NWU-verkragtingsklag: ‘Slagoffer’ verander van deuntjie

Hoofgebou-potchefstroomkampus1

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas/NWU.

Die verkragtingsaanklag teen ʼn eerstejaarstudent en inwoner van een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se manskoshuise op die Potchefstroom-kampus is by die universiteit teruggetrek.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig die klag is laat Maandagmiddag deur die beweerde “slagoffer” teruggetrek. Die student het ʼn beëdigde verklaring in dié verband by die universiteit afgelê.

“Uit die aard van die saak is die student se skorsing by die koshuis en van die NWU onmiddellik opgehef,” het Jacobs gesê.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die “slagoffer” het ook Maandag aan die polisie gesê dat hy die klag wil terugtrek.

“Volgens die korrekte prosedures moet hy op 1 Maart saam met die beskuldigde in die hof verskyn en self vir die landdros en die staatsaanklaer aandui dat hy die saak wil terugtrek. Die staatsaanklaer sal dan besluit of die saak verder vervolg moet word of nie.”

Maroela Media het vroeër berig die eerstejaarstudent het verlede Maandag in die Potchefstroomse landdroshof verskyn nadat hy aangekla is van die beweerde verkragting van ʼn mede-inwoner in die koshuis. Daar is vroeër aangevoer die beweerde voorval het op 16 Februarie plaasgevind.

Die beskuldigde is toe op R1 000 borgtog vrygelaat. Hy is ook onmiddellik uit die koshuis en die universiteit geskors nadat die aanklag aan die lig gekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ekke ·

Kan ‘n mens só laag daal om iemand van so ‘n laakbare daad te beskuldig! Die “slagoffer” wou die “beskuldigde” se naam en toekoms vernietig. Die sogenaamde slagoffer behoort uit die universiteit geskors te word en tronkstraf te kry!

Maroe ·

@Ekke, daar is verskeie redes hoekom iemand n klag sal terug trek, nie noodwendig dat hy dit opmaak nie.

GM ·

@Ekke, die persoon kon geïntimideer geword het om die klag terug te trek. Nêrens word daar berig dat die sogenaamde verkragter onskuldig is nie.

SjN ·

Die twee kabouters is seker gevang op die job en toe word die sop storie gespin, hoop hul mede studente sorteer hulle vinnig uit.

Disselboom ·

Nou moet mens eers begin wonder. Dit kan wees soos dit berig word. Of nie. Koshuisdruk kan ‘n lelike ding wees. Of nie. Interessante hoek dat ‘n tweedejaar ‘n eerstejaar aangekla het. Of nie.

Speedguard ·

Dit word al lankal so bebruik, baie sulke sake ondesoek net om na die ondersoek uit te vind dat dit wraak of afpersing is, ongelukkig lei die regte slagoffers in die sulke optredes !

Casper Labuschagne ·

So, hierdie is ‘n fopstorie en die ‘slagoffer’ het besluit nou is dit nie meer ‘n verkragting nie. ‘n Verkragting is ‘n toestand wat of bestaan of nie bestaan nie – dit is een van die ernstigste vorme van misdaad wat voorheen die doodstraf kon beteken. Dit behoort nie so te wees dat die klaer ‘n opsie het om die saak terug te trek nie. Soos in die geval wanneer ‘n vuurwapen afgevuur word in ‘n voorstedelike gebied is die polisie verplig om dit te ondersoek, die howe moet oordeel of daar ‘n vervolgbare saak bestaan en uiteindelik moet die hof oordeel vel oor skuld of onskuld. En sou dit gepas wees moet die polisie myneed ondersoek in die moontlike valse verklaring en kan die aangeklaagde dan siviele stappe neem vir vergoeding vanweë ‘n valse aanklag.

Rupert Ashford ·

Probleem is die aangeklaagde se naam en reputasie is deur die proses geskaad. Ons weet miskien nie wat die name is nie, maar die gemeenskap rondom die storie is wel terdee bewus wie die betrokkenes is. “The process is the punishment” soos die Engelsman se.

Arie ·

Ek lees n geval van beweerde sodomie tussen die lyne in die berig.
Geen een van die betrokkenes wil dat hul naam behend gemaak moet word nie, vandaar die wedersydse terugtrekking van die aanklag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.