‘Nxesi het parlement mislei oor Nkandla’

Thulas Nxesi, die minister van openbare werke. Foto: Flickr/GovernmentZA

Thulas Nxesi, die minister van openbare werke. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die DA het Sondag Thulas Nxesi, die minister van openbare werke, daarvan beskuldig dat hy die parlement mislei het oor die kosteberekening van Nkandla.

Alf Lees, die DA se skaduminister van finansies, het gesê Nxesi se onlangse antwoord op ʼn parlementêre vraag is ʼn direkte teenstelling van inligting wat deur die nasionale tesourie verskaf is.

Volgens Lees beweer Nxesi die departement van openbare werke het al die nodige dokumente aan die nasionale tesourie verskaf sodat hulle die koste van die nie-sekuriteitsopgraderings by pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning kon doen. Die tesourie het egter hierdie inligting weerspreek.

Volgens Lees het die tesourie in hofdokumente gesê daar was leemtes in die inligting wat die departement van openbare werke aan die tesourie verskaf het. Die tekortkominge is gelys as verskeie tekeninge wat vermis word en ander wat nie weergee wat werklik gebou is nie. Daar is onder meer tekeninge ingedien vir ʼn eenverdiepinggebou wat as ʼn tweeverdieping opgerig is. Daar is ook geen uiteensetting van die boubestek ingedien om die tesourie te help om ʼn redelike bepaling te maak van die koste wat aangegaan is nie.

“Dit is daarom duidelik dat Nxesi met die parlement in sy antwoord probeer mislei het en die DA sal ʼn mosie hieroor indien tydens die volgende parlementsitting,” het Lees gesê.

Die departement van openbare werke kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ww ·

Lees jy die opskrif dan sal ‘n graad drie kind dit ook bevestig

Lance ·

Netso het die minister van polisie wat videos etc laat maak het en verduidelik het van die fire pool en dat zume niks maar niks verskuldig is nie …wat n joke is hy nie veral toe die OB se verslag die absolute teendeel bewys het …onkunde is dit nie …dis skelm streke om sy baas zuma te beskerm …ons weet dit almal mos

GES ·

Dit laat my dink aan die storie van die man wat nooit sleg van iemand anders gepraat het nie. Op ʼn dag word die vraag aan hom gestel: “Wat dink jy van die duiwel?”. Hy antwoord en sê:”Hy is hardwerkend…”. Al wat ek van Zuma se trawante (skoothondjies) kan sê, is dat hulle lojaal is.

snoefie ·

pleks die da so hard werk om skoolfonds by “voorheen model c ” skole Oom geskrap te kry sodat wit kinders ook gratis kan skool gaan nes swart kinders in die townships.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.