NWU-visekanselier in hospitaal ná hartaanval

Prof. Dan Kgwadi. Foto: Facebook.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes universiteit (NWU), is Woensdagaand ná die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion gehaas nadat hy ʼn hartaanval gehad het.

Hy het Donderdag ʼn foto van homself in die waakeenheid van die hospitaal op Facebook geplaas met ʼn inskrywing getiteld “Tweede kans”. In die inskrywing meld hy dat hy dieselfde dag nog by ʼn lesing oor die “aanbieding van die taaldebat vir die NWU”  was en hierna Centurion toe gery het aangesien hy die volgende dag Kaapstad toe sou vlieg vir ʼn alumni- geleentheid.

“In plaas daarvan het ek by Unitas se waakeenheid opgeëindig vir ʼn dringende kardiologiese prosedure (net betyds) as gevolg van ʼn hartaanval.”

Hy skryf verder dat twee are wat verstop was oopgemaak moes word.

“Dankie aan die Here vir die wysheid en tegnologie. ʼn Veelrassige en veeltalige span het met ʼn gemene doel gewerk om my lewe te red en verdien ʼn kompliment. Suid-Afrika is geseënd met vaardighede.”

Kgwadi het Psalm 90:12 aangehaal wat sê “leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom”.

Dr. Bismark Tyobeka, raadsvoorsitter van die NWU, het Vrydagoggend in ʼn kennisgewing aan die NWU se personeel gesê prof. Kgwadi sterk goed aan.

“Alhoewel hy steeds in die hospitaal is, sal hy na verwagting teen die einde van die naweek ontslaan word.”

Prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkhoof van die NWU, sal as visekanselier waarneem tot Kgwadi weer sy verpligtinge kan hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

o hoor jy die magtige dreuning? dis Afrikaans wat aangesweef kom.

Elle ·

Ingeval MM – lesers iets gemis het, ons praat hier van ‘n mens. Hoe kan julle so gevoelloos wees?
Van jul sit Sondae seker ewe getrou in die voorste gestoeltes van die Kerk !

Chelle ·

En Snoefie…
Just for the record, Jesus het sekerlik nie Afrikaans destyds gepraat nie.
So hoe verwerp jul anderstaliges/ anderskleuriges?

Tia ·

Soos hy self aanhaal uit die Bybel. Ek hoop hy gaan van nou af sy tyd gebruik om wel wysheid te bekom. Dalk sal hy dan nie soveel vyande maak nie.

Man up ·

Tia,die hartseerverhaal is dat dit ONS volk is wat vyande maak deur ONS rassistiese gedrag en houding. Kyk en luister maar net om die braaivleisvure.
Hul reageer meestal bloot net op “ons” reaksie met ‘n teenreaksie.
Sad,but true.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.