Nylstroom se watervoorraad kry hupstoot

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Modimolle (Nylstroom)-tak het ingespring om die beskikbare water vir dié Limpopo-dorp ʼn hupstoot te gee.

Die tak het betaal vir twee dae se bykomende werk sodat Jaco Vosloo van M & T Grondverskuiwings die Donkerpoortdam, Nylstroom se hoofwaterbron, verlede week dieper kon maak ten einde meer water te kan opgaar.

Tjaart du Plessis, voorsitter van AfriForum se Nylstroom-tak, het gesê die huidige droogte bied ’n unieke geleentheid om by die gemeenskapsinisiatief betrokke te raak om die dam dieper te maak, juis omdat dit tans feitlik leeg is. “Hierdie bydrae van AfriForum vergroot die dam se kapasiteit met sowat een megaliter,” het Du Plessis gesê.

Chris Boshoff, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo, sê AfriForum verseker met die aangaan van hierdie onkoste dat daar meer water per dag vir Nylstroom-inwoners beskikbaar sal wees. “Nylstroom sukkel baie met waterbeskikbaarheid en aangesien die dam nou leeg is, is dit die ideale geleentheid om die kapasiteit te vergroot,” het Boshoff gesê.

Volgens Du Plessis het ander belanghebbendes soos die Waterberg Sakekamer en grondeienaars langs die dam ook bydraes gelewer om die projek te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stoney ·

Danki aan almal wat betrokke was met Nylstroom se waterprobleme. As jy op die R101 ry en jy sien al die huisies wat soos paddastoele na goeie reën opskiet, dan kan dit nie anders dat die waterbronne nie meer in almal se behoeftes kan voorsien nie

jennifer ·

Ek dink die ANC skuld Modimolle/Nylstroom ,hul het net voortgegaan met nuwe uitbreidings en RDP huise. Daar is geen werk vir al die mense, daar is geen water vir almal, dan praat ons nie van skole nie want daar is n enorme hoeveelheid kinders wat hier gebore word en opgroei, daarvan getuig die hope weggooidoeke om Phagameng! Ek haal my hoed af vir ons nuwe LIM stadsraad en ander wat hard werk om die situasie te verbeter.

Jem ·

Dankie Vir die bystand Agriforum. Hierdie land is besig om ten gronde te gaan en as organisasies soos julle nie ingryp nie word niks gedoen nie.

JC ·

Dankie Afriforum, julle IS BEVONK!
Julle KAN maar DIE titel vir julle self toe-eien!!
Waar sou ons Afrikaners, EN ONS VADERLAND, gewees het sonder julle?

JC ·

Dankie Afriforum, julle IS BEVONK!
Julle KAN maar DIE titel vir julle self toe-eien!
Waar sou ons Afrikaners, EN ONS VADERLAND, gewees het sonder julle?

Pop ·

Nou is dit ook vir my grieks. Wat is die verskil van afri en agriforum. Hoe ook al sy, toe doen hulle maar ANC se werk.

Paul ·

Die verskil is dat daar nie iets soos “Agriforum” bestaan nie. Dis Afriforum.
Sommige mense praat verkeerdelik van Agriforum.

Afriforum lid ·

Dit is regtig nie so moeilik nie. Agri is LANDBOU. Die is nie ‘n landbou organisasie nie. Eish.

Maryna de Klerk ·

AfriForum en Solidariteit se rol in die redding van ons land gaan al hoe groter word. Die geskiedenis het mos geleer ons mense bly nie lê nie, hulle soek maniere om uit die modder op te staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.