NWU werk saam met polisie ná aanranding op student

Thabang Mosiako (Foto: Rantso Mokopane via Facebook/ANA)

Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het Maandag bevestig dat hy sy volle samewerking aan die polisie gee in verband met ʼn voorval waartydens ʼn langafstandatleet na bewering deur ʼn groep verdagtes op Die Bult op dié dorp aangerand is.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het op 4 Februarie plaasgevind.

Volgens Myburgh is die polisie na die toneel ontbied waar Thabang Mosiako met erge beserings aangetref is.

Sy sê die ambulansdienste is na die toneel ontbied waarna Mosiako na die hospitaal gehaas is.

“In daardie spesifieke stadium was daar slegs een man met beserings op die toneel,” sê sy. “Die polisie het ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangegee en ʼn ondersoek is onmiddellik van stapel gestuur.”

Myburgh kon nie bewerings bevestig dat Mosiako glo deur meer as een verdagte aangeval is nie. Gerugte dat Mosiako die groep aangespreek het nadat hulle glo ʼn kassier gevloek het en dat dit tot die aanranding gelei het, kon ook nog nie bevestig word nie.

Thabang Mosiako (Foto: Tobias Ginsberg/ANA)

“Die polisie is bewus van al die bewerings en dit vorm deel van die ondersoek. Ons sal eers kan bevestig of dit wel ʼn groep verdagtes was wanneer die ondersoek afgehandel is,” sê sy.

Volgens Myburgh werk die taakspan onverpoos om die saak op te los.

Louis Jacobs, ʼn woordvoerder vir die Noordwes-Universiteit, het Maandag aan Maroela Media gesê Mosiako is nié tydens ʼn NWU-geleentheid aangerand soos in die media berig word nie.

Hy sê die voorval is ʼn polisie-aangeleentheid, maar die universiteit bied wel sy volle samewerking aan die polisie. “Die universiteit het direk nadat hy van die voorval te hore gekom het die beskermingsdienste na die toneel ontbied. Al die relevante inligting tot ons beskikking is aan die polisie oorgedra.”

Jacobs sê die universiteit veroordeel “enige vorm van geweld” en sal interne stappe doen indien ʼn ondersoek dit aan die lig bring dat die verdagtes wel studente aan die universiteit is.

“ʼn Interne dissiplinêre proses sal in só ʼn geval onmiddellik van stapel gestuur word om die skuldiges te verhoor,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop die man sterk vinnig aan. Ek hoop sy aanranders gaan tronk toe.

Sterkte ·

Sterkte Thabang en dankie dat jy opstaan vir die regte ding, mag hierdie jong mense gevang en swaar gestraf word. Aan die jong mense, alles gaan oor respek, ek sien ‘n swaar toekoms vir julle.

SjN ·

Het die voorval op gronde van die universiteit of by n private kuierplek gebeur, ek vermoed die besering word opgeblaas deur die atleet. kan hy nie die sogenaamde aanvaller/s uitken nie?

Jaap Stereo ·

Die Bult is privaateiendom.

Die universiteit kan dus nie verantwoordelik gehou word vir wat daar gebeur nie.
Die voorval is betreuringswaardig, maar dit klink na ‘n klomp dronk studente wat tydens jool amok gemaak het.

Oosie ·

SjN, ek dink jy moet weer die berig LEES en na die foto kyk… Sterkte vir die slagoffer. Jou aanvallers is lafaards.

Stem saam ·

Ek stem saam Oosie, lees eers behoorlik, nie net wat jy wil nie voor jy kommentaar lewer. Kyk hoe lyk die man daar. Dit sal betruerenswaardig wees as ‘n atleet in ‘n kroeg uithang, maar respek, dit gaan oor respek vir ander en jouself.

Annetjie ·

As alle studente nie aanvaar word nie word die universiteite afgebrand. Maar as die studente oortredings begaan moet die universiteit daarvoor verantwoordelikheid aanvaar ???? Wanneer gaan elke persoon vir homself verantwoordelikheid aanvaar.

Anti-Haas ·

Hoop Plaasmoorde word ook so driftig ondersoek……….

Riaan ·

Hoop van haute hier is nie blankes betrokke nie,want dan sal daar weer chaos uitbreek

Ollie ·

Ek ken hierdie atleet persoonlik en hy is n man wat sy medemens met respek behandel. n Moelikheidmaker is hy nie. Aan Rantso Mokopane wil ek net alle sterkte toewens en ek bid vir sy vriend se herstel. Ek bid vir Thabang se volkome herstel. Ek praat namens alle provinsiale landlopers in die land.

Jakoba ·

Ek het dit gisteraand op die nuus gesien en nie een van hulle lyk of hulle erenstige beserings het nie. Al 3 loop normaal praat normaal, die een het ‘n piepklein snytjie op sy kop en dit word as erenstig gesien? Regtig? die media maak dit erger as wat dit is.

boerenooi ·

nee kyk , lees julle nie boeke nie kom ek ge julle n boekomt e lees, Johanna Brandt se gelofte volk ontwaak….ek se niks verder lees dit julle Afrikaner mense wat altyd slim is…
en ek se nie shame nie want my antwoorde staan in die boek..

Hendrik ·

Ek skaam my vir sulke skobbejakke en almal wat hulle gedrag probeer goedpraat.

Henrietta ·

Ongeag wie reg of verkeerd was in hierdie saak, dit gee NIEMAND die reg om ‘n ander aan te rand. Lafaards wat as groep een man takel. Hoop die skuldiges word swaar gestraf. Ek hoop van harte dat hier nie blankes betrokke is, want indien wel, gee dit die ander volk net méér rede om ons te haat.

Mossel ·

Goed om menings te hoor….. Wonder wie die sambok by kassiere van die winkel gaan haal het en eerste begin pakslae uitdeel het?.. Was almal nie ook lekker onder die invloed nie… Wie is die een wat gedreig het om sy vriende met messe te laat kom en die student se kele af te sny… Mmmm heel interesant… Glad nie so onskuldig nie meneer die hoofgetuie, of wat praat ek. As jy dit wil uitdeel soos `n man moet jy dit vat soos `n man… Dit het niks met rassisme te doen nie!!!! Oosie en stem saam, julle is heeltemal uitgesproke, bedaar ou maat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.