nie by anders kleurige kunstenaars se shows op en kla agterna oor hulle struggle songs sing nie so wat de hel soek anders kleurige mense op Steve se show om net agterna te kla oor die stem?

Pieter V ·

Julle kan nie Jacobs veroordeel vir uitsprake wat hy maak omtrent die sing van die stem nie, as hy dit nie doen nie sal hy oor die kole gehaal word en heel moontlik sy pos kwyt wees en dan is daar nog n geval van sielkundige skade.

Lynette ·

Ek wens al die Afrikaners was soos Steve, dan was ons land nie in hierdie gemors nie. Te bang on golwe te maak. Obs moes lankal opstaan vir dit wat ons glo.

Irene Pool ·

Stem volkome met Steve saam. Ek kan dit nie beter stel nie!!! Alles is waar wat hy se!! Steve vir President!!!!!

Irene Pool ·

Ek het alreeds gese hierbo wat ek dink van Steve se woorde, maar ek bekommer my oor die feit dat nie ALMAL sy hoe afrikaanse woorde gaan verstaan nie!! Miskien is dit nog n rede dat hulle so teen hom het. Hy praat Afrikaans en BAIE min wat dit moet verstaan verstaan dit nie. Miskien dink HULLE hy vloek HULLE! Go Steve Go. Onkunde is geen verskoning nie!

Ian ·

Enige persoon wat dink dìt veroorsaak sielkundige skade, het duidelik reeds sielkundige skade onder lede. Watse skade moet ons boere al he weens die feit dat hul President sing hoe hy die boere met sy masjien geweer wil skiet? Hoekom het hierdie jakkals hom nie daaroor uitgespreek nie? Dit is so jammer wanneer iemand teen sy eie velkleur draai.

Bets Bothma ·

Die Stem moedig geen mens aan om n ander dood te maak nie, dit rig geen skade aan as dit gesing word nie, as ons dit sing of hoor, dan voel jy nostalgies en verlang na n tyd toe ons land veilig was en hiermee sê ek nie ek wil apartheid terughê nie – NOOIT! Maar ek is gatvol vir n regering wat korrup is, want ons land uitverkoop aan die Chinese, n president wat sing “bring die masjiengeweer”!, ens ens! Ek bid ook dat God Suid-Afrika genadig sal wees, maar intussen sien en hoor ek NIKS verkeerd met die sing van Die Stem Nie!

Paul ·

Presies! Maar die pienkes op hierdie forum vergeet dat ons bloed ook vir hierdie land moes vloei; hulle vergeet hoe ons voorouers se vroue en kinders in konsentrasiekampe moes krepeer. So aan diegene wat n probleem met Steve het, sing moet hy WEER sing!

louise ·

Steve mag die Here se seën jou lei om hierdie mense, wie sienende blind en horende doof is, die waarheid te laat besef – voordat dit te laat is.!! Ons sê dankie dat jy die waarheid openbaar maak – ASB !! bid dat julle oë sal oopgaan. Sterkte Steve, gaan voort!!

Buurman ·

Steve, sing die STEM weer en weer en sommer nog n keer oral waar jy optree. Die hel met hulle.

Kaspaas ·

Ok dan moet hulle onmiddelik die Nkosi liedjie afstel ook, bereken ook enorme skade en verdeling. Asook alle ANC struggle songs. Duhhhhh Die Stem is my Volkslied en slegs die stem….

Ruthger van Broekhuizen ·

Die Stem is die mooiste Volkslied ooit! Dit is myne ook! Gelukkig hoef ek dit nie moeghaapland te deel nie!

fransie rowles ·

Stem saam Kaspaas!!
maar lyk my daar is n paar AFrikaners ( meer Af as enige iets anders) wat sommer saam “Kill the boer ” sal sing.

HEVW ·

Hierdie gewaande sielkundige skade is fals en dit behels ook duidelik die onderskatting van die intellegensie van die mense van wie verwag word om dit te sluk. Mens verwag dit allermins van n tersiereinstelling wat hoog opgee vir opvoeding. Wees tog vir n oomblik manmoedig en eerlik en kom na vore met die werliklike rede. Nouja n sekere beroemde het gese: ” Die volk wil sterf, laat hom sterwe.”

Asjas ·

Sing al Die Stem van Gr 1 af, dis dan seker te laat vir my en kan nie meer gehelp word nie.

SNEL ·

Bhaha, ja-nee Asjas, ek is seker ook te ver met my sielkundige skade om gehelp te word. Ons Afrikaners is trots op ons herkoms, volk en ons land en ons weet waar ons wortels geplant is, ons sal opstaan vir wat trots en eie is aan ons. Niemand sê ons verwerp die nuwe nie, maar ons gaan nie ons herkoms begrawe nie, dis soos melktert, koeksisters en biltong…dis deelvan ons, dit vorm ons en gee ons ons kultuur. Sing Steve, SING en basta met die res.

Andre ·

Sielkundige skade…… se voet!!! Die sielkundige skade wat ons as afrikaner volk moet verwerk elke dag word oënskynlik vergeet wanneer jy witvoeitjie soek by die moordenaars!
mooi so Steve….. wat hom vlaffie!!!!!

Genie ·

Ek dink die ‘geleerdes’ by NWU hoort in groendakkies!!!

LVA ·

Steve vir President!!! U GO Steve !!! Ene mnr Sloet die Max aanhanger, waarvoor het jy dan gevlug Holland toe???

TM ·

As jy nie vir iets staan nie, dan val jy vir alles. Dankie Steve dat jy op staan vir dit waarin jy glo.

Mara ·

Aag weet jy. En wat van die President wat luidkeels sing: BRING DIE MASJIEN GEWEER. En Steve DANKIE dat JY opstaan. Ek sing enige tyd DIE STEM OP AANDAG AS die anc se nkosi. TATTA NWU

Manie ·

Nwu help nie om te kruip by die Anc. Hulle gaan julle universiteit verengels net soos my kovsies. Die taktiek is dieselfde as van die lafaards van die N P om die afrikaner te probeer bangmaak. Wat se sielkundige letsels het julle nadat Num vandag op straat sing van maak dood die witman

Genis ·

NWU is soos die NGK irrelevant en toekomsloos. Hulle gryp na grashalms.

Johan 2 ·

Wat het jy teen die NGK? Ek is jou mede gelowige en aanvaar jou manier van God dien en sê jou nie sleg nie.

Johnny smith ·

Steve jy is verkeerd, dit is nie honderde maar duisende miskien nog meer as dit wat aanstoot neem. Dit is tyd vir die witman om sy jannie jammer gat skuus vir alles wat verkeerd is houding te laat staan. Geen regdenkende persoon met ‘n IK bo 80 kan stry dat die “nuwe SA” wesenlik siek is in alle opsigte, en dat dit geensins Jan Van Riebeeck of apartheid se skuld is. Nee, die skuld hiervoor moet 100% voor die kommunistiese ge-indokrineerde ANC se voete gelê word. Gaan voort met jou verset Stem, die Stem van verset word al hoe harder.

Pietie ·

Skitterend Johnny Smith! Ek stem saam!!. Ek was in die verlede nie skaam om te erken dat ek aan die PUK verbonde was en skitterende opleiding daar gekry het nie, ek was TROTS daarop!. Ek begin my nou skaam dat hierdie ge-eerde Afrikaner instelling opentlik gatkruip!. Baie onlangs was ek een van die wat vir die behoud van Afrikaans by die NWU talle oud PUKke gemotiveer het om hulle stem te laat hoor en nou doen die instelling dit!. Magtig, DIE STEM is MY lied, ons het dit gesing omdat ons TROTS op ons land was!. Moet ek nou die “nuwe volkslied” sing omdat ek trots is op wat Suid Afrika geword het??. Gaan voort, Steve!. SING ONS LIED!!

Steve doen tog iets ·

Steve dit help nie ons sing hand-op-die-bors nie – ons moet begin doen. Jy kan om te begin bydraes aan Afriforum doen. Ons weet jy wil nie eintlik geld gee nie, maar jou singer raak nou al bietjie hol-rug.

Annwen ·

As liefde vir my volk en patriotism e sielkundigeskade is dan moet ek op geneem word..

Mariette Hammann ·

Skaam julle, Puk!! Dis my alma mater waarop ek nog altyd trots was, maar as julle die blanke Afrikaanssprekendes hulle kultuur wil ontneem, hoort die mense wat hierdie verklaring uitgereik het, nie op die Puk nie. Geen ander kultuur is beledig of geweld teen hulle aangehits nie, anders as een van julle sprekers daar wat volgens die nuus vanaand geweld teen die blankes aangehits het. Watter stappe gaan julle teen hom neem?

Winston ·

Mooi Steve. Hou nie op nie. Die strukture in plek het geen plek vir die wit ras nie. Dis jou reg en ons reg om te sing van hoe ons voel. Word ons gevoelens in ag geneem deur die agbare stortkop? Nee. Tot waar moet ons agteroor lê? Ons graftes? Laat die wat dink dinge gaan verbeter maar so dink. Hulle hoop en ons weet. Bravo Steve

alda ·

so n perdoon se denkwyse veroorsaak sielkundige skade, my aarde, het hy nie verstand, dis wat die mense wil hoor. los Steve uit

isak ·

Die stem laat my altyd terug dink aan die tyd in die weermag ” ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou suid afrika” wat het jacobs gesing? Kan siener van rensburg se voorspellings nie nou maar waar word nie

Antoniem ·

Waarskuwing: Habashwe beteken “let them die”. “Habashwe let’s do this!” hoor ek heeldag op Metro FM…Is dit ‘n onskuldige sê-ding of word die doodmaak van wittes so gepropageer!? Daar is ook so oorlogsirene en dan so ou wat praat wat onder andere sê “hunt or be hunted”. Dit klink netnie reg nie….gaan luister vir een uur lank Metro FM dan hoor julle of mens dalk net spoke opjaag of dalk ‘n ding of twee oopkrap. Hulle sal nie dink dat wit mense Metro FM luister nie… Ek wou dit net noem. Dankie.

Jaco ·

Die Stem kom uit n gedig uit wat waaroor nou weer gegaan het? Hoekom is dit verkeerd om dit te sing? Dit het niks uit tewaai met die volk wat die land regeer nie. Ons is lekker besig om die geskiedenis van n volk te vernietig sonder dat ons weet waaroor die geskiedenis van die lied/standbeeld gaan. Die dat ons geskiedenis en taal aangeval word is glad nie n goeie teken nie.

Dirk ·

Ek kan dit nie beter stel as wat Steve dit self gestel het nie. Mooi so Steve!!!!

Gertie ·

Ja ek voel erg getramatiseer en emoseneel af getakel. Sal my prokereer gaan spreek oor ‘n skade vergoeding eis en dit dan aan Potch skenk. Dis hoe mal die Steve my maak as hy daai lied sing. Ek is onstabiel endiE klits kwyd. Gee pad voor

Henk ·

Dit is baie duidelik dat jy die anc ondersteun. Jy klink en spel nes die ongeletterde president en is duidelik julle is van dieselfde vorm gegiet. Bly liewer stil dan dink die mense jy is verstandeloos, maak jou bek oop, of tik ‘n sin, en die ganse wereld weet dit.

Chris ·

Ek kry sielkundige skade elke keer as Zuma sing: Kill the Boer”

Gertie ·

Ek ìs ‘n senewee wrak sit my in die gestig ek kan dit md, nie mEER VAt nIEE

Uht die blou va onse bulle
uit die diepte van my pille
waar die krankes antwort gee whAAA

Abri ·

Trots op jou Steve! Dankie, n duisend maal dankie dat jy opstaan vir ons! Mag God seen jou in als wat jy doen en aanpak vir ons volk en kultuur.

Frik Lotz ·

As Steve die Stem sing veroorsaak dit sielkundige skade? Haha haha! Dis mos belaglik! Steve, sing die Stem en moet nooit ophou nie. Ek stem 100% saam met jou. Doen so voort!

Gertie ·

Is ek op??Ek voel erg getramateseer en emosoneel af getakel. Ek drink al 6 valuims as Steve die dodemars sing. Sing vir ons gospel Steve
1 amasing grace
2 hoe groot is U
3 why me Lord
4 sweef soos ‘n arend
5 I exalt Thee
6 die Here is my herder
7 die onse Vader
Daar is solank 7 wat jy kan sing ek sal nog uit dink as my kop opg hou puin
MAKE Love Not WAR!!

humor ·

Sommige kommentare is maar vlak. Mens kan christen wees en ook patriotisties. Die een maak nie die ander irirrelevant nie.

Gertie ·

Kan julle my hoor?.?STEVE moet net nie VADer Jakop op jou gospel plaat sit nie djan dink Zuma dis oor hom.!! Sit liewersters 9. BLY by my Heer
Dis nor. 9 ek sal nog dink vir nog 3 dan het jy 12 vir ‘n mooi gospel plaat@

9 bly by my Heer
terwyl die skemer daal

Spark ·

NEE NWU en Aardklop, NEE!!!!! Ek het so gehoop, selfs geglo, Aardklop gaan nie dieselfde roete as KKNK en Innibos volg nie. Aardklop is ‘n AFRIKAANSE fees (soos die ander, maar hulle het sekere keuses gemaak wat vir my onaanvaarbaar is). Ek gaan nie Oppikoppi toe nie want dit is (sover ek weet) rock en ‘n klomp jonges wat heeltemal uithak. Dit is my keuse om nie te gaan nie, ek verwag nie van die Oppikoppi fees en die persone wat daarvan hou om te verander, om my te pas nie. Ek gaan ook nie KKNK of Innibos toe nie omdat hulle nie die moed het om vir AFRIKAANS op te staan nie. Hoekom moet Aardklop verander om wie ookal te pas? Ek weet nie regtig wie die groep of mark is waarvoor Aardklop nou moet “verskoning” vra en “verander” nie. As jy nie daarvan hou nie moenie gaan nie, gaan KKNK of Innibos of Oppikoppi of na watter fees jy ookal tuis voel, toe. Regtig nou?

Michelle ·

KLOMP BOG, HOU OP VERSKONING MAAK OMDAT JY WIT IS EN OMDAT JY JOU VOLKSLIED SING< DIT IS ONS AFRIKANERS SE GROOTSTE PROBLEEM!

Zander ·

Eerstens dink ek dit is belaglik dat Die Stem veroordeel word volgens sy gebruik. Daarmee bedoel ek dat omdat iemand soos Steve dit gebruik as versetlied, word dit nou beskou as ‘n lied wat mense (wit Afrikaanse) mense wil opsweep om terug te keer na ‘n apartheidsregering.
Tweedens dink ek dit is belaglik dat Die Stem gebruik word as ‘n lied van verset. Help my asseblief as ek verkeerd is, maar gaan die strekking van Die Stem nie oor vereniging tot ‘n beter Suid-Afrika nie? Sing Die Stem volgens sy doel, om mense van Suid-Afrika te verenig in die trots van hulle land. (Alle Suid-Afrikaners)
Ek waardeer die vuur en vlam wat Steve het vir die Afrikaanse taal, maar dit voel amper asof hy nie altyd dink wat hy doen nie. Op hierdie stadium lyk dit asof hy meer skade aan die Afrikaanse saak doen as wat hy dit bevorder.

Heinrich ·

Zander, ek hoor wat jy sê dat dit belaglik is dat die Stem veroordeel word vir jy gebruik en stem heelhartig saam. Die ding is dat die klein breintjies wat die land regeer die pot heeltemal mis sit van waaroor die lied gaan, en dit sien as ‘n heimweë terug na die ou SA. Nie alles uit die ou SA was sleg nie; en ja, ons hunker terug na dit wat goed was maar nou heeltemal verval het. Maar omdat hierdie lied op een van hulle senuweetjies druk, speel ons lekker saam en staan ons op vir wat verkeerd is in die land deur die lied te sing. Hulle bohaai is maar net nog ‘n smokescreen om eintlik die aandag af te lei van die daaglikse gemors wat hulle aanvang, so terwyl hulle kamptig aanstoot neem en die ruggraadloses vou onder cANCer se weergawe van politieke korrektheid, sal ek saam met Steve die stem sing UIT VOLLE BORS!!!!

Winston ·

Kyk nou hoe lekker KAN ons saamstaan. Heerlik om die kommentaar te lees. Staan saam en staan sterk mense. Goed gedaan Steve.

Lodewyk ·

Noudat Steve eiehandig Die Stem. Tot versetlied verklaar het. Sal Malema en die EFF. Daarin slaag om dit te verwyder. En ons daarvan te ontneem. Op plaaslike en Internasionale vlak. Sodat Die Stem stil sal word. En net een maal per jaar. By ‘n obskure kontreifees. Gesing sal word. As dit die doel was. Het dit geslaag. Het Steve en Malema. Saam geywer om diè mikpunt te bereik?

Lulu ·

As ek al die kommentare lees, is al wat ‘n sielkundige inrigting VOL! Is daar plek vir my ook asb?
YOU GO STEVE!

Bruno Stef ·

Tipies kommunistiese/sosialistiese drukgroepie taktiek gee drie tree vorentoe kyk wat die reaksie is en een tree terug as die weerstand te erg raak. n Mens kan die hand van die ultra liberaliste duidelik waarneem agter hierdie verklaring want hulle sit verskuil agter alles en die uiteindelike vereiste daarom is totale aanvaarding en n sagmaakproses wat gaan volg.Daar is vir die meerderheid Afrikaners sommige tradisies wat nie onderhandelbaar is nie.

Casper Labuschagne ·

Ek sing Die Stem uit trots. Trots op my volk; trots op my land; trots op wie ek is; trotos op my taal; trots as Afrikaner; trots op my herkoms. Ek kruip nie. My Afrikanervolk kruip ook nie. Ons sing Die Stem. Hoor die magtige dreuning en weet ons volk het trots.
0 retweets 0 favorites

Dr Corné Mulder ·

Hierdie is beslis nie die standpunt van die NWU of 90% van sy studente op Potchefstroom nie. Dis die standpunt van die nuwe bestuur waarskynlik wat natuurlik ooordrewe polities korrek wil wees. Dalk kan Theo Venter die adviseur van die nuwe Kanselier aan ons sê wie se idee dit was, tensy dit dalk sy idee was ?

wanda ·

Die stem is al volkslied wat ek ken en ooit sal ken. Hoe mooi was dit nie elke keer wat ons as voortrekkers die stem gesing het op die trappe van die monument… Daai nkosi afêre staan my nie aan nie. Steve is opreg …afrikaan in hart en siel.

Johannes Meintjes ·

Dankie Steve. Daar is die wie doen en daar is die wie praat. In Afrika is die skonere en tradisionele kunste ‘n algemene en baie aanvaarbare manier om protes of ontevredenheid aan ander en aan meerderes oor te dra. Iemand moet die belange van minderhede behartig. Dit verg durfmoed en daad by die woord. Sing dit weer, asb!

Johanna ·

Ek sou dink NWU moet liewer stil bly en hulle bekommer oor wat op hul kampus aangaan. As hulle dink om hulle van Steve en sy keurspel te distansieer gaan hulle interne probleme oplos, maak hulle ‘n groot fout. ‘n Mens kry nie “brownie punte” by die opposisie met sulke uitlatings nie. Jy lyk net swak in almal se oë.

Liezel ·

Ek sien niks voutas Steve die stem sing nie. As ‘n mens mooi na die Woore van die Stem luister Wat Steve sing. Word God in dai lied geloof.!! En daar is so reg so vryheid van spraak.

Elsa ·

THUMBS UP vir Steve Gooi hom Steve Gooi hom Uit die blou van onse hemel……

vermeende ·

Ek woon Steve se vertonings by net om die STEM saam te kan sing.

Joan ·

Ag siestog – moet seker sy werk beskerm né. Go Steve go – sing dit weer en weer en weer!

Millie ·

HAHAHAHAHAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!!!!!!!! EK sal graag sielkundige skade ly agv luister na die STEM!! Het diesulkes wat so kla al mooi na die woorde gaan luister?? of nee!! Moenie luister nie – jy gaan sielkundig skade kry!! Lees dit liewer net en besluit dan

Beertjie ·

Sielkundige skade!!!! Dis iets wat ons in die nuwe SA gekry het met die ANC se “goeie storie (sic)”. Sielkundige skade is wat jy kry wanneer vriende of familie uitgemoor of vermink word. Sielkundige skade is wanneer daar in ‘n ” demokratiese land” op grond van jou wit velkkeur teen jou gediskrimineer word. Die Stem was nog altyd ‘n trots vir ons. Luister by sport byeenkomste hoe dreun die volkslied wanneer ” Uit die blou van ons hemel” gesing word.

Ek is trots om wit te wees. Maar ek is ook lief vir my bruin en swart landgenote. Trots en haat is twee totaal verskillende dinge. Ek hou net nie altyd van wat hulle sê nie. Maar so hou ek ook nie altyd van wat sekere wittes sê nie, bv NWU. Liefde en wedersydse respek is die kode woorde!!!!!

Rikus ·

Ek verstaan nie hoekom die NWU gevoel het hulle moet hulself uitspreek hieroor nie. Dit is die Clover Aardklop. Nie die NWU Aardklop nie. Ja, hulle gronde word gebruik, maar dis nie hulle wat die kunstenaars/vertonings reel nie.

Dup ·

Waarop is ek trots?

1: My God!
2: My taal!
3: My mense!
4: My land!
5: My volkslied (Die Stem)

Eliza-beth ·

DUP, jy noem jy is so trots – hoekom borg jy en andere dan nie ‘n Afrikaanse woord – sien Maroela berig “Borg ‘n woord – saam met Deon Meyer”. Julle almal skree agter Steve aan en kerm die anc maak ons taal dood so DOEN iets!Onthou dis nie net een ding of een mens wat AFrikaans of die Afrikaanssprekende kan “red” nie. Jou R100 gaan ‘n groot verskil maak. Komaan, laat ons saamstaan vir Afrikaans as taal!

Beertjie ·

Sielkundige skade!!!! Dis iets wat ons in die nuwe SA gekry het met die ANC se “goeie storie (sic)”. Sielkundige skade is wat jy kry wanneer vriende of familie uitgemoor of vermink word. Sielkundige skade is wanneer daar in ‘n ” demokratiese land” op grond van jou wit velkkeur teen jou gediskrimineer word. Die Stem was nog altyd ‘n trots vir ons. Luister by sport byeenkomste hoe dreun die volkslied wanneer ” Uit die blou van ons hemel” gesing word.

Ek is trots om wit te wees. Maar ek is ook lief vir my bruin en swart landgenote. Trots en haat is twee totaal verskillende dinge. Ek hou net nie altyd van wat hulle sê nie. Maar so hou ek ook nie altyd van wat sekere wittes sê nie, bv NWU. Liefde en wedersydse respek is die kode woorde!!!!!

Steve – ek is trots op jou……..

Alta ·

Maar as daar gesing word “kill the boer” veroorsaak dit nie emosionele skade nie.

Celna ·

Wat het van die NWU se beleid van jare gelede “Christelike Hoër Onderwys” geword? Natuurlik verwerp, en ondersteun die ANC eerder – anti-chris!!!! Belaglik – jy kan nie God en mammon dien nie!

Lientjie ·

Net jammer ons kinders ly onder al die gemors. Ons kinders gaan nooit die stem kan sing soos ons dit gedoen het nie, ons kinders gaan nooit die voorreg he om hulle ware geskiedenis te ken nie. Ons kinders gaan nooit die woorde van Die Stem ken nie. Dit maak my so hartseer.

Beatrix Stevens ·

Steve Hofmeyer moes al lankal n Leier van die Land gewees het…. ”’ Hy is n Trots Suid- Afrikaner… Hy staan op vir sy Taal”’ Hy is die een wat n verskil wil maak … En kan maak”’ Soos hy sing in die Stem ;;; … Ons sal Lewe ons sal sterwe… Ons vir jou Suid-Afrika.. Met Trots omdat hy elke woord bedoel”’ Dit gee n mens koue rillings”’ die oomblik as daai gedeelte gesing word… ” Trots… Steve n mens kan nie help om na elke woord te luister wat jy praat… want dit maak sin”’ Dankie vir wat jy vir ons LAND BETEKEN”” en Dankie dat jy Opstaan en terug veg…”’ JY IS EN BLY N WARE SUID-AFRIKANER- EN N GREAT SANGER.. XXXX

Danie Arndt ·

Steve jy kort n Bells. Ons blankes wat nie so slapgat is nie moet begin saam staan. Ek sing die stem uit volle bors en is trots da op. De hel met die ANC en NWU.

Wilhelm ·

Mooi Steve moenie jou steur aan die “ander” nie, hulle is blykbaar alreeds sielkundige wrakke wat nie meer balans kan handhaaf nie!

Susan ·

STEVE DOEN WAT JY DOEN DIE BESTE!!!!! Jy is die enigste een wat baklei vir on taal en kultuur. Hoekom trek hulle nie ‘n petisie op of luister na wat die mense te sê het nie. Ek dink ons afrikaners soek ‘n plek waar ons ons taal kan luister sonder enige teenkanting. Aardklop julle stel baie AFRIKANERS teleur. Wie het julle nou weer omgekoop ???????

woord ·

die suspisie van regeringskant is dat die Afrikanervolk ‘n bedryging vir hulle inhou-
dit is waarom hulle universiteite/skole ens. teiken om deur sielkundige intimidasietaktieke die volk te onderdruk om nie te groepeer nie- die verdeeldheid word juis gesaai om ‘n patriotiese oplewing te verhoed ten alle koste- dink daaroor.
ongelukking is die toekoms prent een van waar Israel moes waak terwyl hy die muur
van sy stad moet herstel want van uit alle oorde is hulle gedreig en is daar gepoog om die bouwerk te stop- vra jouself die vraag af – waarom ewe skielik al die klem op ras vir 2015?
daar is ‘n vrees dat patriotism sy kop gaan uitsteek en die appelkar/die kommunistiese plan
gaan omgooi. Dus is dit vanselfsprekend dat Die Stem in besonder en enige ander moontlike patriotiese wekkende lied senuagtigheid sal veroorsaak en bestuur sal word. Dus vernietig alle vrug van wat was- breek ‘n volk se geloof, sy herkoms en vat
sy eiendom. Gebruik wetgewing om dit reg te kry en as dit nie werk nie neem
die reg in regeringshande soos ons begin sien.

Malinda ·

Ek wonder wat gaan gebeur az elke liewe een van ons by onz werksplek in die winkelsentrum of enige ander plek so by onsself die stem gaan begin sing of net dit neurie? ek gaan dit doen

lang jan ·

ja nee,ek lei ook defnitief aan sielkundige skade!!! :) Afrikaans bly my taal en die volkslied sal altyd MY volkslied bly.NWU is sielkundig gestremd om strooi kwyt te raak

Anthon von Lisenborgh ·

Ek sing ook die Stem van kleins af op skool met trots. Ook die Hallelujah liedjies uit volle bors in ons kerke gesing met toewyding. Toe verwyder ons teoloe die HalleluJAH liedjies hier in 1952 en van toe af het ek n wroeging in my siel dat ons dominees as die man van God soos my ma beaam het, en toe bunk ek…geweier om kerk toe te gaan waar die kerk die naam van God verwerp en belet dat kinderjies wat Jesus lief het…dit nie meer mag doen.. vandag verstaan ek dat hierdie dominees dit gedoen het in die vloek van God op hul koppe in Malesgi 2 en hoekom die NGKerk binne kort gaan leeg loop soos ook die ANC wat my Geliefde Volkslied verban vervloek is mbt hul voorvader gees aanbidding. Onz het meer mense soos Steve Hofmeyer nodig. Almal wat hom aftakel is nie van of in die naam van Jesus Christus nie. Soos baie Predikante ook. LEES MALEAGI 2 EN KYK SELF.

sarie van heerden ·

Suid=Afrika was eens ‘n gerespekteerde land wat soms die voortou geneem het in verskeie wetenskaplike rigtings. Uit die as van die Boere-oorlog nalatenskap staan die Afrikaner op en bou d ie land op tot ‘n trotse vooruitstrewende gemeenskap wat op navorsingsveld leiers opgelewer het. Toe word ons “bevry” en ‘n nuwe regering kom, kaap alles wat tot dusver vermag en opgebou is en dompel ons in hierdie bodemlose gemors waarin ons vandag sit en dan kerm hul oor die sing van ‘n volkslied waarop ons trots is.

maggie ·

ek is ‘n wit (trots) vrou wat op ‘n plaas woon(trots) wat net my geld uitgee by plekke wat my in afrikaans bedien (trots), net afrikaans praat (trots) , en jou summier inlig dat ek nie verder met jou kan praat oor die telefoon as dit ‘n instansie is, wat my afrikaanse naam en van voor hulle het, my in engels aanspreek nie. ek staan trots as die Stem speel, maar bly sit as nkosi sikelele speel, want ek erken dit nie. Ek leer my kinders om afrikaans te praat en geld uit te gee by afrikaanse plekke. wat steve sing is sy besigheid, en dis my keuse of ek die skoue ens wil ondersteun. maar ek dink darem nie hy moet ‘n president word nie?

Henk ·

Steve al ons regte AFRIKANERS ondersteun jou, die lafards en draad sutters nie. Jy is ons HERO!!!!

Michelle ·

Die Stem gaan oor hoe trots ons op ons land Suid-Afrika is – blou van ones hemel, diepte van die see, ewige gebergtes, kranse antwoord gee, ver verlate vlaktes,- alles is ‘n beskrywing van trots op ‘n mooi LAND. Maar ja dis seker die “kreun van die ossewa wat die probleem is”.

joemoeranc ·

Ek ontwikkel sielkundige probleme as ek die Stem hoor en nog meer as ek hom sing. Ek ervaar trots, hoendervleis, ‘n behoefte om nog harder te sing, trane en dan ‘n orgasmiese goedvoel gevoel sodra dit klaar is.

Dup du Plessis ·

Jy doen goed ou Steve, moet se jare gelede toe jy ook by die ou Technikon van Pretoria gestudeer het, (vandag se TUT – Tragiese Universiteit van Transformasie) het ek gedink jy was maar liberaal – maar vra verskoning , ons was ‘n klompie wat uit die bos gekom het, 2 jaar se diensplig en ‘n jaar as Valskermsoldate in Angola – jy moet ons maar vergewe omdat ons gedink het jy’s ‘n liberalis. Daai lang hare en jas wat jy gedra het, het ook nie juis vir jou saak gehelp nie, tog het ons almal geweet jy sou vêr kom met jou sang. Hou so aan, en kom sing maar weer tussen die silos.

Leonie Erasmus ·

STEVE VIR PRESIDENT!!! U GO STEVE!!! Enigste Afrikaner wat guts het!!! Mnr Sloet, die Max aanhanger hoekom het jy gevlug Holland toe???

Susan ·

Steve sing Die Stem weer en weer.Dit is ons Lied en ons Trots.Ons het so groot geword en sal so dood gaan.Wat het geword van Vryheid van spraak. Dit is ons Taal en Land ook.Ten munste kan ons tel en getalle in miljoene lees en sê ook.

JJ ·

@ Sloet…. 2 vrae jy se” hier in holland” woob jy in holland? Indien wel, hoekom?

R Pretorius ·

So die NWU se kollig is nou op Steve, weg van ou “”dan kgwadi”” die aan hitser, bepaal julle aandag op daai ou hy gaan probleme veroorsaak, raak ontslae van hom !!!!!!!!!!!!!!!

Moeksie ·

You go Steve – hou aan om die Stem te sing – ons soek jou as ons leier van Suid-Afrika. Jy kan – run for president Forest – RUNNNNN. Ek is mal oor Steve……en omdat hy ‘n TROTSE Suid-Afrikaner is.

Alta Matthee ·

Ek stem 100% saam met Steve. Die sogenaamde hartseer verlede is pateties om die minste daarvan te se. Wat dan van die sogenaamde hartseer hede en toekoms. Wat van menseregte en om ook ‘n reg en se te he. Steve, ek staan saam jou. Universiteit – julle laat toe dat julle menings gemanipuleer word net om te kan voortbestaan. Ek weet niks van politiek nie en stel glad nie daarin belang nie, maar reg is reg en verkeerd is verkeerd, ongeag wie of wat jy is. Skrik wakker!

marilda schoombee ·

Al wie sielkundig geknak is, kan net geagte Dan Kgwadi wees. Een van Aardklop se werknemers het gese dat hul nie bang of skaam is nie! Hulle het mos geweet hy gaan dit sing, nie waar nie? Ek was daar, dit was hoendervleismooi, en duisende het saam gesing! Dankie Steve, en moet jou asb nie steur aan die liberaliste nie. Ek is oortuig dat die PUK-verteenwoordiger dit in opdrag gese het. Baaaaie studente het dit saam met ons gesing! Hou so aan, Steve, ons is nie bang of skaam nie!!!!

Marina Vermeulen ·

NWU dis julle opinie maar dis nie noodwendig die waarheid nie. Hoe weet julle hoe voel ek oor die stem?

Nic. ·

Alles wat Steve vir ons wil he gun hy ook vir elke burger van die land. Niemand HOOR altyd wat hy se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.