NZ-ma se verhoor na nuwe hof oorgeplaas

Die Dickason-gesin voor die tragedie. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse ma Lauren Dickason (40) se verhoor sal na verwagting in 2023 in Christchurch, Nieu-Seeland, afskop.

Dickason staan tereg vir die moord op haar drie jong dogtertjies in Nieu-Seeland.

NZ Herald berig die aansoek om van howe te skuif, is Vrydag deur Dickason se regsverteenwoordigers in die hooggeregshof in Timaru ingedien. Regter Cameron Mander het die aansoek om haar verhoor na Christchurch oor te plaas, toegestaan.

Dit is moontlik dat die verhoor middel 2023 sal begin, maar geen datum is al vasgemaak nie.

Stuff.co.nz, ʼn digitale nuusplatform in Nieu-Seeland, berig ’n vaste datum is in Februarie 2024 vir die verhoor beskikbaar, maar vroeër datums sal ondersoek word, moontlik in Junie of Julie 2023, het Mander gesê.

Mander het Dickason van die hofverrigtinge hof verskoon aangesien sy steeds in aanhouding in ’n psigiatriese eenheid by die Hillmorton-hospitaal in Christchurch is. Sy sou aanvanklik op 22 Julie ontslaan word.

Dickason is in die hospitaal opgeneem nadat sy vermoedelik haar dogters Liané (6) en die tweejarige tweeling, Maya en Karla, op 16 September vermoor het.

Dr. Graham Dickason, haar man, het ná ʼn werksgeleentheid op die liggame van sy drie dogters afgekom. Lauren, ook ʼn dokter, is na ʼn hospitaal geneem ná die voorval en het twee dae later in die hof verskyn in verband met die kinders se dood.

Die Dickason-egpaar het sowat ʼn week voor die moorde uit Suid-Afrika saam met hulle kinders in Timaru aangekom en was aanvanklik in kwarantyn in Nieu-Seeland.

Dickason het in Oktober onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar.

Luidens berigte is ʼn aantal hofbevele steeds van krag, insluitend een wat die publikasie van besonderhede oor die saak verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Swerwer ·

Ai my hart gaan uit na Dickason familie. Sal dit nie beter wees om nie berigte te plaas ivm die aantog tot die verhoor nie. Elke keer wat daar so ‘n nuusberig verskyn bly dit ontstellend vir Dr. Graham Dickason
en familie. Plaas liewer net die uitslag na afloop van die verhoor al is dit oor 10 jaar.

Perdeby ·

Nog steeds word daar berig dat sy “vermoedelik” haar kinders vermoor het.

George ·

Slegs omdat sy nog nie deur n regstelsel skuldig bevind is nie. Maar almal weet.

Zombie ·

Ja, jy verstaan die beriggewing korrek. Sien die verduideliking van George hierbo, as jy nie weet waarom die woord “vermoedelik” gebruik word nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Duidelik het erge depressie jou nog nie getref nie. Mag dit nooit met jou gebeur nie.

George ·

Die NZ se regstelsel gaan jou net net 8jaar gee vir die gruweldade nie, lewens, niks minder nie.

Hennie Biebouw ·

Dit is my beskeie mening dat wieookal deel was van die vermoedelike besluit dat sy ophou om haar medikasie te drink, om sodoende die NS immigrasie amptenare te fnuik, aandadig is aan hierdie treurspel.

Nici ·

Ja ongelukkig is daar diskriminasie teen mense wat sekere meds gebruik of diagnoses het, maar indien sy met haar meds ‘normaal’ kon funksioneer, moes dit nie teen haar getel het nie maar eerder as ‘n positief gesien word.

George ·

As jy wil imigreer tel jou medikasie teen jou want jy gaan moontlike n las wees op hul gesondheid systeem waarvan jy nog nie n meaningful bydrae maak nie, glad nie diskrimineerend nie. Dis net feite hoe dit werk. Ander lyk NZ se hospitale soos RSA sin met die imigrante.

Hennie Biebouw ·

Dis so ironies. Jacinda Ardern word as die absolute daaaarling van die moderne lefties beskou. Haar land het egter van die mees diskriminerende immigrasiewette ter wêreld. Maar heelaas kraai géén haan daarna nie.

Groen-oog ·

Ek stem maar sy en haar man is altwee dokters en moes baklei het vir haar medikasie.

George ·

Dokter wees gaan jou nie help om reels en regulasies te ontdyk nie.

George ·

Sy moet boet vir haar sondes, sy is self n dokter, sy het geweet wat sy doen, om die blame te probeer versprei gaan nie help nie. Dit kom van oorhastig wees, daar is stappe om te imigreer al is jy op die medikasie. Maar die het NZ se beleid reg bewys hoekom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.