Nxesi se ooreenkoms kan salonne verwoes, sê DA

Argieffoto (Foto: Guilherme Petri/Unsplash)

Die Demokratiese Alliansie het gesê Thulas Nxesi, die minister van indiensneming en arbeid, se kollektiewe bedingingsooreenkoms met niepartye sal die skoonheidsbedryf die nekslag toedien.

Die party eis dat hy dadelik die ooreenkoms terugtrek.

Die bedryf is al gesluit sedert die algehele landswye afsonderingsperiode op 27 Maart in werking getree het. Michael Cardo, die DA se skaduminister van indiensneming en arbeid, het Saterdag in ʼn verklaring gesê die bedryf is reeds op sy knieë.

Die DA het die hof genader en poog om die verbod op persoonlike skoonheidsorgdienste, wat haarsalonne en skoonheidsterapeute insluit, ongeldig en ongrondwetlik te verklaar. Die saak sal op 22 Junie deur ʼn volbankregters in die hooggeregshof aangehoor word.

“Intussen het minister Nxesi egter effektief die bedryf ʼn nekslag toegedien. Sy optrede sal die lewensbestaan verwoes van honderde duisende werkgewers en werknemers, wat in skoonheidsalonne, haarkappers en in die persoonlikesorgbedryf werk.”

Nxesi het Vrydag ʼn bedingingsooreenkoms, wat in Maart in die nasionale bedingingsraad bereik is vir die haarkapper, kosmetika, skoonheid en velsorgbedryf, aan buitestanders aangebied. Dit beteken dat die ooreenkoms vanaf 22 Junie na alle werkgewers en werknemers uitgereik word.

Die ooreenkoms maak voorsiening vir verhogings in minimum salarisse vir spesifieke klas werknemers, afhangende van die ligging van die salon. Die ooreenkoms verbied salarisverminderings en eis ʼn “ex gratia”-bonusbetaling van 5,5% van die minimum salaris wat in die ooreenkoms vasgestel is.

Meeste kleinsake-eienaars in die bedryf kan nie bekostig om aan dié eise te voldoen nie. “Dit sal hulle bankrot laat,” het Cardo verduidelik. “Hulle het drie maande lank geen inkomste gehad nie. Hulle sukkel reeds om kop bo water te hou. En nou het Nxesi hulle gelos om te sink en te verdrink.”

Die DA eis dat Nxesi dadelik die uitreiking van die kollektiewe bedingingsooreenkoms aan niepartye terugtrek. “Die DA sal poog om wettige vrystelling te bekom vir klein en nuwe maatskappye van kollektiewe bedingingsooreenkomste waarby hulle nie betrokke was nie, en kollektiewe bedinging probeer herbalanseer sodat klein en nuwe maatskappye beter verteenwoordig word,” het Cardo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jacobus ·

Die mense se breins het hulle nou heeltemaal verlaat indien hulle ooit gehad het. Die eensydige ooreenkoms verwoes wat nog oorbly. Tyd dat hulle nou ‘n vertek neem. Snaaks “ou people” bedryf informele sake en steur soos altyd hulle nie aan wette nie. Tzek. Wonder of die staatskapers hulle geld ‘ex gratia’ kan hou.

marius ·

Hang af van die ligging ? Meeste haarkappers werk alleen sot !

JohanR ·

Wat se plan het die mense, en wat probeer hulle bereik? Alles wat hulle al vanaf die einde van die derde week van inperking gedoen het is ‘n “scorched-earth” policy. Definition of scorched-earth in a military context : relating to or being a military policy involving deliberate and usually widespread destruction of property and resources (such as housing and factories) so that an invading enemy cannot use them. Ek voel soe jammer vir die skoonheids bedryf want dit is ‘n bedryf wat elke Suid Afrikaner nodig het en gebruik van hare sny, tot manicure en pedicure, tot massering en gesigbehandeling. Ek het ‘n plan gemaak met my haarkaper om na haar huis toe te gaan waar sy ‘n kamertjie afgesper het, en daar sny sy my hare, en al haar ou kliente se hare. As sy nie weer haar klein salon kan oop maak nie, sal sy van nou af haar lewe van die huis af bedryf…..net sy alleen waar sy aan niemand ander ietsie uit haar maandelike salaris hoef te gee nie.

Deon ·

As ek so besigheid het dan sal ek dit toemaak nou, en wag tot hulle tot hulle sinne kom en dan nuwe besigheid begin nuwe naam ens…

4ntj13 ·

Ek dink lankal sogenaamde “kollektiewe bedinging” is bloot ʼn meganisme van unies om ledegetalle te behou, soms in die naam van groter organisasies wat ook niks voel vir Openbare Belang nie. Die minista bevestig bloot wat ons reeds weet: Sonder sulke unies was die y-en-sie lankal waar hy eintlik hoort weens al sy misbruike.

koos10 ·

Nxesi. As ooreenkomste so belangrik is, wat van die een wat JOU regering met hulle werkers aan gegaan het en wat jy nie wil eerbiedig nie. Nee boeta jy snuif sokkies.

capie ·

Dit wys presies waarom die Wes en Noord Kaap onafhanklik moet word. 22 Junie kom die DA hofsaak voor en nou skielik kan die bedryf op 22 Junie oopmaak teen ‘n baie hoër koste. Wat het die virus se verspreiding met die hele storie te doen behalwe om te bewys dat dit misbruik word.

Lorette ·

Dankie tog, nog iemand wat dink die Wes en Noord Kaap moet onafhanklik raak!

Jack ·

Wat het julle gedink sal in n land gebeur waar alles reeds bykans vernietig is deur die sogenaamde regering. Dit is tog baie duidelik dat wit besighede geteiken word. Ons sal moet saamstaan en mekaar ook met indiensneming van ons eie mense moet help. Dit kan net nie anders nie. Ons word gedwing om terug te val op nasionalisme.

Lorette ·

Kan iemand asb in duidelike Afrikaans vir hierdie armsalige boekhouer verduidelik wat hierdie artikel eintlik sê? Ek weet van haarkapper wat vanaf haar huis werk wat aangegee is aldus my man. My hare hang dus in toukies om my kop omdat ek nie my haarkapper in gevaar wil stel nie. Ek is al jare by haar en sal nie ‘n ander een besoek nie – liewer ‘n nr 6 deur my hare trek en keps dra. Help asb, wat sê die slim mense wat staan hier!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.