NWU-student ‘gekasty oor hy opstaan vir wat hy glo’

Shaun Christie

Shaun Christie, ’n senior student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat in Februarie geskors is na aanleiding van sy openbare beswaar oor die inhoud van ’n oriënteringsessie vir eerstejaarstudente, se dissiplinêre verhoor sal amptelik Dinsdag begin.

Sy versoek om regsverteenwoordiging tydens die verhoor is einde verlede maand toegestaan. AfriForum Jeug se regspan sal hom tydens die verhoor verteenwoordig.

Volgens Ronald Peters, AfriForum Jeug-bestuurder, was ’n LGBTQIAP+-vereniging die enigste wat as deel van die amptelike eerstejaarsprogram toegelaat is om ’n sessie aan te bied. “Dié besluit van die NWU-bestuur het ’n geleentheid vir ontevredenheid geskep, maar nou word Christie gekasty omdat hy opgestaan het vir dit waarin hy glo,” meen Peters.

“Ons vertrou egter dat die onafhanklike voorsitter van die dissiplinêre verhoor objektief na elke faset van Christie se saak sal kyk en ook Christie se grondwetlike reg tot vryheid van uitdrukking sal oorweeg.”

Die verhoor sal na verwagting minstens drie dae lank duur. Luidens die klagstaat word Christie van vyf onderskeie aanklagtes van wangedrag aangekla.

Die universiteit voer onder meer aan dat Christie homself met opset skuldig gemaak het aan “haatspraak deur studente aan te hits om teen die LGBTQIAP+-gemeenskap op te staan”. Daarbenewens word hy daarvan aangekla dat hy ʼn universiteitsprogram opsetlik ontwrig het; die regte van die spreker van die betrokke sessie, Chloe Valerie van der Walt, geskend het; homself skuldig gemaak het aan vyandige behandeling van die LGBTQIAP+-gemeenskap; en dat hy wederregtelik en met opset ʼn valse uitlating rakende die universiteit se beweerde onverdraagsaamheid teenoor Christelike waardes gemaak het.

Christie is na die voorval op 6 Februarie tydelik geskors. Sy tydelike skorsing is op 13 Februarie gedeeltelik opgehef. Die universiteit se dissiplinêre komitee het daarmee dié vierdejaarregstudent toestemming gegee om weer sedertdien aan akademiese verrigtinge op die kampus deel te neem. Hy word egter steeds nie toegelaat om enige van die universiteit se openbare geleenthede by te woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Karoo ·

Daar is ‘n tyd en’ n plek vir alles….sfudente is daar om te studeer, studeer klaar, en maak dan jou maak in die sakewereld en maak ‘n bydrae tot die samelewing, waarin jy ookal glo.

Nettie ·

Mense wil nie ‘n sessie bywoon waar die reels van Christenskap uiteengesit word, asook Islam, Buddisme, of hoe om kondisies soos outisme, blindheid, gehoorgestremdheid, ADHD, of die verskille tussen mans en vrouens, of tussen rasse, of Zulu vs Xhosa kultuur nie. Hoekom op deesaarde moet studente luister na ‘n sessie waar LGBT daardie voorreg gegun word? En as jy kapsie maak, word jy so behandel?

Ek is bly die jongman staan op hierteen. En vir sy geloof. En dat Afriforum hom ondersteun. Sterkte aan almal met die prosedures.

Wakkerslaper ·

Hierdie is ware Christene in Suid Afrika se voorland. Staan sterk Shaun. Jy het opgstaan vir God se Woord en vir wat REG is. Jesus Christus het self gewaarsku dat die wat Hom liefhet en kies om Hom te volg deur die wêreld gehaat sal word (Joh 15:18-27).

Marinda ·

Dit is nogal interressant dat daar so hewig beswaar gemaak word teenoor die student en selfs die een in stellenbosch, maar die rooi pette mag maar skreeu kill the boer en niks word gedoen nie. Die kind staan op vir dit waarin hy glo, wat is verkeerd daarmee. Maar wees virseker dat God in beheer is, en Sy plan sal op die regte tyd geskied.

Gert ·

Nou moet die met ruggraat net saam hom opstaan teen dit wat hul glo verkeerd is.

KB ·

Dankie Maroela Media dat julle my boodskap ook uitvee.
ʼn Christen Pa van meer as een student wat hul nagraadse kwalifikasies tot op die hoogste vlak by NWU verwerf het!
NWU se studenteraad moet liefs bedank, want hulle diskrimineer teen ʼn magdom studente en ouers, in hul swak liberale besluite.
Mag die Here julle tot jul sinne ruk. Julle is nie opgewasse vir jul taak nie. Ek skaam my vir die studenteraad en die NWU wat did kluts skoon kwyt is.

Mariet ·

Dis wel so, maar daar is ook n sekere manier hoe en wanneer n mens iets doen.

DJ ·

Dit wat jy doen is die regte ding Shaun. Hou by jou Christelike beginsels.

Tewis ·

Mariet ek dink dis van al die sekere maniere, waar ons sit vandag.

Michael ·

Ek stem 100% saam met Shaun en as ek daar was sou hulle my ook moes skors

Martie ·

Hierdie groep mense met die hele alfabet se letters soek aandag. Hulle is vooraan elke gesprek en die regering maak asof hulle beskermde wild is. Tog snaaks toe ons destyds in die voorheen swart state gewoon het was dit taboe tussen hulle, waar die skielike liefde?

karin ·

@Shaun Chritie, ons dink vandag aan jou, sterkte! Dis so n jammerte dat al die “woke” mense daar buite eintlik vas aan die slaap is. Solank HUL saak gestel kan word is dit basta met die res. Ek identifiseer met dit wat op my geboortesertifikaat uitgereik is en trots daarop.

Maria M S ·

Baie sterkte Christie, God sal jou hand vashou ook hierin, soos Hy jou gehelp het om vir Hom op te staan teen dit wat Hy in sy Woord
sê verkeerd is in sy oë. Hy sê in sy Woord dit is n gruwel in sy oē, dit wat hier deur NWU aan die studente voorgehou is as sg reg.

Aldie ·

Studente is soms brawer as ouer mense, hulle moet toegelaat word om hul eerlike mening te lug, solank hulle dit met respek doen. As iemand nie hou van kritiek nie,is dit omdat daardie persoon self twyfel aan sy mening???

Mari ·

Niemand vra die vraag nie: WAAR kom die goed vandaan wat op ons af gedruk word? WIE het dit uitgedink? WIE het besluit mens mag nie meer ‘n keuse hê of jy daarna wil luister of nie wil luistr nie??

Jurie ·

Baie dankbaar dat iemand die oortuiging en moed het om op te staan.Voorspoed

meyburghm ·

Een van die klagtes nl. dat Christenskap nie openlik in koshuise mag beoefen word nie is waar. My kind was 15 jaar terug reeds in een van die koshuise belet om in haar eerstejaar tydens oriëntasie kerk toe te gaan. Daar mag nie oor Christenskap openlik in die openbaar gepraat word nie – dit kan ander gelowe affronteer. Maar sekere gelowe se gebruike moet gerespekteer word al is dit openlik – soos Ramadan en Eid.

Marinda ·

‘n Kind van God is nie veronderstel om onbedagsaam te wees deur ‘n byeenkoms te ontwrig – net omdat hy nie saamstem nie. Ons roeping is nie om ons naaste te veroordeel, net omdat hulle anders sondig nie. Shaun se boodskap aan die homoseksuele studente was: Christene is mense wat ander verwerp.

DieKriek ·

Ek stem saam met Shaun, net nie met die wyse waarop hy sy beginsels uitdruk nie. As mens voorkom as n arrogante klein twak, gaan jy teenspoed kry, al is jy ook hóé reg.

trotsNAMSA ·

Marinda, ek stem saam.
SA’ners is gou op die Christen “karretjie” te klim. Het hierdie jongman tot bekering gekom of handhaaf hy net Christelike waardes. Aan jou voorbeeld sal jy geken word. As wedergebore Christen, m.a.w. ek het ‘n verhouding met DIE VADER, SEUN EN HEILIGE GEES, sal niemand my weghou van my Kerk en geloof !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.