NWU-student se verhoor uitgestel

Shaun Christie

Shaun Christie se dissiplinêre verhoor is tot 12 Maart uitgestel.

Dié senior student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is vroeër vandeesmaand tydelik geskors na aanleiding van sy openbare beswaar oor die inhoud van ʼn sessie by ’n oriënteringsgeleentheid.

Christie se dissiplinêre verhoor het Donderdag op die universiteit se Potchefstroom-kampus begin. Sy versoek om regsverteenwoordiging is toegestaan en AfriForum Jeug se regspan sal hom nou tydens die verhoor verteenwoordig.

“Die verrigtinge was beperk tot hierdie belangrike versoek, maar noudat dit toegestaan is, kan ons help toesien dat Christie se regte tydens hierdie proses optimaal beskerm word,” het Ronald Peters, AfriForum Jeug-bestuurder, gesê.

Christie word op vyf onderskeie aanklagte van wangedrag aangekla. Die universiteit voer onder meer aan dat Christie homself met opset skuldig gemaak het aan “haatspraak deur studente aan te hits om teen die LGBTQIAP+-gemeenskap op te staan”. Daarbenewens word hy daarvan aangekla dat hy ʼn universiteitsprogram opsetlik ontwrig het; die regte van die spreker van die betrokke sessie, Chloe Valerie van der Walt, geskend het; homself skuldig gemaak het aan vyandige behandeling van die LGBTQIAP+-gemeenskap; en dat hy wederregtelik en met opset ʼn valse uitlating rakende die universiteit se beweerde onverdraagsaamheid teenoor Christelike waardes gemaak het.

Volgens Peters misken die universiteit met hierdie aanklagte Christie se reg op vryheid van spraak en vryheid van assosiasie.

Christie is ná die voorval op 6 Februarie tydelik geskors. Sy tydelike skorsing is op 13 Februarie gedeeltelik opgehef. Die universiteit se dissiplinêre komitee het daarmee dié vierdejaarregstudent toestemming gegee om weer sedertdien aan akademiese verrigtinge op die kampus deel te neem. Hy word egter steeds nie toegelaat om enige openbare geleenthede van die universiteit by te woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Frikkie ·

Ek wonder wat dryf mense daarnatoe om so opgewonde te raak oor hoë ander mense lewe. Dis verskriklik.

Ek laat elkeen in vrede en laat hom sy lewe lewe soos wat hy wil solank hy nie op aandeel mense se tone trap nie. Wat pla dit my of iemand gay is of Moslem of Christen of watookal. Lewe jou lewe en los ander mense in vrede jou klein nar.

Riaan ·

Lyk vir my net sekere mense in die land het vryheid van spraak ander word summier geskors of eenvoudig net toegesluit, belaglik.

Gerhard ·

Goieie werk Shaun. Dit is juis hierdie verval wat ons land het waar dit is. Staan op vir jou regte en vir die van baie van ons kinders wat aan die snert bloodgestel word op skole en universiteite. I back you!!!

Talia ·

Hy weet hy hoef nie die na die geleendhede te gaan nie? Hy mag ook maar stil bly.

Dit is haatspraak, en hy wil mense onderverdeel.

Dis snaaks hoe mense 1 of 2 verse uit die ou testament sal haal om ander te beoordeel. Lees hulle die res van die Bybel mis waar God ons vra om liefdevol en verdraagsaam teenoor mekaar te wees? Lees hulle mis dat geen sonde is groter as n ander nie? Lees hulle mis dat ons almal God se kinders is? Lees hulle mis dat jy nie ander mag beoordeel nie?

Grassie ·

Ongelooflik. ‘n Jong man word aangekla omdat hy staan by wat die woord van God voorskryf en sy Christelike geloof uitleef. En dit by ‘n universiteit met ‘n Dopper geskiedenis. Christus het aan Sy volgelinge gesê dat die wêreld hulle sal haat omdat die wêreld Hom haat. Hierdie gebeure is ‘n klinkklare bewys daarvan.

Jakes ·

Die waardestelsel van die mensdom het totaal verval. As n christen het die student reg opgetree. Hy verdien n medalje.

Wakkerslaper ·

Frikkie, ek gee ook nie om watter geloof ander mense is, of wat hulle leefstyl is nie. Maar ek begin wel omgee wanneer universiteite, skole, besighede, instansies, regerings ens. ens. wat eens op ‘n tyd CHRISTELIK was nou skielik verander word na die on-Christelike, en wanneer sedelose leefstyle in my keel afgedruk word.

Johann ·

Verseker sal ek tweekeer dink voor ek enige geldelike bydrae aan hierdie Universiteit maak! Lyk vir my na ‘n tipiese voorbeeld van “Respekteer almal se regte maar bewaar jou siel as jy nie met my siening saamstem nie”!

SjN ·

Shaun, jy het reg opgetree en vetrou hul sal die saak met respek hanteer, sterkte.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit was ‘n byeenkoms vir eerstejaars. Beswaarde eerstejaars kon mos besware geopper/gedebateer het of selfs die verrigtinge verlaat het sonder gevolge. Wat het ‘n senior student daar gesoek? Christie kon eerder sy besware op ‘n ander platform geopper het, waarskynlik met sukses. EFF taktiek werk nie.

Manie ·

Dit is juis die probleem Frikkie, daar word gesprekke oor sekere aspekte gevoer en in mense se kele afgedruk. Sodra mense egter begin kapsie maak oor die aangeleenthede wat hulle nie aanstaan nie, word hulle as die slegte mense gesien. Ek glo nie iemand sal keel opsit indien dit onder die radar gebeur en niemand aanstoot gee nie, maar moet dit nie loop en verkondig en verwag almal moet dit goedpraat nie.

Luckykat ·

Die punt is dat n eerstejaar nie sal opstaan nie, want hy/sy is n eerstejaar.

Jacobus ·

Welgedaan Shaun. Ten spyte van verskillende reaksies op sy optrede en hoe onverdraagsaam dit onsekere kringe dit mag wees, sukkel hierdie mooi land nog steeds om “kill the boer'” pertinent te veroordeel.

Oom Charles ·

Die arme PU vir CHO is daarmee heen.
Dis nou die NWU vir LGBTQ++ etc.
Shaun is ‘n man met mannemoed.
Daar’s hoop vir die toekoms vir en met ons jongmense as sulke manne en meisies na vore tree.

DJ ·

Ons is trots op jou Shaun. Ons land het meer mense van jou kaliber nodig om op te staan teen hierdie morele verval.

Lourens ·

So dis nou skielik ‘n misdryf om gekant te wees teen die alfabetgroep? Daardie “klag” is tekenend van die verval.

Lourens ·

Talia: wys my een stuk enige plek in die Bybel waar God ons aansê om verdraagsaam te wees teenoor die sonde of diegene wat doelbewus sondig. Inteendeel – die opdrag is spesifiek dat ons onsself nie moet ophou met diegene wat doelbewus sondig nie. (Israel Folau het destyds daardie spesifieke vers aangehaal en is ook daarvoor veroordeel). En onthou – God is die enigste een wat sonde kan definieer. Mense kan dit nie doen nie.
Wat oordeel betref: Hy gee spesifiek opdrag om mekaar te oordeel in die geloof.

Dian ·

Die persoon met sy EFF taktiek weet duidelik nie wat in en om hom aan gaan nie. Eenvoudig soos dit.

Dian ·

Talia met alle respek, ek weet jy was nie daar nie want ek kan sien jy weet nie wat is die verskil tussen feite en mening nie. Koshuise was gesê hul gaan gesluit word as hulle op staan en loop van die gesprek af en dat jy nie n keuse het om dit by te woon of nie. Dit genoeg skend baie mense se grondwetlike reg van Artikel 15, 16 en 18. Gaan lees dit en as jy dan dieselfde daaroor voel kan ek jou eenvoudig nie help nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dian, mnr. Christie is ‘n senior regstudent en weet seker al hoe word sake gedoen. Hy kon ‘n debat op die kampusradio en studentekoerant begin het om sy en mede-studente se menings te lug. Wat van ‘n openbare studente debat en paneelbesprekings? Dis immers ‘n universiteitkampus waar jong mense geleer word om te debateer. Hy kon die saak ook met die rektor en senior bestuur bespreek het. Senior bestuur neem tog die besluite. Om as senior student in te bars en ‘n aanbieder (waarskynlik ekstern) te onderbreek tydens ‘n lesing aan eerstejaars bereik niks. Ek, en waarskynlik baie bestuurslede daar, deel Christie se sentiment, maar glo daar is ‘n tyd en plek vir gesonde debatte en gesprekke. Oor ‘n paar jaar moet adv. Christie sy kliënte adviseur. Hy moet begin dink soos ‘n regsgeleerde.

Fluisterwind ·

Daar is net EEN Absolute WAARHEID, naamlik die Drie-Enige God, en sy WOORD! Hoe sal ware Christene kan stil bly oor die evangelie wat van die ou-testament deur die nuwe-testament glad nie verander het nie. Hoe sal ons mag weier as God ons gebied om (LGBTQIAP+-) te veroordeel, Hy het dit telke male van sy volk in die ou testament verwag, nou verwag Hy dit van sy nuwe testamentiese volk.

Pinoccio ·

Ons glo al die beoordelaars en skrifgeleerdes kom al die 613 wette van Moses nougeset na en het nie groen koring op die lande voor julle oordeel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.