NWU-studente hou optog in Potchefstroom

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus Foto: TimesLive

Studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus hou Donderdag ‘n optog om ʼn memorandum met eise aan Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, te oorhandig.

Die studente eis onder andere dat die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal, binne ʼn meertalige en multi-kulturele konteks, op die Puk-kampus verseker sal word.

Die studente eis ook fermer optrede deur bestuur teenoor die media ten opsigte van onbillike beriggewing.

Janco Jordaan, voorsitter van die Studenteraad, het gesê dit volg na die afgelope tyd se omstrede ondersoek en aantygings wat veral deur die media gedra is, soos ontgroeningspraktyke, menseregteskendings, ‘n Nazi-kultuur en die onvermoë om te verander. “Die uitgangspunt van hierdie optog is om dit duidelik te stel dat daar nie namens of oor studente gepraat kan word, sonder dat hulle daarin geken is nie,” het hy gesê.

Die optog-leuse is “Niks vir ons, sonder ons nie”.

Jordaan sê verder studente speel ‘n groot rol in die afgelope tyd se kwessies en die studenteraad, wat verteenwoordigend tot die groter massa studente is, wil ‘n platform daar stel sodat studente se stemme gehoor kan word.

Na verwagting sal studente, personeel en oudstudente aan die optog deelneem.

“Belangstellendes sal in Potchefstroom vanaf 11:30 by die Astro-parkering in Gerrit Dekkerstraat byeenkom, waarna hulle in hul massas om 12:15 na die Institusionele kantoor sal stap,” het hy bygevoeg. ‘n Amptelike memorandum sal dan aan die institusionele bestuur oorhandig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

vuilbaard ·

Wonderlik! Wens ek kon daar wees! Dis hoogtyd dat mense soos Beeld in die bek geruk word.

Johann ·

Geseën is julle optog, jongeheer en jongejuffrou. Mag die boodskap wat uitgedra gaan word, wat ons eie is, van krag tot krag gaan.

Mag dit deur murg en been sny deur die wat ongevoelig staan teenoor ons kultuur.

Mag die optog met Skriflesing en gebed geopen word en afsluit met die sing van die Stem met trots, entoesiasme, kameraadskap en eenheid uit volle bors.

Mag ons Vader nie toelaat dat daar negatiwiteit na hierdie goeie daad deurgegee gaan word nie.

Belinda ·

As taal dan regtig die probleem is gaan na n ander Universiteit dis al………………

Tokkie ·

Dit is nou d@@@ kommentaar – waarom moet net die afrikaners/Boere altyd terugstaan of vergeet jy dalk dat dit ons voorouers en ons geld en harde werk was wat hierdie land opgebou het – en moenie vergeet nie hulle het ook universiteite gekry wat afgebreek en verniel is – gaan kyk maar net na die een anderkant Pietersburg om een te noem.

Sarel ·

Het jy regtig gedink voor jy hierdie kommentaar geskryf het…….
Hoekom moet die Afrikaner altyd terugstaan as sy voortbestaan bedreig word? Wanneer gaan ons besef dat die water al warmer word? Wanneer 800, 000 plus blankes wat in uiterste armoede in plakkerskampe groei na 1,5 miljoen?

Trippie ·

Dis sowaar ‘n riem onder die hart om die jongmense aktief te sien deelneem aan optogte soos in dié geval – stem saam met Johann (terloops, nog ‘n uitstekende skrywe) – ons taal, ons kultuur en bowenals, daardie Skriflesing en gebed !

Yvette ·

Trots dat julle opstaan, ek raak so kwaad as die Afrikanner so alles aanvaar en die maklike pad kies, ons het almal ons regte, Mooi so trots trots trots!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sarel ·

Jammer om jou borrel te bars, maar die reenboognasiekonsep werk nie. Dit het nie by Babel gewerk nie en werk ook nie elders in die wereld nie. Die Afrikaner moet na homself kyk want hy is net deel van die reenboognasie as sy geld deur belasting gesteel kan word. Ek sal ook uit volle bors Die Stem sing en ek is trots Afrikaner. Onder Die Stem het die land ten minste ten goede gegroei.

Francie ·

Julle pragtige Afrikaanse jongmense,

Graag wil ek aan julle sê:

“Om trots te wees op jou land, herkoms, taal en kultuur. Dit is ’n belangrike bousteen vir julle menswees. Kultuur anker jou identiteit en help jou persoonlikheid vorm wat altyd jou basis gaan wees. Sonder ’n bewustheid van ons herkoms het ons nie wortels nie.”

Wees trots op jou taal, staan op vir dit waarin jy glo, maar onthou ook om God te ken in alles wat jy doen!

BAIE trots op julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.