NWU-student gelooi oor ‘rassistiese’ plasing

Phomolo Maoba. Foto: Via Facebook

Tugstappe word teen ʼn student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen nadat sy vermoedelik te midde van Maandag se landswye Swart Maandag-optogte ʼn gewraakte inskrywing op Facebook gemaak het.

“Om swart te dra sal niks help nie, want julle sal vermoor word nes jul baas Terreblanche” (sic) – lui ʼn inskrywing in Engels wat skynbaar Maandag op Phomolo Maoba se Facebook-blad verskyn het.

Talle sosialemediagebruikers het dié opmerking met verontwaardiging ontvang, dit as rassisties bestempel en van die NWU geëis om stappe te doen aangesien sy aan dié instelling se Potchefstroom-kampus studeer. Sommige gebruikers het ook met haatspraak en dreigemente gereageer.

Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die Potchefstroom-kampus van die NWU, het Dinsdag bevestig die NWU is bewus van die eienaar van die Facebook-blad se uitlating en nodige maatreëls word getref, “soos wat ons in al sulke gevalle doen”.

“Ek en die student was in gesprek. Sy word aangekla en die verhoor sal spoedig plaasvind. Dit is nou belangrik dat die vuur wat sy aangesteek het, nie verder gestook word nie,” het Janse van Rensburg gesê.

“Ek vra dus van almal om verantwoordelik kommentaar te lewer en die dissiplinêre proses sy gang te laat gaan.”

Maoba het intussen verskoning gevra vir die plasing: “Swart Maandag-boere. Ek is so jammer vir elke ongeskikte kommentaar wat ek geplaas het. Dit is nie reg vir enigeen om dit te plaas nie. Ek is innig jammer.”

Janse van Rensburg het gesê kommentaar in reaksie op Moaba se plasing gaan ook ondersoek word.

‘n Skermskoot van die uitlating.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Mariette Hammann ·

Ek eis haar onmiddellike skorsing, ter wille van die Blanke studente daar se veiligheid!!!

Liana de Villiers ·

Syt net om verskoning gevra oor sy moes dit was nie opreg nie. Sy moet summier geskors word. Dis haatspraak!

Daleen ·

Ek stem saam Haan sy moet oookn boete en skorsing opgele word daar moet ook nvoorbeeld van haar gemaak word !!!!!

Cornelius ·

Anyone who supports the murdering of anyone regardless of race, is not fit for society. Her statement was a direct murder threat and should be taken up seriously with jail time.

No excuses. The country claims that it will not tolerate any further racism, so this, as with the guys that was sent to jail for putting a guy in a coffin and threatening to light it up, she needs to get quite a hefty ruling.

A Mac ·

Sê sy jammer omdat sy gevra is of omdat dit opreg is. Ek kan ook jammer sê maar agteraf lag ek jou uit. Jammer beteken in party gevalle heeltemal niks.

Petrus (BierPens) Viviers ·

Ek dink in die lig van versoening en die rasistiese uitsprake deur somige blankes gemaak word moet die dame verskoon word.

Haar woorde het my geen skade gedoen nie. Sy moet dalk net n ordentlikke opstel skryf oor plaasmoorde ek wil graag sien hoe sy dit verstaan.

Johan Strydom ·

Penny Sparrow het swartes ape genoem en was swaar gestraf. Daai kooper dief wat in die doodskus gedruk is, is nou kamstig ‘n held en die mans wat dit gedoen het kry 14 tronk straf omtrent twee keer langer as Oscar nadat hy Reeva geskiet het. Zuma en Malema kan “kill the boer” sing en niks oorkom nie. ANC LP’s kan sê plaasmoorde is goed en niks gebeur nie. Hierdie dubbele standaarde moet gestaak word en die meisie moet geskors word. Haar woorde kan baie meer skade doen as sparrow se twak. Wanneer laas het ‘n swart politicus swart rassime gekritiseer?

Mariette Hammann ·

Van watter versoening praat jy? Vandag is weer 3 boere vermoor!! Kom tog by!!

Verbaas ·

Ek stem in plaas van haar stenig help haar op die regte pad en vind eerder uit wat het met haar gebeur dat sy so n sterk reaksie gehad het. Ek verstaan mense glad nie. Meeste van ons wat hier skryf het Ma. Deelgeneem aan die swart dag en gebid en getreur, en glo dat God ons hoor, maar meeste van julle se harte is so hard dat julle die vrou nie kan vergewe nie. Miskien verstaan ek Christenskap nog al die jare verkeerd.

Asjas ·

Terwyl haar woorde my geen skade gedoen het nie, het sy my wel beledig en afronteer deur haar plasing en sy moet soortgelyke behandeling ontvang as ander wat ook afronteer.

Haan ·

Wat van daai PUK student wat vroeër die jaar n hengse boete en opgeskorte skorsing gekry het? Waar was ‘versoenning’ toe?

Petrus (BierPens) Viviers ·

Penny Sparrow was n volwasse DA raads lid. Wel op ,n stadium. Sy het van beter geweet. Hierdie is nog n jong mens. Gee haar n kans om haar fout te herstel.

Sy is in elk geval geen gevaar vir enige iemand se veiligheid nie.

stella ·

Mense wat rassistiese aanmerkings plaas weet dit is verkeerd en dan sé hul altyd daarna hoe jammer hul is want hul weet hul word betig. Daai jammer is nie eg nie, waarom nie stilbly nie.

Anne ·

Ruk die mat uit onder daardie voete. Dis wat met die bkankes gedoen word as hulle so iets se

Jammer ·

Jammer !! Jammer !! Dink jy kan sê wat jy wil en alles uitvee met jammer !! Mens kan seker volgens jou moord pleeg en dan net “jammer” sê. Kan nie wag om die uitslag te kry nie, sal seker net onder die mat in gevee word. Daar was Maandag nie EEN blanke wat hom skuldig gemaak het aan haatspraak nie. Dis mense soos jy wat dit aanvuur en nie “Black Monday” soos wat die ANC beweer nie. Gedink ons mense kan nie saamstaan nie ne

Basjan ·

Sy is nie jammer oor wat sy gesê het nie, maar wel jammer dat sy uitgevang is.

Gifappeltjie ·

Ek het gister R500 boete gekry vir spoed, ek is VREESLIK JAMMER!! Moet ek nog betaal??

Michele ·

Sies, dis sad…23 jaar na demokrasie en haat vir mekaar is erger …veral onder die jonges. Al wat ek kan se is sies, Phomolo, en sies vir elke persoon wat rassistiese uitsprake maak. Sies vir elke ouer wat hul kind rassisties orienteer. Sies..dis sad!

DewaldS ·

Die grootste sondebokke tov rasse-verdeling en dubbele standaarde is die hoofstroom-media Jy het dalk net vergeet om hulle te noem?

Diklizzy ·

Sy moet ook geskors word en alle finansiële ondersteuning verloor soos die Tukkies student

Mari ·

O ek het nou als gesien! Wat van die wit Blue Bulls Babe wat haar beurs kwyt is uit die universiteit geskop is en uit die Bulls Babes spannetjie geskop is oor ‘n video met rassistiese uitlatings, is die dan nie so erg nie? Dis blerrie 10000000 maal erger! Maar sy kom weg met sulke snert!!!? Word basies oor die vingers getik, hou maar dop daar sal niks met haar gebeur nie! Sy kan daai verskoning by dieselle plek opdruk as ou Heinz s’n!

Retha ·

Is suly ook onmiddelik geskors en haar beurs weggevat, of geld duidelike dubbele standaarde hier?

Penellope Jones ·

Hoekom is dit aanvaarbaar dat rassistiese opmerkings teenoor blankes gemaak mag word en dan sommer net afgewater word, maar andersom is die h-e-l (jammer) behoorlik los?
Twee verkeerde dinge maak nie een goeie nie, wat vir die een geld moet seker ook vir die ander geld?

Riana ·

Sy vra om verskoning omdat dit “ongeskik” was – dis nie waarvoor sy moet om verskoning vra nie. Dis duidelik dat sy geen respek het vir ‘n mens se lewe nie. Sy is vol haat / afguns en ek wonder hoeveel daarvan is teen haarself gerig? Of is dit arrogansie wat die gevolg van ‘n skeefgetrekte wereldsiening is. Tsk tsk dat mens jouself met soveel negatiwiteit belasting. Gaan vir terapie Sus. Werk deur jou issues, jy gaan siek word van daai goed wat aan jou eet.

Deon ·

Die jonges van vandsg weet nie van apartheids jare nie en soos ek ook wat al 41 jaar oud is…hulle se hoor van mense wat wel daardeur is en dink die nuwe generation kan als verander…..ek dink die nieblanke jong mense is die wat die meeste rassisme het en orals vuure aansteek..ek het baie swart mense wat saam my werk en elke liewe een se dat hulle glad nie saam rassistiese opmerkings van hulle kant af saamstem nie…hulle se ook dat hle verkies het 30 jaar terug as nou….ek sien n bittere moeilike tyd wat binnekort gaan gebeur…ons moet maar hoop en bid vir die beste…maar dink dis te laat…

Bianca van Zyl ·

Ek glo nommer een nie die verskoning dat dit enigsins opreg is nie. Baie mense sê net jammer wanneer en omdat hulle gevang is.
Om sulke haatspraak op FB te kan uiter en hoop op mense op vermoor te word sê vir my iets van iemand se karakter.

Ray ·

Jammer en innig jammer verander nie woorde wat geplaas is nie. Ou gesegde. Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Maar ja hiervan gaan waarskynlik niks kom nie.

Kaster ·

Kom ons vergelyk haar straf met die straf wat die twee meisies van tuks gaan kry vir woorde wat nie sulke dreigemente ingesluit het nie.

Jen ·

Nee sy moenie verhoor word nie sy moet onmiddelik uit die universiteit geskop word soos die blanke student van pta universiteit. Dis tyd dat daar iets aan hulle gedoen word met hul rassistiese uitlatings

Stephen Namibia ·

Ons wag in spanning om te sien of sy soos Pennie Sparrow voor die hof gedaag sal word.

Ederik Kritzinger ·

Die doodskis boere het ook gesê dat hulle jammer is, maar moet ‘n leeftyd in die tronk sit!

Hardekool ·

Sorry bierpens ekt per ongeluk op raporteer getiek by jou post. Oops? in elk geval stem ek saam met jou mening. Sy is n jong student wat moet vergewe word vir wat sy gesê het…. hoop maar dieselfde vir die ander een by pta uni…

Andre ·

Bierpens. Hoe weet jy sy is nie ‘n gevaar nie? Sy waarsku oor moord, en met spesifieke metodes. Was Penny ‘n gevaar?

Middelburger ·

Wonder maar net of die twee ouens wat daai ou in die kis gedruk het (om hom skrik in die lyf te jaag nadat hy GESTEEL het) en toe 11 jaar en 14 jaar onderskeidelik gekry het se jammer dan niks beteken nie?

Eksêmaarnet ·

Mag sy dieselfde straf kry as die Bulls cheerleader
Catherine Michelle Reynders na haar opmerkings.

Andrea ·

Ag regtig! Sy is innig jammer. En ons moet dit glo? Piet Retief behoort die laaste Afrikaner gewees het wat vertroue en geloof in sulke haatdraende mense gehad het…
Skors haar, wat soek sy op my Alma Mater?

WonderNet ·

Hoekom is sy nie onmiddelik geskors soos die Blue Bulls poppie nie???

Maryke steyn ·

Waarom sê jy so iets net om jammer te sê. Joekom dit dan in die eerste plek doen?

skorssing!! ·

So hou hul aan met hul aantuigings, vrae onverskoning en kom los met dit.
Ons Eis haar skorsing en a swaar boete!!!! Onmiddellik!!!
Was dit a wit student is sy dadelik geskors en beboet.

Weskaap ·

Sy moet summer geskors word want dit is haatspraak.NWU gaan n slegte naam kry as hulle dit nie doen nie.Hierdie skrywes word na Austria en Switzerland en ander lande gestuur en hulle neem kennis asook die lande wat dalk hierheen gaan kom met Wereld beker rugby waarvoor nou gebie word. Hoe veilig gaan die spelers en besoeker wees? N ZEALAND AUSTRALIA IERLAND ENGLAND gaan almal hierdie skrywes In Engels ontvang

Bernadette Jefferies ·

Om onverskoning te vra omdat jy geforseer word beteken niks skors haar daar is die blou bul dame wat dadelik haar werk verloor het. Sy het niks waaroor sy jamer voel nie haar hart is swart en vol haat vir die witmense sy is ‘n rasis oor en gedaan.

Gerda Van Zyl ·

Sy moet ook strafregtelik aangekla word net soos Penny Sparrow!! Of is sy verhewe bo die wet omdat sy swart is? Wees regverdig en maak voorbeelde van al die mense wat sê wat hulle wil!!!

Bernadette Jefferies ·

Om onverskoning te vra omdat jy geforseer word beteken niks skors haar daar is die blou bul dame wat dadelik haar werk verloor het. Sy het niks waaroor sy jamer voel nie haar hart is swart en vol haat vir die witmense sy is ‘n rasis oor en gedaan.

MS ·

Dit is angswekkend dat ander rasse mag maak en breek net soos hulle wil maar ons word gejag as ons net ‘n verkeerde woord sê! Waar gaan alles eindig? Mag God ons genadig wees.

Gerda ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Wonder of sy nog omverskoning sou gevra het as sy nie aangevat was daaroor nie. Of is sy dalk geforseer om n valse verskoning te le. Penny was haar werk kwyt hoop die Universiteit doen dieselfde. Wat goed is vir die een is goed vir almal.

Delene Tuzza ·

Penny Sparrow was ook jammer ná die tyd. Ek hoop dieselfde proses en straf word opgelê.

Darius Els ·

Soos Tuks dames ,WAAI is die woord,en beursloos,want anders gaan leer sy met die einste beurs by KZN universiteit.
TOG ,SAL MY VRAAG BY ELKE GELEENTHEID BLY,WAT SE PINK FRIKKIE NOU ? Nogalss SY Universiteit,lag my boude blou Wys daài

Gerhard Burger ·

“… pienk Frikkie …”?
Pas net die vervolging en strawwe vir haatspraak en subtiele aanhitsing tot rasgeweld ewehandig toe. Die verskoning nou lyk eintlik uit plek teen die agtergrond van dit wat geskryf is, en kan slegs as versagtende argument dien. Straf moet egter noodwendig volg. Indien nie, sal die NWU ook in geledere van onewehandigheid opgeneem word. Enige persoon wat sodanig gegrief is oor wat die student op sosiale media kwytgeraak het sal natuurlik ook die Menseregtekommissie kan nader. Alhoewel hulle intrinsiek die bevoegdheid het om self ondersoek in te stel en stappe te neem, het ons mos al uit voorbeelde geleer dat dit nie onbevange (vreesloos ongeag aansiens des persoons) is nie. Daarom sal dit vir ‘n gegriefde nodig wees om wel self ‘n klagte by die kommissie in te dien.

Pierrie ·

Ek glo nie die jeug besef mooi waaroor dit gaan nie ….hul ken nie eers apartheid nie….hul word mislei deur stellings en wensdenkery….hul ken nie oorlog nie en verder stel ek voor …sak op jul kniee en smeek v wysheid…

Pop ·

Dit raak al afgesaag. Sê eers wat hulle wil en sê dan net agterna sorry. Wed julle sy lag haar vrek daar wa sy nou is.

MANDIE ·

Onmiddelike skorsing is die minste. Daar sal tronkstraf moet wees. As ander grap en mense in n kus sit wil hulle niemand moor maar die een wil moord pleeg. Skorsing, tronkstraf en geen verskoning kan die haat uit haar haal. Sluit toe

Mariette Hammann ·

Sluit asseblief aan by die groep Eis Skorsing van Phomolo Maoba!!! Hoe meer lede hoe beter, dat ons ‘n drukgroep kan vorm om haar geskors te kry.

Mariette Hammann ·

ALMAL WAT DINK SY MOET DADELIK GESKORS WORD, SLUIT ASSEBLIEF AAN BY DIE GROEP : EIS SKORSING VAN PHOMOLO MAOBA. ‘n Drukgroep met baie lede, kan meer regkry.

Alwyna Holtzhausen ·

Blanke studente was al geskors oor sg
Rassistiese opmerkings. Die skade is reeds gedoen, help nie sy vra omverskoning nie. Sy moet onmiddellik geskors word!!!!

Dereck Le Roux ·

Jammer? Laat die dissiplinere proses sy gang gaan? Nee dankie, behandel haar en skeer haar onder dieselfde kam as wat witmense geskeer word, kom ons kyk of NWU ernstig is oor rassisme en nie selektiewe rassisme nie.

Amanda ·

Ek stem saam dat die dissiplinere proses sy gang moet gaan. Jongmense van vandag moet besef hulle is nie meer 3 jaar oud nie. Hulle is verantwoordelik vir elke keuse, besluit en hul gedrag… all colours of the rainbow.

Brett ·

Nou sal julle sien hoeveel beteken artikel 9(1) van ons Grondwet.

Gina ·

Sy moet summier geskors word want ander se straf oor soortgelyke uitlatings was radikaal en sy mag nie net oorgesien word vir haar optrede nie

cc ·

…en madam studeer seker ook met ‘n gratis beurs wat ons belastingbetalers voor opdok!!!
Ondankbaar en onopgevoed!!

Deon ·

Ek sal ok se skors ha dit wat sy kwyt geraak het is nie reg nie die land is vir almal of jy staan Saam of Pak op en gaan . As hulle ha nie skors nie moet al die ander students hulle gelde terug hou tot verdere stappe geneem is of ok n black Monday hou op terein. Weet nie hkm vandag se kinders wat nie eers daarwas in daai Jare sulke goed doen nie geen wonder die land is wat hy is mense wat terug kyk na die verlede kom aan skRik Waker ons is in 2017 nie 19 toet nie

Ig ·

Verskoning is onaanvaarbaar. Laat die reg geskiet.
Daar moet beslis n klag gele word teen die individueel.

Annatjie ·

Vinnig om verskoning te vra omdat sy nou in die warm water beland het.

Basson ·

Soek bietjie rond op Twitter dan sien julle wat die temperatuur in die land is, veral die kommentaar gelewer op die tragiese ongeluk Maandag op die N4 naby Middelburg.

Dit sal nuwe betekenis gee aan die begrip ‘kruitvat’.

Amanda ·

Sou die student omverskoning gevra het as haar uitlating op Facebook nie haar in die moeilikheid laat beland het nie… glo nie so nie. So waarom moet ons dan nou luister na verskonings en sorries. No thank you. Die leed wat haar uitbarsting aangedoen het, raak nie net die wit bevolking van die land nie, maar wel die hele bevolking wat verstaan waaroor maandag gegaan het.

Marga ·

Ederik ek stem helemal saam….hulle was ook jammer so hoekom is haar jammer beter?

zeno ·

Sorrry met die mond, maar binne het sy bedoel wat sy geskryf het. Pasop dame dinge kan dalk omswaai, tronk toe met haar vir 15 jaar.

Adri ·

n Wit student “Michelle Reynders van UP” se beurs word weggevat oor haar aanmerking maar die een word ondersoek….. ja weer wit teen swart…. ons word hard gestraf maar hulle kom weg…. kom reg en straf almal dieselfde….

Dolores ·

Ek wonder net, as sy by een van die plaasmoord tonele kon sien hoe mense vermoor is, die boere en hul werkers, sou sy nog só ń uitlating gemaak het. Sy sê net jammer omdat sy haar beurs gaan kwyt wees, AS hul regverdig sal wees. Sy is op universiteit en totaal onbewus van die ware Suid Afrikaanse geskiedenis , want haar voorouers WOU nie leer of skoolgaan nie, alles was mos toe ook afgebrand in teenstryding.
Ek hoop en vertrou sy kry haar regverdige straf.

Nita ·

Waarom haar straf? Sy het presies verwoord hoe die mense voel. Haar woorde laat die skille van die oe afval, van mense wat nog glo dat die verhaal gaan eindig soos alle goeie sprokies.” And they all lived happily ever after.”

Helena ·

Ek is bevrees dis hoe die meerderheid voel, almal is nie net so openlik nie.

Christine ·

Stuur asb vir ons die link van die eis skorsing. Moeg vir rassisme wat altyd net na die een kant toe gaan.

Me ·

Dis asof Suid-Afrika mens dwing om rassisties te begin dink.
Ek is nie ‘n rassis nie – was nog nooit – maar ek kan nie help dink….
Die student is aangekla van ‘rassistiese’ opmerkings (let die aanhalings) terwyl haar uitlating blatant net so rassisties is soos die Bulls girl s’n. Maar die Bulls girl s’n is aanvaar as rassisties (sonder die aanhalings).
Dubbelle standaarde is wat ons land skei.
Ek is ‘n eerstejaarse regs-student en ons leer heel eerste in elke module dat die regs-stelsel daar is vir regverdige, gelyke veroordeling. Dis jammer dis so ver verwyderd van die waarheid.

Amanda ·

Jammer plak nie altyd n pleister nie!sy het goed geweet wat sy se!

Ray ·

Wel, as jy kyk na dubbele standaarde dan sien ons dit hier. Twee student verf hulleself pers en word van rassisme beskuldig met eindelose drama. Dame praat moord en dit word ondersoek. Wat ‘n stel dubbel reels het ons tog nie in die land nie.

Liamari ·

Hopelik gaan sy haar les leer. Ongelukkig (gelukkig) volg so iets jou lewe lank as jy op sosiale media en in die media so iets aangevang het. Sy kan vergeet om eendag ‘n ordentlike werk te kry, behalwe as sy dalk vir Julius wil gaan werk.

Annemarie Swanepoel ·

Ai ai… sy is so kortsigtig… ongelukkig lyk die jonge “dame” – uh eintlik nie… vir my na iemand wat kwaad kan stook. Soms kan mens in iemand se gesigsuitdrukking en oë sien wat hulle nie eers sê nie… As hulle maar net weet dat ons Meester iemand anders is wat veel magtiger is. Hy het gesê dat ons dit nie maklik sal hê nie maar dat die uiteindelike beloning groot sal wees. Ons sal alles doen om die marteling stop te probeer sit, alles wat in ons vermoë val – en die res in Vader se hand laat.

Erika ·

Hoekom word sy nie onmiddellik geskors nie?
Is ons nie “almal gelyk voor die reg” nie?
Wat sê Afriforum?

Antonette ·

Hierdie dame is die toonbeeld van wat iemand wat nie meer struggle nie… Sy is n swart jongmens (agtergeblewene), wat die kans gegun is om te kan studeer.. Sy het NWU gekies en so moet ek aanneem as n oud-NWU student, dat sy geleerd is.. Nou vra ek met trane in my groot bruin oë.. Hoe kan n jong dame soos sy, nie besef dat die sosiale media jou “dood” kan beteken nie… sy moet beter as ons almal weet dat jy jou woorde baie versigtig moet tel voort jy dit plaas vir die wereld om te sien… Phomolo you messed up!! Saying sorry wont fix the broken glass.. Nothing in your apology was sincere… you are apologizing because you got caught… Jy moet maar geskors word… En jy het net een mens om te blameer – en dit is jouself! dit is jou eie skuld jy sit in die bootjie! Nou vra ek weer n geleerde mens soos jy, dink jy nie jy is dan ook maar n rassis nie, Terreblanche was nie my meester nie… God is… Draai terug na jou Bybel toe…

christa ·

ja Bierpens, sy kan die opstel vir jou bring. Jy sal na sulke snert kwytraak. Stel jou voor as ‘n wit person so iets moes se…. haar kop sal duisend keer geeis word. Dus laat sy haar dag kry by ‘n wit regter

Thea ·

daar gaan niks gebeur met haar nie, dit is altyd net ons blankes wat verkeerd is
daar gaan nog baie bloed vloei. ons blanke volk het nie n plek in die nuwe Suid Afrika nie

Charmain ·

Ai mense. En wat kry ons daaruit om kwaad met kwaad te wil vergeld? Kortstondige satisfaksie…en dan? Kom ons wees meer emosioneel volwasse hieroor. Ja, gee haar a toepaslike straf maar benut die geleentheid vir opvoeding en gesprekvoering. Dit is die moeiliker ding om te doen – maar wat op die lang duur beter vrugte afwerp.

Edward ·

There are a few sad situations in South Africa. For instance black people believing all white people are members of a white nation in South Africa, that all white people believe the same things Eugene Terblanche believed, That white people are the cause of black peoples poverty and unemployment, to me that is just sad.

Boet Fasie ·

Kan nie glo dat kleur so ‘n groot verskli maak nie. As jy wit of bleelvellig is en jy maak jou mond oop dan is dit haatspraak en word jy ten swaarste gestraf, as jy swart of anders kleurig is moet jy ‘n ligte straf vor hastspraak kry en is dit meer belangrik om opgevoed te word – Belaglik, is daar in die land verkillende reels en wette vir verskillende rasse .

Susan ·

Ek wonder wat sou gebeur het as dit een van ons mense was wat so opmerking gemaak het.
Ons meisies het hulle net swart gesmeer vir die grap daarvan en amper was hulle geskors, niks eers gesê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.